Deur: Herman de Kock

Gaan ek as Christen altyd gesond, ryk en gelukkig wees? Selfs op ’n vroeë ouderdom is dit belangrik om kinders reg te leer rakende hierdie vraag. By Geloofstroom leer ons hulle om altyd na die Bybel te gaan en leiding direk uit God se Woord te kry. Kom kyk saam met my na die antwoord volgens dele uit die Nuwe Testament. In Markus 8:20 en Markus 8:34 maak Jesus dit duidelik dat om Hom te volg, nie ’n lewe van gemak en rykdom waarborg nie. Ook in Johannes 15:20 bevestig Jesus dat Sy volgelinge nie kan verwag om anders deur die wêreld behandel te word as wat Hy behandel is nie. Tog laat Jesus vir ons kragtige woorde van bemoediging in Johannes 16:33: “… skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.” Hierdie woorde laat Jakobus aan gelowiges skryf om anders na beproewings te kyk (Jak 1:2-3). En dan is daar Paulus, die Fariseër en Romeinse burger, geroep deur Jesus om die Christen-pad te loop. Paulus vertel in 2 Korintiërs 12 vir ons van die doring in die vlees en hoe hy God gesmeek het om dit weg te vat. God het hom laat verstaan dat die krag van Christus juis deur hierdie beproewing voortdurend deur hom werk.

Leer kinders dat wanneer ons as Christene welvaart en voorspoed geniet, ons dit tot eer van die Here moet aanwend. Ons weet ons het deel aan die komende ewige vrede en vreugde van die nuwe hemel en aarde – soos beloof in Openbaring 22. Daarom sê Paulus in 2 Korintiërs 4:8 (NLV): “Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.”

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse, vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae. www.geloofstroom.org

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


11 November 2020

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)