-deur Neil Powell

In die Ou Testament het die Israeliete vir hulle ’n aardse god opgerig, naamlik ’n goue kalf, en die rug op God gekeer. Wat is jou goue kalf, met ander woorde wat is die dinge wat jy “aanbid” wat jou daarvan weerhou om jou volkome aan God te gee? Dit is al lankal iets wat op my hart druk en iets waarmee ek ook sukkel.

Onaanvaarbare versoek
In John Bevere se boek, Good or God, vertel hy ’n storie van ’n jongman wat sy meisie vra om te trou. Baie opgewonde sê sy “ja” en vertel hom hoe lief sy hom sal hê en hoe goed sy vir hom sal wees, maar kan sy asseblief nog 20 dae per jaar kry om by ander mans te kuier? Verward antwoord hy dat daar geen manier is dat hy dit sal toelaat nie. Dit kan mos nie werk nie! Sy vra toe: “Gee my dan net een dag in die jaar. Ek het jou baie liewer as enige ander man, maar ek kan myself nog net nie 100% aan een man verbind nie.” Toe die jongman weer weier, vra sy vir net vier ure in die jaar. Sy het dit probeer regverdig deur te sê sy weet die regte ding om te doen, is om die ander verhoudings te laat vaar, maar dis nie realisties nie. Hoekom kan sy nie al twee situasies hê nie?

Netflix of jou Bybel?
Om die een of ander rede dink die vleeslike mens in ons dat ons speletjies met God kan speel. Ons bring tyd in Sy Woord deur wanneer ons voel dit is nodig, maar ander kere is dit wanneer ons wakker word, belangriker om ons foon te gryp en te kyk wat op sosiale media aan die gang is. Die vyf minute word tien minute en voor jy jou oë uitvee is dit ’n halfuur later. Die oggend raak dan kort en ons verlaat ons huis en begin die dag sonder God. Of ons kyk tot laat in die aand ’n fliek of reekse op Netflix en dan is ons te moeg om tyd in die Woord te bestee.

God is oral teenwoordig
God ken ook ons harte en omstandighede. Hy weet daar is party oggende waar dinge regtig rof gaan; wanneer jou agt maande oue baba die hele nag wakker was en alles deurmekaar is. Die wonderlike ding is dat God oral teenwoordig is – in jou motor, in jou kantoor, selfs waar jy in die straat stap. Jy kan daar en dan met God praat en jou tyd met Hom deurbring. Dit hoef nie agter ’n lessenaar te wees nie.

Wie Sy lewe wil behou
Die Engelse weergawe van Markus 8:34-35 beskryf dit baie mooi: “Whoever desires to come after Me, let him deny himself, and take up his cross, and follow Me. For whoever desires to save his life will lose it, but whoever loses his life for My sake and the gospel’s will save it”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.
VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)