Die pandemie het ons onkant betrap. Niemand het ook gedink dat ons lewens en ons wêreld so skielik en ingrypend sou verander nie. Ons is uit ons roetines en gewoontes geruk en mense het begin swaarkry, moed verloor en lewe in angs. Skep egter moed, God is aan die werk te midde van die pandemie.

POSITIEWE UITWERKING
Die pandemie het die belangrike vraag ter tafel geplaas oor wat ewige waarde het en wat van tydelike en verganklike waarde is.

Die daaglikse sterftes bly ons herinner dat ons nie vir ewig op hierdie aarde gaan wees nie en dat daar ’n lewe ná die dood is. Die bekendes en geliefdes wat aan COVID-19 sterf, laat ons dink en besin oor die ewigheid en of ons gereed is om te sterf en voor God se regterstoel te verskyn.

Herbesinning bring verandering
Hierdie herbesinning laat ons besef dat God steeds met ons besig is en dat Hy ons tot stilstand gebring het om te luister en dinge in ons lewe te verander. Baie dinge wat nie reg was nie, word nou reggestel en verander. God is besig om al die swak plekke in ons land, in ons kerke en in ons eie lewe uit te wys.

God is teenwoordig in die pandemie
God is beslis teenwoordig in die pandemie en besig om baie dinge van ewigheidswaarde te doen. Hy is groter as die pandemie en is besig om dinge te verander en ten goede te laat meewerk (Rom 8:28).

Geld is nie alles nie
Geld is belangrik, maar nie alles nie en die inperkingstyd het ons geleer wat blywende waarde het. Ons het geleer dat ons hele lewe nie om geld moet draai nie en dat ons vir God kan vertrou om vir
ons te sorg soos vir die voëltjies en die blomme van die veld (Matt 6:25-34).

Huweliksmaats het ’n kans gekry om opnuut werklik kontak te maak
Die inperking het mans en vrouens weer teruggebring na hulle huise en hulle kinders soos God dit in die begin bedoel het. Huwelike kry weer aandag. Man en vrou is meer by mekaar en leer om as ’n span saam te werk en te bid en word gedwing om probleme met mekaar uit te sorteer in plaas daarvan om mekaar te vermy.

Die waarde van die huisgesin word herstel
God is in hierdie tyd besig om die waarde en die belangrikheid van die huisgesin te herstel. Die inperking het die gesin gedwing om meer bymekaar te wees en ouers het hulle verantwoordelikheid om inspraak in hulle kinders se lewens te hê, herontdek. Ouers het bewus geraak van hulle Godgegewe roeping om hulle kinders geestelik op te bou en Bybelse waarhede en waardes te leer.

Mense neem verantwoordelikheid vir hulle eie geestelike groei
In hierdie tyd het gelowiges besef dat hulle geestelike groei hulle eie verantwoordelikheid is. Kerkgangroetines en druk om geestelik aktief te wees, het afgeneem. Die druk vir kerkbywoning is nie meer daar nie. Elkeen moet self sorg vir hulle geestelike groei deur getrou stiltetyd te hou en opbouende boodskappe op televisie en YouTube te luister.

Ons herontdek ons individuele roeping om die lig te wees
Mense het ook in hierdie inperking besef dat ons elkeen ’n kring van invloed het en as ons nie uitreik na die mense in daardie kring nie, gaan niemand hulle bystaan en ondersteun nie. Gehoorsaamheid aan ons roeping is ons elkeen se eie verantwoordelikheid. Nie net die dominee of die pastoor nie, maar elke gelowige het ’n taak en ‘n roeping om uit te reik na ander en hulle in God se ligkring in te nooi.

Verskuiwing na kleingroepe lei tot kerkgroei
Met die inperkingsregulasies het die klem van die groot groep na die kleingroep verskuif. COVID-reëls dwing gelowiges om hulle godsdiens nie meer in groot groepe nie, maar in ’n kleingroepie (selgroep) te beoefen. Die pandemie wat toe nie so vinnig verbygegaan het nie, het ons gedwing om nuut te dink. ’n Gemeente in Brasilië het tydens die inperking begin uitreik om mense in aanlyn kleingroepe in te skakel. Hulle kleingroepe het met 35% gegroei en 11 000 nuwe lidmate het so deel van die kerk geword.

God hervorm Sy Kerk
Ek glo die Here is besig om Sy Kerk te hervorm deur weer soos Jesus met Sy twaalf dissipels en die eerste Christene in huise en in kleingroepe te vergader om mekaar te versorg en geestelik op te bou. God het juis die Heilige Gees gestuur om elke gelowige toe te rus met Sy gawes sodat ons mekaar kan liefhê en versorg totdat Hy ons kom haal na ons ewige woning in die hemel.

DS. DIRKIE VAN DER SPUY is die leier van die Dirkie van der Spuy-bediening en is die voorsitter van die Oostelike Sinode. Kontak hom by dvdspuy@moreleta.co.za


5 November 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org