Deur: René Lowings

Ek was so bevoorreg om in 2021 in JUIG! Tydskrif se September-uitgawe my getuienis oor herstel van veelvuldige sklerose (MS) te kon deel. Ek is steeds oorvloedig dankbaar vir die terugvoer wat ek en Johan van Go Natural daarna ontvang het. Ek het in die tyd daarna tot die besef gekom dat baie mense ’n soortgelyke pad stap. Dit was kragtig om hulle getuienisse ook te hoor en ek wil hulle graag bemoedig om asseblief aan te hou om hulle getuienisse te deel. Ons verhale is kragtig om die vyand te oorwin (Op 12:11).


VAN LINKS NA REGS: Thomas, René, Lian, Johann en Cohan

Vorige oorsaak weer eens bevestig
Vir dié wat nie die bogenoemde getuienis al gelees het nie: Ek is in 2015 as 23-jarige met MS gediagnoseer. Byna vyf jaar later het ons die oorsaak van die MS ontdek. Dit was toe al die tyd ’n tand wat wortelkanaal-behandeling ontvang het (met gevaarlike gepaardgaande toksiese, anaerobiese infeksie). Daardie oorsaak is onlangs weer vir my uitgelig en bevestig toe ek teen my wil nogmaals deur die proses gegaan het.

Ek ignoreer my sensitiewe tande
Die Here het vir my en my man, Johann, gelei om te verhuis. So tussen my man se bedanking, die meubels verkoop, huis oppak en almal groet, het ek my sensitiewe tande geïgnoreer.

’n Afspraak
Ongelukkig vang dit my toe een oggend, toe ek skielik ’n pyn ervaar wat ek nie kon hanteer nie. Ek het dadelik die tandarts se spreekkamer gekontak en was verlig om ’n afspraak te kry. Die praktyk het my vantevore met ’n mondstuk gehelp en ek was tevrede met my ervaring by hulle.

In die daaropvolgende dae het die Heilige Gees dit op my hart geplaas om my MS-getuienis met die tandarts te gaan deel. Die redes was tweeledig: Ek wou my getuienis deel vir die saad om geplant te word, indien Vader iets daardeur wou laat groei. Maar ek wou dit ook doen omdat ek die erns van my vorige ervaring met ’n wortelkanaalbehandeling duidelik wou oordra.

Wortelkanaal of ekstraksie
Die dag het aangebreek en nadat ek kortliks my getuienis gedeel het, het die tandarts ondersoek ingestel. Hy het my ingelig dat ek ’n wortelkanaalbehandeling sal moet kry of die tand laat trek. Om die tand te laat trek, was egter nie ’n opsie nie. Deels omdat dit sonder noodsaaklike voorbereiding sou wees en ook omdat ons kort daarna na die ander punt van Suid-Afrika sou verhuis met drie woelige kindertjies aan boord.

Alternatiewe opsie
Die tandarts het daarna vir my ’n alternatiewe opsie gegee: om die abses skoon te maak en die tand met ’n tydelike stopsel te bedek. Dit het vir my aanvaarbaar geklink en ek het ingestem. Die volgende week het ek ’n verwysingsbrief ontvang om aan my nuwe tandarts te oorhandig, maar toe ek dit lees, het ek yskoud geword. In die brief staan: “Nood WKB” wat ek net as “wortelkanaalbehandeling” kon interpreteer. In paniek het ek na die Vader toe gedraai, want my liggaam onthou al te goed hoe 2019, my ergste jaar van MS, gevoel het.

Ou simptome keer terug
Die Heilige Gees kom fluister kalmte in my binneste en ek kies om te vertrou. “Dalk is dit die naaste beskrywing aan die prosedure,” het ek gedink. Binne ’n kwessie van ’n paar dae begin ek senuwee-simptome ervaar. My vlerkies brand asof iemand strykysters teen hulle druk. My bene is sonder gevoel en ongehoorsaam aan my brein se opdragte om te beweeg. As iemand aan my raak of vat, besef ek dit eers wanneer ek dit sien. Ek voel deurmekaar en vyf minute nadat ek en my man oor ’n saak gesels het, kan ek eenvoudig net nie herroep waaroor dit gegaan het nie. Ek besef: Hierdie simptome lyk soos dié wat ek in 2019 ervaar het.

Ekstraksie en osoonbehandeling
Ná ons verhuising word ons na ’n uitstekende tandarts gelei wat bereid is om met die regte prosedure te help. Sonder dat ek die situasie vooraf met hom deel, bevestig hy: Dit is verseker ’n wortelkanaal wat gedoen is. Ongeveer ses weke se skade het plaasgevind voordat ek die tand kon laat verwyder en die kakebeen met osoon laat skoonmaak. Ses weke van toksiese, anaerobiese infeksie in my liggaam wat nie deur my immuniteitstelsel bereik kon word nie (want daar is geen bloedvate in die dooie, wortelkanaalbehandelde tand nie).

Vergewe herhaaldelik
In hierdie tyd het Jesus se woorde in my hart weerklink. Hoeveel keer moet ek vergewe? Sewentig maal sewe (Matt 18:22). Ek kan nie veilig bestuur nie. Vergewe. Daardie laaste drie trappe is te veel vir my. Vergewe. Ek bewe die hele tyd! Vergewe. Ek is 30, maar moet keuses maak asof ek 90 is. Vergewe. Ek het nie krag nie. Geen inspirasie, aptyt, vreugde of geduld nie. Vergewe. Herhaaldelik.

In die keuse om te vergewe (Matt 6:12) en Sy vergifnis wat oor my wese spoel, vind my siel ’n diepe vrede wat alle verstand te bowe gaan. Ons Prins van vrede is hier en het ons nie verlaat nie. Hy is die een wat vir ons veg en in daardie wete kan ons rus.

Stelselmatige verbetering
My simptome het stelselmatig verdwyn ná die wortelkanaalbehandelde tand korrek verwyder is en die kaak met osoon skoongemaak is. Dit het ongeveer drie maande geneem vir die ergste simptome om te herstel. My geheue, energie en fokus het egter sommer binne ’n week ná die skoonmaak, verbeter.


‘Om GESOND te leef is nou makliker as ooit. Koop al jou gesondheidsprodukte AANLYN by Go Natural!’
021 852 2744
info@gonatural.co.za
www.gonatural.co.za

Kry jou eie HANDBOEK vir ’n LEWE sonder ‘DIS-EASE’


19 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org