Deur: Chip Ingram

‘n Jong pa het my ná die erediens in die gang voorgekeer. “Pastoor, hoekom gaan Moedersdag alles oor mammas se wonderlike deugde, maar Vadersdag gaan altyd oor hoe mans moet ophou lui wees en goeie mans en pa’s word?”

Onvoldoende en gebrekkig as ’n pa
Ek moet bieg, volgens my het ek pas ’n preek gelewer met ’n baie goeie boodskap. Ná 25 jaar as ’n pastoor en pa, was ek vol vertroue dat die Bybelse leringe wat ek pas gedeel het, die pa’s sou help om goeie leiers vir hulle gesinne te wees en om ’n verskil in hulle huis-houding te maak. Maar hierdie ou se indringende vraag het my laat onthou hoe verskriklik gebrekkig en onvoldoende ek as ’n jong pappa gevoel het. Toe ek en Theresa trou, het ek ’n kitspa geword – want ek het ook die pa van haar vaderlose, vierjarige tweelingseuntjies geword. In daardie beginjare het ek wysheid en mentorskap, eerder as ’n geestelike teregwysing, vanaf die kansel nodig gehad.

Die rolle en verantwoordelikhede van vaders
Die gevoel van gebrekkige vaderskap het my na die kweekskool gevolg, waar dit my keuse van onderwerp vir my tesis gemotiveer het: “Die rol en verantwoordelikheid van die vader in die oordrag van gesinswaardes.” My empiriese navorsing was oor die invloed wat ’n vader het ten opsigte van ’n kind se morele ontwikkeling, selfbeeld en seksuele ontwikkeling. Ek het elke vers in die Bybel ondersoek wat betrekking gehad het op die onderwerp en het dan my bevindinge daarmee vergelyk. Die resultate was verstommend!

Al beeld die populêre kultuur vaders uit as onverantwoordelike dommerike wat uit voeling is met hulle kinders, onthul navorsing ’n geheel ander prentjie. Vaders is die primêre persoon wat ’n kind se morele ontwikkeling en seksuele identiteit vorm en hulle dra ewe veel as die moeders by tot die kind se selfbeeld.

’n Teenwoordige pa
Die grootste faktor waarvolgens voorspel kan word of ’n kind eendag in armoede gaan lewe, ’n buite-egtelike kind gaan hê, dwelms gaan gebruik of in die tronk gaan beland, is nie sy ras of die ekonomiese faktore of geografie nie. Dit hang daarvan af of ’n liefdevolle vader, wat betrokke is by sy kind, teenwoordig of afwesig is.

My navorsing in die Bybel het daardie gevolgtrekking bevestig. Die Bybel roep vaders op tot drie spesifieke rolle. ’n Bybelse vader het sy gesin onvoorwaardelik, opofferend en konsekwent lief – as die beskermer, voorsiener en priester.

’n Godvresende vader leer sy kinders hoe om verstandig te lewe, gegrond op Bybelse beginsels. Hy is die voorbeeld vir hulle van leierskap met integriteit, inisiatief en voorsorg. Hy openbaar die karakter van God aan sy kinders – direk en indirek.

Kyk na die Bybel vir leiding
Luister na Moses wat Israel se leiers toespreek en die rol van die ouers uiteensit, maar spesifiek dié van die vaders wat verantwoordelik is daarvoor om te verseker dat dit in die huisgesin verwesenlik word:
“Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.”
– Deuteronomium 6:5-7

Vaders het ’n uiters hoë roeping
Vaders se roeping is uiters hoog! Trouens, sonder ’n lewensbelangrike verhouding met Jesus, kan geen vader hierdie rol van heilige rentmeesterskap vervul wat deur God aan hom toevertrou is nie. Want – kom ons erken dit nou maar – dit is moeilik om ’n goeie pa te wees! Nie bloot omdat ons gevalle mense is wat ons kinders wil dissipel wat ook gevalle mense is nie, maar omdat die meeste van ons nie ’n voorbeeld van ’n godvresende vader gehad het nie.

Die grootste belegging
Ek is ’n voorbeeld daarvan. My pa was ’n goeie man, ’n seesoldaat van die Tweede Wêreldoorlog, ’n getroue onderwyser, iemand wat finansieel vir ons gesorg het. Maar die pyn van die oorlog en die dood van sy eie pa het gelei tot afhanklikheid van alkohol en ’n passiewe rol in ons gesin.

Nou, 40 jaar later, kan ek aan geen groter belegging dink wat jy ooit kan maak as om deur mentorskap godvresende vaders van die seuns en kleinseuns in jou kerk te maak nie; vir jong mans soos die ou wat my daardie vraag ná die Sondagdiens gevra het.

Kom ons help pa’s
Mans het mentors nodig. Hulle moet sien hoe dit lyk om ’n man en ’n pa te wees en ’n verskil in hulle kinders se lewens te maak. Want alles berus op die teenwoordigheid – of afwesigheid – van godvresende pa’s wat doen wat slegs hulle in die krag van die Gees kan doen.

Kom ons doen vandeesmaand meer as om net “gelukkige Vadersdag” te sê. Kom ons help vaders om die roeping te vervul waarvoor God hulle geskape het.

CHIP INGRAM is ’n outeur en die pastoor en uitvoerende bestuurder van Living on the Edge, ’n internasionale opleidings- en dissipelskapsbediening.


14 Julie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org