Om “aan die brand te wees”, beteken om geesdriftig of vurig te wees. Soms sê ons jy “steek ’n vuur in iemand aan” en daarmee word bedoel dat jy die individu “besiel” of “tot aksie aanspoor”. Mense in die kerk praat soms van ’n “vurige Christen” (toegewyde Christen) of ’n Christen wat “aan die brand vir Jesus is” (vol geesdrif vir die dinge van die Here). Daar is nie sulke idiome in die Bybel nie, maar daar is voorbeelde van mense met ’n vurige geloof en daar is beskrywings van die Here se werk wat van terme gebruik maak wat met “vuur” verband hou.

Ou Testamentiese voorbeelde
Die Ou Testamentiese eweknie van ’n “aan die brand”-Christen is iemand wat vurige ywer vir die Here gehad het. Voorbeelde hiervan is Pinehas (Num 25:10-11), Dawid (1 Sam 13:14, 1 Kon 3:6), Elia
(1 Kon 19:10-14), Hiskia (2 Kon 18:1-7) en Josia (2 Kon 22-23).

Tonge van vuur
Johannes die Doper het die skare oor die komende Messias vertel: “Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop” – Matteus 3:11. Hierdie profesie is eers op Pinksterdag, ná Jesus se opstanding, vervul. Die vreesbevange dissipels was almal saam in ’n huis byeen toe die Heilige Gees in die vorm van “tonge van vuur” op elkeen neergedaal het (Hand 2:2-3). Hulle vrees is onmiddellik met bonatuurlike durf en ywer vir die Here vervang. Hierdie vurige Christene het die Evangelie nou vreesloos aan groot skares in die strate van Jerusalem verkondig – insluitend aan die einste mense wat Christus gekruisig het.

Wonderwerke en bekerings volg
Die gevolg hiervan was ’n wonderwerk. Ná net een preek het drie duisend mense vir Christus as hulle Verlosser aangeneem (Hand 2:41). Hierdie nuwe gelowiges, wat toe “aan die brand” vir die Here was, het groot liefde betoon en ander selfopofferend gedien. Die kerk het verbysterend vinnig gegroei terwyl die apostels gepreek en baie wonders en tekens gedoen het. Dit het almal met diep ontsag vervul (v.43).

Onverskrokke geloof
Die vurige apostels is gekenmerk deur die durf en moed om God te dien sonder om hulle beginsels prys te gee, ongeag die prys of die gevaar waaraan dit hulle blootgestel het. Die Joodse Raad was verbaas toe hulle “Petrus en Johannes se vrymoedigheid” sien, want hulle was “maar ongeleerde en eenvoudige” mans (Hand 4:13). Toe die apostels in hegtenis geneem en beveel word om nie meer oor Jesus te preek nie, het hulle geantwoord: “Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God. Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie” – Handelinge 4:19–20. Toe hulle daarna weer in hegtenis geneem en beveel word om op te hou preek, het hulle geantwoord: “’n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!” – Handelinge 5:29. Toe hulle geslaan is, was hulle bly dat hulle “bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly” (v.41). Dit is hoe dié optree wat vurig vir die Here is.

Wees vervolging te wagte
Voor Sy kruisiging het Jesus Sy dissipels van die uitdagings vertel wat vir hulle voorlê. Hulle sou nie net teenkanting van die owerhede in die gesig staar nie, maar selfs ook vanuit hul eie ge-sinne se geledere: “Ek het gekom om vuur op die aarde aan te steek, en hoe wens Ek dat dit al aan die brand is! Maar daar is ’n doop waarmee Ek gedoop moet word, en dit sal My heeltemal in beslag neem tot dit afgehandel is! Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring? Nee, sê Ek vir julle, eerder verdeeldheid, want van nou af sal daar vyf mense in een huis onderling verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. Hulle sal verdeeld wees: vader teen seun en seun teen vader, moeder teen dogter en dogter teen moeder, skoonmoeder teen skoondogter en skoondogter teen skoonmoeder.” – Lukas 12:49-53

Die louwarm Christen
Die teenoorgestelde van ’n Christen wat aan die brand vir die Here is, is ’n louwarm gelowige. Die welgestelde, belangelose gelowiges in Laodisea is deur die Here berispe: “Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.” – Openbaring 3:15-16

Om louwarm te wees is die onwenslikste toestand vir water of vir geestelike toewyding. Iemand wat geestelik “vuurwarm” of “aan die brand” vir Christus is, kan baie nuttig wees, maar iemand wat geestelik louwarm is, het slegs ’n lou toewyding aan Jesus en het nie veel vreugde of liefde nie en is sonder die vuur van die Heilige Gees. “Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie.” – 2 Timoteus 3:5

Blaas die vuur weer aan
Christene wat aan die brand vir die Here is, verwerp ’n veilige, gemaklike lewe sodat hulle God se wil kan doen. Hulle streef “opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding en minsaamheid” na (1 Tim 6:11). Hulle is “ywerig om die goeie te doen” (Tit 2:14). Daar is gelowiges wat vandag ag moet slaan op Paulus se raad: “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe … soos ’n vuur weer moet aanblaas.” – 2 Timoteus 1:6


14 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org