Deur: pastoor Rudi Briel

Voortdurende lyding, lewenskrisisse en spanning kan enigeen laat voel hulle het genoeg gehad. Moses het ook hierdie punt bereik (Num 20:1-13). Die volk se swerftog van veertig jaar lank deur die woestyn was toe byna op ’n einde. Hulle was op die vooraand daarvan om Kanaän in besit te neem, maar hulle moes nog ’n laaste woestyn aandurf waar ’n finale geloofstoets op hulle sou wag, aangesien daar geen water in hierdie woestyn was nie.

Die volk was woedend!
Die volk het Moses verwyt vir die moeisame tog deur die woestyn asook vir die “slegte plek” waarheen hy hulle gebring het. God het Moses toe beveel om met ’n rots te praat dan sou dit water voortbring. Moses se emosies het egter die oorhand gekry. Hy, wat deur die Bybel as die mees saggeaarde mens op aarde beskryf is, gryp die kierie, maar voer nie God se opdrag uit soos hy beveel is nie. In plaas daarvan om met die rots te praat, sláán hy die rots twee maal!

Moses het genóég gehad!
Hy het genoeg gehad van veertig jaar se murmurering, verantwoordelikhede en spanning. Breekpuntemosies bring egter intellektuele sowel as geestelike verstopping mee, wat verhinder dat Goddelike indrukke of opdragte duidelik waargeneem en uitgevoer kan word – en dan begaan ’n mens foute. Moses het ’n groot fout begaan daarom het God hom nie toegelaat om Kanaän in besit te neem nie. Wees baie versigtig. Wanneer jy genoeg gehad het en breekpuntemosies beleef, kan jy die bestemmings waarheen jy op pad is, misloop. Wees voorbedag dat daar op die vooraand van ’n groot deurbraak soms ’n laaste woestyn en geloofstoets wag. Herinner jouself dan God aan se wonders en trou en sit die reis vertrouend voort – jy is amper daar!

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom by admin@agscenturion.co.za


23 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org