In hierdie rubriek (waarvan die eerste twee punte reeds in die Januarie-uitgawe behandel is) sal Mark Hewett, die hoof- uitvoerende beampte van Legion of Lions, vyf belangrike besigheidsvrae beantwoord.

Die vrae is:
• Wat moet lesers se benadering tot 2021 vir hul ondernemings wees?
• Wat doen jy wanneer struikelblokke jou verhinder om jou doelwit te bereik?
• Wat kan besigheidseienaars doen om sulke struikelblokke te bowe te kom?
• Wat is die volgende stap wanneer jy as ’n besigheidseienaar ’n oplossing, produk of diens gevind het om aan die mark te lewer?
• Hoe laat groei jy jou handelsnaam sodra jy ’n doeltreffende onderneming het?

STAP 1: Doelstellings en passievolle benadering
V: Wat moet ons lesers se benadering tot 2021 vir hul ondernemings wees?
Ek sou voorstel dat hulle vreeslose besigheids- en/of persoonlike doelwitte stel wat hulle uit hulle gemaksone neem, opgewonde maak en iets is waaroor hulle passievol is. Dit sal verseker dat hulle, wanneer probleme opduik, sal deurdruk en ’n positiewe ingesteldheid teenoor probleemoplossing aan die dag lê.

STAP 2: Struikelblokke en pyn –word een van die “gekke”
V: Wat doen jy wanneer struikelblokke jou verhinder om jou doelwit te bereik?
In die jare wat ek ’n raadgewende konsultant vir honderde entrepreneurs was, het ek gesien die uitdaging is nie om die struikelblok die hoof te bied nie, maar hoe jy probleme beskou. Wat die probleem ook al mag wees, daar is altyd ’n oplossing. Mense is bang vir uitdagings omdat hulle mislukking vrees. Hulle is bang om probleme teë te kom wat volgens hulle onoorkomelik is. Daarom bly hulle bang vir die onbekende en is hulle liewer minder ambisieus en beperk hulle hul doelwitte. Dit veroorsaak ongelukkig mettertyd dat hulle ontmoedig word, met minder tevrede is, in vrees lewe en dat moeilikhede hulle verteer. As jy egter struikelblokke as iets opwindend benader, word probleemoplossing ’n verrykende proses. Mislukking kom in baie vorms en gedaantes voor, maar is uitstekende leerervarings. As jy nie misluk en probleme ondervind nie, mik jy nie hoog genoeg nie. Misluk ordentlik en “val vorentoe” op jou reis tot sukses om jou doelwit te bereik. Elke keer as jy weens ’n mislukking en struikelblokke pyn ervaar, is dit maar net ’n aanduiding dat iets tydelik skort. Mense wat daarin slaag om die pyn op te los deur die oorsaak en gevolg te identifiseer en die unieke probleme te diagnoseer, is dié wat Steve Jobs “die gekke” noem. Hulle is dié wat voel dat hulle die wêreld kán verander. Hulle is dié wat hul besighede en handelsmerke as leiers in hulle veld kan posisioneer. Daar waar yslike probleme die groei van ’n groot deel van enige mark kniehalter, is juis ook daardie magiese geleentheid waar potensiaal te vinde is; waar innovasie verwek en gebore word deur die beste idees. Die beste entrepreneurs span daardie werklikheid in om die oplossings te vind wat voorheen as onmoontlik beskou is. Hier is ’n wenk vir 2021 – identifiseer waar daar groot struikelblokke in jou mark is en verwelkom samewerking om oplossings te skep wat waarde gaan toevoeg.

STAP 3: Diagnose, herkenning van patrone en erkenning van die werklikheid
V: Wat kan besigheidseienaars doen om sulke struikelblokke te bowe te kom?
Entrepreneurs, hoof- uitvoerende beamptes en sake-eienaars moet voortdurend groei, leer en eerlike introspeksie doen voordat hulle dit ook vir hulle sakebedryf en spanne doen. Daar is verskeie kort-, medium- en langtermynstrategieë wat gebruik kan word om sakeprobleme te bowe te kom en jou besigheid te laat groei, maar jy moet eers jou eie foute en swakpunte erken – iets wat voortdurend geëvalueer en teengewerk moet word. Swak- en sterkpunte is dikwels maar net die ander kant van dieselfde muntstuk. As jy byvoorbeeld ’n regterbreindenker is, is jy waarskynlik baie kreatief en ’n visioenêre persoon, maar nie altyd so konsekwent nie. Maak dus vir voorsiening vir iemand of stelsels wat jou gaan help om konsekwent te bly. Erken die werklikheid. Kyk deur die oë van jou teikenmark sodat jy patrone of probleme objektief kan raaksien en jou oplossings en besigheids-waarde op die werklikheid kan grond. Ontwikkel dan ’n uitstekende produk of diens deur verbeelding, denkende leierskap en bedryfsdata te kombineer en altyd die kliënt en kliënte-ervaring in gedagte te hou.

