Herlewing verwys na ’n gelowige se geestelike herontwaking uit ’n sluimerende geestelike slaap. Dit behels ’n oplewing in liefde vir God, ’n waardering vir God se heiligheid, ’n vurige liefde vir Sy Woord en Sy Kerk, individue en die kerk as geheel wat onder sonde-oortuiging kom, ’n gees van nederigheid en ’n begeerte tot bekering en om in geregtigheid toe te neem.

Wat doen herlewing?
Herlewings versterk en verdiep Christene se geloof en open hul oë vir die waarheid op ’n vars, nuwe manier. Dit word met ’n nuwe begin geassosieer en is die begin van ’n hernude lewe van gehoorsaamheid aan God. Herlewing verbreek die houvas en krag van die wêreld wat mense verblind. Herlewing bied Christene die wilskrag om in die wêreld te lewe, maar nie van die wêreld te wees nie.

’n Behoefte aan ’n diep verhouding met Jesus
In Amerika het die eerste herlewing, wat ook die Eerste Groot Ontwaking genoem word, in die 1730’s en 1740’s tot ’n oplewing in toewyding onder Protestante gelei. Dit het ’n permanente invloed op godsdiens in Amerika gehad. Dit was as gevolg van gesaghebbende prediking wat die kerkgangers diep geraak het en elkeen van hul sondeskuld en die wonderlike verlossing deur Christus oortuig het. Deur weg te breek van droë rituele en blote seremonie, het die Groot Ontwaking die gemiddelde Christen se Christenskap iets uiters persoonlik gemaak – soos dit behoort te wees – deur ’n diep emosionele behoefte aan ’n verhouding met Jesus Christus aan te wakker.

Die Heilige Gees open ons oë
Herlewing is in baie opsigte ’n herhaling van die gelowige se ervaring toe hy of sy gered is. Die Heilige Gees sit die proses aan die gang deur gelowiges bewus te maak van iets wat in hulle lewens kortkom of verkeerd is en wat net deur God reggestel kan word. Die Christene moet opreg en uit hul harte daarop reageer en hulle behoefte aan God erken. Dan open die Heilige Gees gelowiges se oë kragtig sodat hulle die sluier kan sien wat die wêreld oor die waarheid gewerp het. Hulle sien hulself ten volle in die lig van God se heerlikheid en heiligheid.

Herstel van ’n intieme verhouding met God
Natuurlik bring so ’n gewaarwording groot nederigheid mee, maar ook groot ontsag vir God en Sy genade wat werklik verstommend is (Jes 6:5). In teenstelling met die oorspronklike bekeringservaring wat ’n nuwe verhouding met God inlei, is herlewing egter ’n herstel van ’n intieme verhouding met God nadat die gelowige se toewyding oor ’n tydperk afgekoel het.

WANNEER IS HERLEWING NOODSAAKLIK?
God roep ons deur Sy Heilige Gees tot herlewing. Christus se briewe aan die sewe kerke openbaar enkele omstandighede waarin herlewing noodsaaklik is.

Wanneer die eerste liefde verlaat is: In die brief aan die Efesiërs prys Christus die gemeente vir hulle volharding en onderskeiding, maar Hy verklaar dat hulle hul eerste liefde verlaat het (Op 2:4-5). Dit gebeur dikwels wanneer die opwinding van die bekering taan. Gelowiges verloor die aanvanklike ywer wat hulle gehad het. Hulle raak vasgevang in die ritueel en doen uiterlik die regte dinge, maar ervaar nie meer die innerlike vreugde om Christus te dien nie. Herlewing help om daardie eerste liefde en toewyding aan Christus te herstel.

Wanneer gelowiges uitgeput is: Openbaring 2:10-11 verwys na die kerk in Smirna, wat intense vervolging verduur het. Die sorge en bekommernisse van die lewe kan ons onder kry en ons emosioneel, liggaamlik en geestelik uitgeput laat. Herlewing kan nuwe lewe in ons hoop en geloof blaas.

Wanneer onderskeiding nodig is: Openbaring 2:14-16 roer die probleem aan van wanneer ons verwêrelds en wêreldse waardes in ons geloofstelsel insluit. Herlewing help ons om te onderskei wat die regte waardes is.

Wanneer vals lering ’n probleem is: Openbaring 2:20-23 bespreek die probleem dat vals lering in ons kerke geduld word. Ons moet die boodskappe wat ons hoor, ondersoek en met die boodskap van die Bybel vergelyk. Herlewing help ons om die waarheid te vind.

Wanneer die geestelike lewe ontbreek: Openbaring 3:1-6 beskryf ’n dooie kerk, een wat godsdiens beoefen, maar waar daar geen lewe is nie. Dit is ’n beeld van nominale Christenskap: uiterlik welvarend, oënskynlik besig met godsdienstige aktiwiteite, maar sonder enige geestelike lewe en krag. Herlewing help om die geestelike lewe te laat herleef. In Openbaring 3:11 word ons gewaarsku teen selfvoldaanheid en ’n lewe wat geen vrug dra nie. Al hierdie scenario’s benodig ’n herlewing.

Wat is die bewyse van ware herlewing?
Die bewys van herlewing – ’n groot uitstorting van die Heilige Gees op gelowiges – is hul veranderde lewens. Daar is ’n groot behoefte om regverdig te lewe, die klem val op evangelisasie en sosiale geregtigheid. Gelowiges bestee weer tyd aan gebed en om God se Woord te lees en te gehoorsaam. Gelowiges begin hul geestelike gawes kragtig gebruik en daar is belydenis van sonde en ware berou.


15 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org