“Verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.” – Psalm 37:4,5

Is die teksvers hier bo ook een van jou gunstelinge? Hierdie gedeelte word ook gereeld aangehaal wanneer daar vir iets spesifiek gebid word.

Kyk met nuwe oë
Soms help dit om ’n bekende gedeelte in ’n ander vertaling of selfs ander taal te lees om ’n mens weer met nuwe oë na die gedeelte te laat kyk. Jy merk die nuanses in die betekenis op en ontdek dikwels iets nuuts. Ek het hierdie Psalm onlangs in die Passsion Translation gelees. “Make God the utmost delight and pleasure of your life, and He will provide for you what you desire the most.”

Wat sien jy?
Wat staan vir jou uit? Wat sien jý raak? Vir my het utmost delight skielik uitgestaan en nog betekenis by die Afrikaanse “verlustig” gevoeg. Dit behels uiterste genot en vreugde; iets wat jy geniet, want dit verskaf jou soveel vreugde. En toe tref dit my: Ek het die klem nog altyd op die tweede gedeelte van die vers geplaas – die “begeertes van jou hart”. My hart blootgelê.

Die begeerte van my hart
En tog is die sleutel tot die eintlike skat daar vir elkeen om te ontdek. Wanneer God die “utmost delight” van my hart is, sal die begeerte van my hart juis die Here wees, nie ander dinge nie! Niks van die dinge waarvoor ons Hom so smeek of so ernstig voor vra in gebed, kan naby Hom kom nie – die eintlike skat wat ons met alles in ons moet begeer. En dan is daar boonop die wonderlike belofte: Wanneer ek smag na Hom, wanneer my siel dors na Hom, wanneer my hart Hom begeer, ontvang ek presies dit – Hy gee Homself.

Lourieke Haller is die redaksionele bestuurder van JUIG! Tydskrif. Om van diens te wees vir Jesus en Sy liefde uit te leef, is haar motto.


4 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org