Deur: dr. Elza Meyer

As teologiese studente is ons geleer dat die Bybel – anders as enige ander boek – die vermoë het om homself te verduidelik. Dit beteken dat wanneer iets vir ons onduidelik is, ons net dieper moet delf. Daar sal wel tekste in ander Bybelboeke wees wat meer lig op die onderwerp werp. Die vervulling van God se beloftes aangaande die Messias kan so nagespeur word. Elkeen van hulle sal, net soos God se ander beloftes, in vervulling gaan indien hulle nie alreeds vervul is nie. Dit spreek tot die hart van die gelowige en is ’n wonderlike troos dat ons God kan vertrou. Hy sal doen wat Hy beloof het.

Betlehem, die geboorteplek van die Messias
Die profesieë rakende die koms van die Messias het beloof dat Hy in Betlehem gebore sou word. “Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug in die gryse verlede!” – Miga 5:1. Die Joodse leiers en Skrifkenners het dan ook dadelik uit een mond aan koning Herodes verduidelik dat Betlehem inderdaad die geboorteplek van die Messias sou wees. Dit was nadat die wyse manne uit die Ooste aangevoer het dat hulle ’n ster gesien het wat dui op die geboorte van ’n koning vir die Jode (Matt 2:2-8).

Net die offerlammers het om Betlehem gewei
Daar is nóg ’n rede waarom die Messias spesifiek in Betlehem gebore moes word. Betlehem is ongeveer 8 km van Jerusalem af. In die velde rondom Betlehem is die lammers aangehou wat as offerlammers voorberei is. In die tyd toe Jesus gebore is, is die aangewese Levitiese herders en lammers 24 uur per dag deur ’n priester vanuit die Migdal Eder of Toring van Eder dopgehou. Ons lees slegs eenkeer van Migdal Eder naby Betlehem in Genesis 35:19-21.

Jakob het vir Ragel naby Betlehem (Efrata) begrawe en anderkant Migdal Eder kamp opgeslaan. Die Mishna (’n Joodse geskrif waarin voorskrifte vir die Joodse leefwyse vervat is) verwys na die weiding rondom Betlehem as die grond waarop die lammers versorg en voorberei is om in die tempel geoffer te word. Geen ander diere mag daar gewei het nie.

Die Lam is in doeke toegedraai
Die offerlammers moes sonder enige gebrek wees. Die aangewese herders het baie mooi na hulle omgesien en hulle voortdurend skoongevee met doeke – azura in Hebreeus. Die engel het baie duidelik vir die herders gesê die teken dat die Verlosser, Christus die Here, in die stad van Dawid gebore is, is ’n kindjie wat in “doeke” toegedraai is (Luk 2:11-12).

Die Levitiese herders het presies verstaan waarvan die engel praat. Net soos hulle met doeke (azura in Hebreeus of esparganosa in Grieks) die offerlammers moes skoonhou, sou hulle die Baba in azura (swaddling cloth in Engels) toegedraai in ’n krip aantref.
Wanneer die lammers na die tempel geneem is om geoffer te word, het die Levitiese herders die bene van die offerlammers ook met ’n azura vasgedraai en hulle deur die Skaappoort in Jerusalem ingedra. Jesus het ook deur die Skaappoort gestap toe Hy op Golgota gekruisig is.

Die herders het heel eerste die Goeie Nuus gehoor en verkondig
Die herders wat die offerlammers versorg het, het heel eerste die boodskap gekry dat dié Offerlam gebore is. Nie slegs die herders nie, maar ook die priester aan diens in die Migdal Eder moes die engelekoor gesien en dalk ook gehoor het. Die Bybel berig dat die herders met baie mense daaroor gepraat het. Die Sanhedrin of Joodse Raad móés ingelig gewees het.

Die Verlosser vir alle nasies
God het op dié spesiale nag nie slegs die nageslag van Isak ingelig dat die Verlosser gebore is nie, maar ook die nageslag van Ismael. Wyse manne uit die Ooste het ’n ster gesien en volgens die posisie daarvan kon hulle aflei dat dit op die geboorte van ’n koning vir die Jode gedui het. Die meeste kenners is van mening dat die wyse manne uit die suide van Arabië gekom het – wat vandag as Yemen bekend staan. Die verklaring is gegrond op die geskenke wat hulle gebring het: Goud, wierook en mirre was geredelik beskikbaar in hierdie landstreek. Goud is uit Oos-Afrika oor die Rooi See na die Suide van Arabië vervoer en wierook en mirre het oorspronklik uit hierdie gebied gekom. Daar is heelwat historiese verwysings na kamele wat vandaar wierook en mirre na Israel en ander lande geneem het. Die God van Abraham het Homself aan albei seuns van dié geloofsheld betoon, want Hy sou nie slegs verlossing vir die Jode verseker nie, maar vir alle nasies, volke en tale wat in Hom sou glo.

God is in die fynste detail ’n Waarmaker van Sy Woord!

DR. ELZA MEYER is die stigter van Turn2God-bedieninge. Kontak haar by elza@turn2god.co.za


31 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org