Deur: Pastoor Rudi Briel

Die volgende vier soorte gebede het kragtige uitwerkings tot gevolg:

1. VURIGE GEBED: Nie alle gebede is kragtig nie. Volgens Jakobus 5:16 het die vurige gebed van die regverdige groot krag. Om vurig te bid, is om soos Christus te bid: Met “smekinge, trane en ’n sterk geroep” (Heb 5:7). Hierdie elemente maak gebed vurig, met kragtige eindresultate.

2. GELOWIGES SE EENDRAGTIGE GEBED: Ná hulle vrylating keer die apostels na hul medegelowiges terug met die nuus van dreigemente deur die Joodse Raad. Die gemeente het daarop gereageer met eendragtige gebed, waarop die plek geskud is waar hulle saam was, en almal vervul is met die Heilige Gees (Hand 4:23-31). Die krag van eendragtige gebed bring skuddings in enige ryk mee en bevorder die werkinge van die Heilige Gees!

3. AANHOUDENDE GEBED: Die gelykenis van
Lukas 18:1-8, handel oor ’n weduwee wat dag en nag haar saak by ’n onregverdige regter bepleit het. Haar aanhoudende gepleit het hom uiteindelik beweeg om gehoor te gee aan haar versoek. “Sal God dan nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?” – Lukas 18:7. Moenie ophou bid oor jou saak nie. Jou aanhoudende gebed het groot krag!

4. GEMEENTELIKE VOORBIDDING: Die gemeente se ernstige voorbidding het groot krag ontketen in die tronk waar Petrus aangehou is. Die boeie het vanself afgeval en die tronkdeure het spontaan oopgegaan (Hand 12:5-10). Die krag van gemeentelike voorbidding ruk steeds boeie en tronkdeure af!


5 Augustus 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)