-deur Marius Kriel

Wyse raad vir besige pa’s

  1. Pa, jy is die hoof en priester van jou huis, jou kinders wil Jesus in jou sien!. 70% van vorming van kind(ers) word deur die pa bepaal!
  2. Maak tyd vir jou kinders. As hulle klein is, wil hulle nou Pa se aandag of tyd hê, oor ’n paar minute maak dit nie meer saak nie! Daardeur ervaar hulle soos hulle groter word dat Jesus altyd bereikbaar is. As jou kinders leer dat jy altyd beskikbaar is, sal hulle eerder na jou toe kom vir raad en met probleme as dalk na maats, wat moontlik verkeerde raad gee.
  3. Kleiner kindertjies se konsentrasievermoë is baie kort. Stop waarmee jy besig is, as hulle nou jou aandag benodig, want oor ’n paar minute maak dit nie meer saak nie”
  4. Geniet kontakspel met jou kinders. Velkontak deur spel of drukkies sê baie meer as 100 woorde. Jou omgee-liefde word grootliks daardeur oorgedra!
  5. Vra kinders jou wat hulle wil hê jy saam met hulle moet doen. Jy sal jou kind grootliks hierdeur bereik. Net 2% van dinge wat ouers doen, is vir kinders lekker. Bou kosbare herinneringe. Dink terug aan jou kinderdae, wat het jou ouers gedoen wat vir jou lekker was? Dit is wat saak maak! Dit is nie noodwendig die duur vakansies nie, maar wel die klein goedjies wat julle gereeld saam doen!
  6. Ruim tyd in vir jou gesin. Besluit as ’n gesin op ’n vaste tyd per dag, byvoorbeeld ontbyt en aandete sonder die televisie of Vrydagaande sonder besoekers!
  7. Wanneer jy met jou kinders kommunikeer, sak tot op hulle ooghoogte af. Daardeur ervaar hulle: My pa is bereikbaar en nie ver bo my verhewe nie.
  8. Deur regverdige tugtiging ervaar kinders sekuriteit, voel hulle veilig en vorm jy dissipline. Daar moet reëls neergelê word, wat gewysig word namate kinders groter word. Sit dit byvoorbeeld op die yskas. Ouer kinders moet betrek word by die opstel van reëls!
  9. As jy verkeerd is, vra opreg omverskoning. Ons almal maak oordeelsfoute. Jou kinders sal jou baie meer respekteer en gou vergeet van die voorval. Indien jy nie om verskoning vra nie, kan dit ’n diep letsel laat.
  10. Laat jou kinders toe om binne perke foute te maak, hulle leer daardeur!
  11. Pa, jy moet jou priesterskap uitleef. Lees Bybel en bid daagliks saam. Gee elkeen die geleentheid om te bid . Moedig dit aan!
  12. Openbaar jou liefde vir jou kinders. Die Woord sê: “Al het ons al die gawes, sonder liefde is ons niks!” Wees ’n liefdevolle en regverdige pa.
  13. Wat spreek jy oor jou kind(ers) uit?
  14. Dit is bewys dat pa’s gemiddeld 37 sekondes per dag kwaliteittyd met hul kinders bestee. Jou kind(ers) mag jou uitreiking in die begin vreemd vind, maar bly uitreik, jy sal nooit spyt wees nie! Dit is nooit te laat nie, maar moenie uitstel na môre nie. Neem ’n kwaliteitsbesluit. Begin vandag om ’n verskil in jou kind(ers) se lewe te maak. Pa, moenie jou vrou en kinders mis nie, dit is die kosbaarste besittings wat jy het!

Vir uitreikgeleenthede by mannekampe, kontak Marius Kriel by jm.kriel@vodamail.co.za


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)