Deur: Herman de Kock

Ons het die hele jaar lank aandag gegee aan een van die bekendste figure in die Bybel. Een van die mees treffende waarnemings van Dawid is dat hy méns was. Dis deurgaans duidelik dat Dawid se lewe besaai was met hoogtepunte – soos waar hy voor God en volk dans – asook laagtepunte – soos toe hy hom skuldig gemaak het aan moord, leuens en egbreuk.

Ons het gekyk na Dawid se optrede in tye toe almal op hom neergesien het omdat hy nog maar kind was, tye waar Dawid deur ondenkbare vrees moes gaan tot tye waar hy as leier bo almal uitgestaan het. Aan die einde van ’n jaar waarin ons die voorreg gehad het om in diepte na Dawid te kyk, is dit belangrik dat elke ouer moet waarneem dat om die verhale van figure in die Bybel te vertel, ’n doeltreffende manier is om ons kinders aan God voor te stel.

Ons almal hou van stories – kinders nog meer. Een van die groot geskenke wat God vir ons gee, is die rykdom aan narratief wat ons in die Bybel kry. Vir kinders is dit een van die doeltreffendste metodes om hulle aan die God van Abraham, Isak en Jakob voor te stel. Vertel vir hulle die verhale van hierdie figure. Vertel vir hulle van die lewe van Dawid. Hoekom? Want soveel dele in die Bybel leen hulle daartoe om deur middel van vertelling die grond vrugbaar te maak vir die Heilige Gees om harte te verander. En die (Kersfees-)kersie op die koek is dat hierdie verhale nie legendes en mites is nie. Dit het regtig gebeur!

Deur hierdie metode te gebruik – om ware mense, met groot gate in hulle mondering, se storie te vertel – berei jy jou kind se vermoë voor om ontvanklik te wees vir die gróót gedagtes van ’n maagdelike geboorte, ’n Redder wat die dood oorwin en ’n Trooster wat elke oomblik by ons is totdat Jesus ons kom haal. Maar meer oor hierdie onderwerp in die nuwe jaar. Vir nou: ’n Baie geseënde Christusfees vir julle almal!

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse, vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos by info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.


24 Januarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org