Die Skrifbeginsel wat geld, is respek vir die liggaam. “Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.” – 1 Korintiërs 6: 19,20. Dit is moontlik om ’n liggaam met waardigheid te begrawe. Dit is ook moontlik om iemand sonder respek te begrawe. Ons moet respek hê vir die liggaam wat God ons gegee het. Dit behoort aan Hom en Hy beplan om dit eendag uit die dood op te wek. Die elemente waaruit ons liggaam bestaan, sal op ’n bonatuurlike wyse op die dag van die opstanding deur die Here saamgevoeg word, ongeag wat hier op aarde met ons liggaam gebeur het (1 Korintiërs 15:35-58). Met betrekking tot hierdie baie persoonlike saak is dit ’n besluit wat jy op jou knieë moet maak voor die Here, wat jou liggaam besit. “Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting.” – Romeine 14: 5.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)