-deur Val Waldeck

Die psalmdigter het inderdaad gesê dat God ’n plan vir ons lewens het. Dawid verstaan egter ook dat ons dinge in die wiele kan ry. Hy bid opreg dat die Here sy hart moet deursoek en dít wat boos is, sal verwyder (v.23-24).

Ons bid omdat die Here vir ons gesê het dat dít is hoe Hy kies om ín en deur ons te werk. Hy dwing ons nie. Ons kan kies om met Hom saam te werk omdat Hy Sy wil deur die Heilige Gees aan ons bekend maak. Ons sal nie ontvang as ons nie bid nie. “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie” – Jakobus 4:2. Soms vra ons, maar met verkeerde bybedoelings wat in stryd is met Sy wil – dus ontvang ons nie (lees vers 3).

Daar is ’n goeie voorbeeld van hierdie waarheid in Esegiël 22:30-31. Israel was in die moeilikheid by die Here en Hy het gesoek na iemand om vir hulle te bid. “Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ’n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie” – Esegiël 22:29-31. As iemand vir hulle ingetree het, sou dinge anders verloop het. Dít is hoe noodsaaklik gebed is.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)