Deur: Henry Pike

Ek het eendag ’n man hoor praat oor hoe belangrik dit is om te weet wat jou tekortkominge is, veral in jou hart. Dit het my laat dink aan die tyd toe ons as kinders nog wegkruipertjie in die strate gespeel het en selfs in die bure se tuin kon wegkruip. Jy het ’n groot voordeel bo die res van jou vriende gehad, as jy die persoon wat “aan” was, kon sien en dan vinnig den toe hardloop wanneer dit veilig was om jouself te “blok”.

Die duiwel buit elke swakheid uit
“Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë” – 1 Petrus 5:8-9. Die natuur leer vir ons dat die leeu nie vir die grootste buffel gaan nie, maar eerder vir die een met ’n gebrek.
Daarom kyk die duiwel rond en soek hy vir dié met ’n swakheid, met iets wat hy teen hulle kan gebruik om hulle lewens te vernietig. Jesus sê in Johannes 14:30 dat satan geen mag oor Hom het nie, daarom leer ons dat dit Jesus se keuse was om Sy lewe vir ons neer te lê. Maar is daar dalk iets wat ons doen wat satan mag gee om óns te vernietig?

Wie of wat is die bron van jou geluk?
Ons begin hier. Is God regtig die bron van ons geluk en oorvloedige lewe? Ek vra dit omdat ek die afgelope drie jaar agtergekom het dat ek deur gebed vir die Here ’n klomp voorstelle gee van dít wat my werklik gelukkig kan maak of selfs my lewe baie beter kan maak. Asof die Here nie weet wat ek nodig het nie. Maar ek het geleer dat ons almal hieraan skuldig is. Ons gebruik gebed om vir God insig te gee oor hoe Hy ons gelukkiger kan maak. Maar wat God hoor is: ”Here, U is nie genoeg nie.”

Ons wil die seëninge hê, maar nie die God van die seëninge nie
“Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig” – Romeine 1:25. Ons het God verruil vir iets wat geskape is. Dít wat God geskape het, was nog altyd goed, maar dit moenie die noodsaaklike bron van ons geluk en lewe word of wees nie. Ek besef dat ons almal in ’n mate God se hand begin soek en aanbid het, maar nie vir God nie. Ons wil Sy seëninge hê, maar nie vir Hom nie.

As ek God vra om my finansieel te seën omdat dit my gelukkig sal maak, hoe lyk my lewe wanneer ek dit nie kry nie? Raak ek vinnig moedeloos? Voel ek dat God my straf vir iets wat ek verkeerd gedoen het – veral wanneer ek nie kry waarvoor ek vra nie? Wonder ek of God my al ooit lief gehad het?

Waarop vertrou jou hart meer as op God?
As dit my gedagtes is, verstaan ek duidelik nie die Evangelie nie. Die Kruis het Christus van die Vader geskei; Jesus is namens ons vernietig sodat ons nie van God geskei, of deur God vernietig hoef te word nie.

Daar is egter gevolge vir ons dade. Jy kan met ander woorde ’n Christen wees, maar die lewe vir jouself geweldig moeilik maak (dit is ’n gesprek vir ’n ander dag). Die punt is, solank as wat ons afhanklik is van iets anders – dit nodig het om werklik gelukkig te wees – is ons ’n teiken vir satan. God is die enigste wese vir wie die satan nie kan aanraak nie. As God dus ons bron van geluk en lewe is, sal ons lewens werklik op die Rots gebou wees. Ek vra dus weer: Wat is dit waarop jou hart meer vertrou as op God? 

Wees eerlik met jouself en God
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.“
– Matteus 22:37

Jou voordeel bo die vyand begin wanneer jy bewus raak van alles wat jy bo God vertrou. Wees eerlik met jouself en met God. Draai terug na God en kyk na Jesus totdat jou hart volkome op Hom vir geluk en ware lewe vertrou.


2 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org