STAP 4: Verbeelding, data en ontwerp
V: Wat is die volgende stap wanneer jy as ’n besigheidseienaar ’n oplossing, produk of diens gevind het om aan die mark te lewer?
Alles in die wêreld is op die een of ander manier aan mekaar verbind en daar is toegang tot data soos nog nooit tevore nie. Span die feit in dat ons almal deur ons toestelle of die mark aan mekaar verbind is en dra dan die waarde wat jy kan toevoeg oor deur die beste oplossings en handelsmerk te ontwikkel, hetsy deur ’n produk of diens-lewering of beide. Met soveel oorversadigde markte, tesame met verminderde beskikbare besteding moet jy nie noodwendig mik vir ’n kompeterende prys nie, maar eerder op die kwaliteit van die produk, die ontwerp en die produksie van die handelsmerk fokus. Bou ’n wêreldgehalte handelsmerk en lewer uitstekende kliëntediens – dit is die beste benadering.

STAP 5: Produksie en groei
V: Hoe laat groei jy jou handelsnaam sodra jy ’n doeltreffende onderneming het?
Danksy die fantastiese bemarkings-tegnologie tot ons beskikking is die meeste onder-nemings in die wêreld sonder twyfel besig om aanlyn te verskuif. Twee belangrike vereistes het na vore gekom as gevolg van hierdie verskuiwing: Eerstens, skep korporatiewe videoproduksies om mense aanlyn van jou bedryf en handelsmerk(e) bewus te maak en implementeer stelsels soos verkoopstregters (sales funnels – die proses waarvolgens moontlike klante kopers word) om inligting oor moontlike klante in te oes en te stoor deur bemarking op groot tegnologiese maatskappye soos Google , YouTube en Facebook. Maak seker dat jy outomatiese monetiseringstrategieë op die platforms gebruik, veral deur jou handelsmerk se aanlyn teenwoordigheid uit te bou met jou eie kanaal op YouTube. Tweedens, laat jou besigheid groei omdat jy jou risiko tydens die koronapandemie verminder deur samewerkings-geleenthede maksimaal te benut. Dit is presies waarom ons die Legion of Lions Superfirm gestig het: Sodat ons kan belê in en saamwerk met ander handelsmerke en organisasies oral in Suid-Afrika en die res van die wêreld om die ekonomiese impak van COVID-19 teë te werk deur hierdie oplossings te implementeer.
Stuur jou naam, telefoonnommer en handelsnaam na strategy@legionoflions.com en ’n Leeu sal jou skakel.


MARK PETER HEWETT het homself gevestig as ’n bekwame internasionale entrepreneur, waagkapitalis, besigheidsmentor en skrywer (saam met Paul Kerton, hoofstigtersredakteur van Men’s Health South Africa).

Mark is deur verskeie wêreldwye ondernemings werksaam in die tegno-logiebedryf asook in die bemarkings-, media-, energie-, sakeontwikkelings-, vaste eiendoms-, events- en internasio-nale verspreidingsbedrywe betrokke . Hy het oor die afgelope tien jaar in die advertensie- en bemarkingsmedia belê. Dit sluit in digitale media, kleinhandel- en mobiele media vir veral die korporatiewe, drank- en farmaseutiese bedrywe. Hy is ook die stigter van Suid-Afrika se grootste multimiljoendollar- digitale medianetwerk in onafhanklike besit.

Hy is passievol oor mentorskap vir sake-eienaars en studente en het deur sy opleidingsprogramme vir internskaps-kandidate gegradueerde bemarkings- en BCom-studente van Europa afgerig.

Mark fokus nou daarop om in sy rol as die groep-HUB van Legion of Lions ™ International bande met top-entrepreneurs te smee, handelsmerke uit te bou en internasionale onder-nemings te vestig. Legion of Lions is ’n supermaatskappy vir spesialisdienste, in samewerking met ’n Nederlandse koöperasie – saamgestel uit bekroonde diensagentskappe, talent en maat-skappye wat uniek geposisioneer is as Suid-Afrika se voorste Brand Commercializing Movement.


25 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)