—deur Herman de Kock

In Psalm 116:12 vra die skrywer wat hy kan doen om die Here te dank vir alles wat Hy vir hom gedoen het. Vers dertien sê: “Ek sal die beker van redding optel en die Naam van die Here aanroep.” Ons het dikwels ’n baie eng siening van lofprysing. Die proses waardeur ons die Naam van die Here aanroep en Hom loof en prys kan allermins beperk word deur ons konvensionele en kontemporêre verstaan van lofprysing. Soos die psalmdigter in Psalm 116 vir ons wys, behels lofprysing baie meer as galmende simbale en stemme in harmonie. Dit kan, en moet, ook gaan oor die aanvaarding– ja, omhelsing– van die kragtige werk wat God vir ons deur Jesus Christus aan die Kruis bewerk het. Lofprysing kan dus selfs sonder sang of musiek gebeur. Ware lofprysing gaan oor sang, toewyding, fokus, die erkenning van alles wat God vir ons gedoen het, en nog meer.

Geloofstroom se hoofdoel is om uit die Bybel te leer hoe elke mens, kind en volwassene sy lewe moet inrig tot eer en verheerliking van God. M.b.t. lofprysing gaan ons ook na die Bybel om vir kinders tydens ons byeenkomste te leer hóé ons God loof en prys, asook hóékom ons dit doen. Dit is net wanneer ons die Bybel se riglyne vir lofprysing volg dat die volle Gees-geïnspireerde belewing van die verheerliking van God se Naam ervaar word. Dit is dán wanneer ons ons gebede en God se Woord uit volle bors kan sing en beleef hoe ons daardeur, maar ook deur stilte en dankbare aanvaarding van God se genade, die Here se Naam groot maak. Dít is lofprysing.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)