In die sakerubriek van hierdie uitgawe het ons Mark Hewett gevra om vrae oor verkope te antwoord.

VERKOPE EN KAPITALISERING OP NUWEKLIËNTVOORUITSIGTE (LEAD CONVERSIONS)

Wat is ’n belangrike oorweging vir ’n maatskappy se groeistrategie buiten die onderneming se handelsmerk?
Ek leer studente en entrepreneurs dat, wat bemarking betref, verkope stroomaf van handelsmerke lê. Dit spreek vanself dat verkope ’n dominante rol speel in
enige onderneming se sukses. Verkoopslui is ’n noodsaaklike skakel tussen ’n kliënt en die produk of diens. As jou onderneming reeds ’n sterk handelsmerk het, is dit bemarking wat gesorg het dat jou toekomstige klante bewus is van jou produk/diens en vertroue daarin het. Dit maak die verkoopslui se werk baie makliker om die transaksie te beklink, want die kliënt verstaan reeds hoe die produk of diens in hulle behoeftes sal voorsien.

As jou onderneming en handelsnaam egter nog nie gevestig is nie, het verkoopspersoneel twee belangrike rolle om te vervul: om die handelsmerk en die produk professioneel bekend te stel, asook om die transaksie te beklink deur die aanbod onweerstaanbaar te maak en besware doeltreffend te hanteer. Hoe beter die verkoopspersoneel bestuur en opgelei word – in die produk of diens, die stel van doelwitte, tydsbestuur, prosesse, die posisionering van die aanbod, die bou van geloofwaardigheid, die vermoë om vertroue by ’n kliënt in te boesem en naverkoopdiens – hoe beter sal die verkope van die onderneming wees.
Suksesvolle ondernemings begryp dat hulle kundige, praktiese opleiding aan verkoopslui moet bied. Besigheidseienaars dink dikwels dat hulle weet hoe om te verkoop, bloot omdat hulle die produk of diens beter verstaan as enigiemand anders. Dikwels is die stigters en uitvoerende hoofde juis nie kundig in die kuns van verkope nie en veroorsaak baie frustrasie wat die einde van ’n andersins uitstekende produk- of diens tot gevolg kan hê.

GROEI VAN JOU ONDERNEMING

Hoe word verkope aan ’n groter strategie gekoppel?
Verkope moet deel vorm van ’n groter, algehele groeistrategie, insluitend die kliënte se ervaring, want verkope bou lojaliteit en vertroue by kliënte, wat daarom jou besigheid by derde partye sal aanbeveel. Die krag van sulke verwysings moet doelbewus deur verkoopspanne gebruik word om die verkope eksponensieel te verhoog. Kliënteverwysings het ’n groot impak, veral in die digitale wêreld met die groot reikwydte van sosiale en aanlyn media.

BEHOUD VAN KLIËNTE

Wat is die volgende stap vir verkoop-spanne nadat hulle ’n transaksie beklink het?
Jou handelsmerk se reputasie is dikwels onderhewig aan die interpersoonlike kontak tussen personeel en kliënte. Moet dus nooit die kragtige invloed van persoonlike kontak onderskat nie. Langtermyn- kliënteverhoudings tussen verkoopslui en hulle kliënte lei tot herhalende verkope en mense wat ander van jou produk of diens vertel (steeds die grootste kapitalisering op nuwekliëntvooruitsigte).
’n Belangrike funksie van ’n doeltreffende verkoopstelsel is naverkoopdiens wat tot positiewe terugvoer en die retensie van kliënte lei. Enige klagtes kan spoedig en professioneel opgelos word. Dit is baie meer kostedoeltreffend om bestaande kliënte te behou as om nuwes te werf. Ongelukkige kliënte sal oor die algemeen nie kla nie, maar bloot net ophou om van jou dienste of produk gebruik te maak. Die gevolg is dat jy ook die kans verloor dat hulle jou by ander partye sal aanbeveel.
Die voortgesette sukses van ’n organisasie is afhanklik van die verkoopsprestasie. Die potensiaal in ’n verkoopspan moet verwesenlik word om die uitwerking wat verkope op inkomste, die reputasie van jou handelsmerk en uiteindelik op groei van ondernemings het, ten volle te benut.

Quantum Growth Consulting het meer as 21 jaar van hoëprestasie-verkoopservaring in die opleiding van korporatiewe en klein- tot middelslagondernemings. Veral m.b.t. opleiding in intelligente metodes, strukture, strategieë, stelsels en spanbestuur van ondernemings.

Kontak gerus die ervare kundiges by Quantum Growth Consulting (strategiese verkoopspesialiste) vir ’n GRATIS 45 minute konsultasie om jou verkope te verhoog by info@quantumgrowth.co.za.


28 April

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)