Jou Bybelse wêreldbeskouing is jou oorkoepelende beskouing van die wêreld vanuit ’n Bybelse oogpunt. Dit is ’n Christen se basiese geloofstelsel oor die betekenis van die lewe, die aard van God, die bron van die waarheid en ander grondbegrippe. Tog is baie Christene se wêreldbeskouing nie konsekwent Bybels nie. Hulle benader sommige aangeleenthede vanuit ’n Bybelse oogpunt, maar ander nie. Daar is baie moontlike redes waarom sommige Christene nie ’n konsekwente Bybelse wêreldbeskouing het nie:

1 ’n Gebrek aan kennis oor wat die Bybel sê
Hulle ken nie die Woord nie. As iemand byvoorbeeld nie weet wat die Bybel oor die heiligheid van die menslike lewe sê nie, sal dit vir hom of haar moeilik wees om ’n Bybelse siening oor die onderwerp te hê. Vir dié wat oningelig is, is die sleutel om in die Woord onderrig te word.

2 Hulle verwerp wat die Bybel oor sekere kwessies sê
Die Barna-groep het ’n opname gedoen om te bepaal of mense regtig glo wat die Bybel sê. Die resultate was verbasend: Slegs 4% van die respondente het werklik die Bybel geglo. Belydende Christene het nie veel beter gevaar nie. As ’n selferkende Christen nie glo wat die Bybel sê nie, sal dit vir hom onmoontlik wees om ’n outentieke Bybelse wêreldbeskouing te hê. Berou is die sleutel vir dié met wêreldbeskouings wat strydig met die Bybel is.

3 Hulle is meer besorg oor wat die wêreld van hulle dink, as God se mening oor hulle
“As jy vir mense bang is, kan jy in ’n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.” – Spreuke 29:25. ’n Gelowige wat die wêreld vanuit ’n Bybelse oogpunt beskou, erken dat hy nie van hierdie wêreld is nie. Jesus het gesê: “As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.” (Joh 15:19; 17:14). As ’n gelowige sy beginsels opoffer om gelyk te word aan die wêreld se denkwyse, verloor hy die fokus op God se perspektief. Moed is die sleutel vir dié wat bang is.

4 Hulle is louwarm in hul toewyding aan Christus
Soos die kerk van Laodisea, is hulle “nie koud … nie, en ook nie warm nie.” (Op 3:15). Hulle is nie bereid om vir Christus standpunt in te neem nie. Toewyding is die sleutel vir die louwarm Christen.

5 Hulle word deur die leuens van die wêreld beïnvloed
Vanaf Adam en Eva se tyd gebruik satan sy vermoë om te mislei en te verwar (Gen 3:1-6, Op 12:9). Die idee dat die Bybel ’n boek vol mites is; vol foute en nie betroubaar nie, is ’n kragtige instrument in satan se arsenaal. Hy wil mense oortuig dat die Bybel nie meer van toepassing is nie; dat die gebooie en beginsels verouderd is. Baie mense in die kerk word deur hierdie denkwyse beïnvloed. Onderskeiding is die sleutel vir misleide Christene.

6 Hulle word heen en weer geslinger deur hul omstandighede en twyfel aan God se beloftes
Toe Petrus volgens die verhaal in Matteus 14 uit die boot tree om op die water te loop, het hy ’n Bybelse wêreldbeskouing aan die dag gelê: Jesus is die bron van alle mag. Toe Petrus egter op die stormagtige see fokus, het sy wêreldbeskouing verskuif: Miskien is die golwe magtiger as Jesus? Geloof is die sleutel vir dié wat twyfel.

Om ’n konsekwente Bybelse wêreldbeskouing te hê, moet ons na die Bybel teruggaan en aan die beloftes vashou wat God aan ons gemaak het, want die wêreld het niks om ons te bied nie (Luk 9:25,
Joh 12:25, Matt 6:19).


12 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org