Deur: Val Waldeck

Mense sê ons moenie Paasfees vier nie, want dit kom van heidense feeste af. Wat is die waarheid?
A. Jesus se dood, hemelvaart en opstanding het die wêreld vir ewig verander. Dít is die waarheid. Jesus is God se grootste geskenk aan die mensdom en ons het ’n godgegewe reg om die Verlosser in die openbaar en sigbaar te vier. Beteken dit dat jy nie jou verjaardag moet vier nie net omdat dit met ’n heidense fees saamval? Gebruik Paasfees om veral kinders bewus te maak van Christus se sending. Die Kerk loop gevaar om “verchristelikte” heidene groot te maak in hierdie tye waar kinders uiters min geestelike insette ontvang. Die duiwel en sy aanhangers haat Christus en sal alles doen om te verhoed dat Christene die Evangelie met ander deel. Om belangrike Christelike feeste soos Paasfees en Kersfees te vier, is wonderlike geleenthede om die Evangelie met ’n wêreld te deel wat in hierdie tye baie ontvanklik is om te luister. Die Groot Opdrag (Matt 28:19-20) is nooit herroep nie. “ …verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig … Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening.” – 2 Timoteus 4:2-5

Ek is baie ontsteld oor wat in Amerika gebeur het. Duisende Christene het gebid. Waarom het God nie die gebede geantwoord nie? Waarom het Hy nie die aborsiewette beskerm nie? Waarom laat Hy toe dat soveel goeie wette omvergewerp word? Ek verstaan dit ​​nie.
A. God het Abraham belowe dat die land waar hy uitgekamp het (die toekomstige Israel) eendag die tuiste van sy nageslag sal wees. Maar God het ook gesê: “Die vierde geslag ná jou sal hiernatoe terugkom. Dan eers sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle maat bereik het”– Genesis 15:16. Daardie geslag het inderdaad 400 jaar later eers ter vervulling van daardie profesie onder leiding van Moses na die land teruggekeer. Al het Abraham vir Sodom en Gomorra gepleit (Gen 18:16-33), het hulle beker van ongeregtigheid oorgeloop en was die oordeel onvermydelik. Jeremia het vir Juda geween toe die Babiloniërs dit ingeval het (lees Klaagliedere). Dit was te laat en die tyd van afrekening het aangebreek. Amerika is nie by die Bybelse profesieë oor die eindtyd ingesluit nie, al wonder baie mense of die land se tyd van afrekening aangebreek het. Bid dat die Here genade sal hê vir hierdie groot nasie en dat die leiers hulle standpunt oor onbybelse wette – wat teen die geopenbaarde wil van God indruis en Sy oordeel uitnooi – sal heroorweeg.

My man het ’n minnaar (’n ander man). Hy wil skei sodat hulle kan trou. Toe ek my huweliksbeloftes voor God afgelê het, het ek dit bedoel en ek het geglo dat hy dit ook bedoel het. Hoe kan ek hierdie tragedie in ons gesin hanteer?
A. Dit is ’n moeilike vraag en die Bybel het ’n paar moeilike antwoorde. Lees 1 Korintiërs 7 aandagtig en biddend deur. Hier leer ons dat ’n vrou alles moet doen om by haar man te bly (v.10-11). As een van die huweliksmaats ’n ongelowige is, maar bereid is om by sy/haar gelowige huweliksmaat te bly, moet hulle nie skei nie (v.13-14). Jou dilemma word in vers 15 beantwoord. “As die ongelowige egter wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die gelowige man of vrou nie gebind nie. God het julle geroep om in vrede te lewe” – 1 Korintiërs 7:15. As hy jou verlaat en die huweliksverbond verbreek, is jy vry om as ’n enkellopende vrou te lewe óf om weer te trou “mits dit met ’n gelowige is” (v.39). Fokus daagliks op die Here Jesus Christus en Sy Woord. Moenie toelaat dat woede of pyn ’n “wortel van bitterheid” in jou laat posvat nie (Heb 12:15). Dit sal jou en jou kinders se lewens skade berokken. Jou man is verantwoordelik vir sy besluite en die gevolge daarvan. “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” – Filippense 4:6-7

Val Waldeck is ’n outeur, Kindle-uitgewerskonsultant en ’n Bybelleraar. Vir hulp met die skryf en bemarking van jou boek, besoek www.valwaldeck.com

E-pos jou vrae aan joyquestions@valwaldeck.com


23 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)