Deur: dr. Francois Carr

Jesus van Nasaret is ongetwyfeld een van dié betekenisvolste figure in die geskiedenis, ’n man met onmeetbare invloed in die wêreld. Waarskynlik het niemand in die geskiedenis mense meer gefassineer en geïnspireer, maar tog ook kwater gemaak as Jesus Christus nie. Wie was Hy en hoe het Sy invloed toegeneem?

Hy is gebore in ’n gewone Joodse gesin, in ’n klein Midde-Oosterse staat wat onder wrede militêre besetting was. Hy het Sy eerste dertig jaar ’n gewone lewe gevoer, net soos ons – gewerk, geëet, gelag en geslaap. Jesus was ook ’n getroue Joodse seun wat God aanbid het. Toe, op die vasgestelde tyd, het Hy uit die “agtergrond” getree en in die openbaar verklaar dat God se Koninkryk aangebreek het. Hy het mense geroep om ’n radikaal nuwe lewenswyse aan te neem.

Geroep en toegerus
Jesus het drie jaar lank lig en leiding in Sy dissipels se lewens uitgestort, waarna Hy hulle opdrag gegee het om na die hele wêreld uit te reik tot eer van Sy Koninkryk. Jesus het hulle toegerus met al die geestelike gawes wat hulle vir die taak sou nodig hê.

Wat het die dissipels vermag?
• Binne twee jaar het die dissipels die hele Jerusalem met God se onderrig bereik (Hand 5:28).
• Binne vier jaar het die kerke in die hele Judea, Samaria en Galilea vermeerder en gegroei (Hand 9:31).
• Deur die krag van Sy Gees en gehoorsaamheid aan Sy Woord, het hulle die wêreld binne 19 jaar op sy kop gedraai (Hand 17:6).
• Binne slegs 20 jaar het Jesus se volgelinge Sy boodskap na elke groot stad van die Romeinse Ryk, sowel as Afrika en Indië gebring.
• Binne 30 jaar het die Evangelie in die hele wêreld bly groei en vrug dra (Kol 1:6).
• Teen 30 n.C. het Christene ongeveer 10% van die Romeinse Ryk se bevolking uitgemaak – dit sou ongeveer vyf tot nege miljoen Jesus-volgelinge wees.
• Alle hoofstroom-Christen-denominasies in ag genome, is Jesus se getal volgelinge in die wêreld tans meer as twee miljard.

Waar het dit alles begin?
Jesus se bediening het met Sy deelname aan die groeiende herlewing van Johannes die Doper begin. Johannes was gewild en groot skares het na hom kom luister. Hy het mense aangetrek en geestelike leiers kwaad gemaak met sy radikale boodskap van bekering. Hy het Jesus in die Jordaan-rivier gedoop en Hom as die “Lam van God” bekendgestel (Joh 1:19-26). Jesus sou Johannes se bediening, dissipels en skares onmiddellik kon oorneem. Hy het egter van ’n atmosfeer van herlewing weggestap en is deur die Gees die woestyn in gelei (Luk 4:1). Hy het nie die aanhang van die massas begeer nie. Hy wou net doen wat in Sy Vader se hart was.

’n Nuwe manier van lewe en dien
In daardie tyd is Johannes tronk toe. Die skares was leierloos en die beweging het gevaar geloop om uitmekaar te spat. Toe Jesus hoor Sy neef is in die tronk (Matt 4:12-19) het Sy manier van lewe en dien verander.
• Hy het Sy basis van Nasaret na Kapernaum verskuif.
• Hy het oor bekering begin preek.
• Hy het die leierskaprol oorgeneem.
• Hy het begin om Sy aandag en tyd aan ’n paar mans te gee deur wie Hy die wêreld kon bereik.
• Hy het van dorp tot dorp begin reis.

Wonderwerke het plaasgevind. Jesus se gewildheid en skares het toegeneem. Dissipels is gemaak. Leiers is opgelei. As gevolg van die verandering het die boodskap, bediening en bewe-ging gegroei.

Wat van ons?
Waarom ervaar ons nie meer van God in ons lewens en Sy werking deur ons lewens en kerke nie? Die Kerk sukkel en ons het met enorme uitdagings te kampe. Jaarliks sluit 4 000 gemeentes hulle deure. Ongeveer 2,7 miljoen lidmate verval elke jaar in onaktiwiteit en onbetrokkenheid. Die goddeloosheid en duisternis van die wêreld wat die Kerk omring, is nie faktore wat die toestand van die Kerk bepaal nie – dit onthul slegs die ware toestand. Die probleem is dat die Kerk sy bestemde doel vergeet het – om God te verheerlik, om mense volgelinge van Jesus te maak, op te lei en toe te rus sodat hulle dit op hulle beurt ook kan doen en vir hulle gemeenskappe tot seën wees.

Vergete Jesus-model
Jesus het ’n eenvoudige strategie en metode gevolg. Hy het Sy tyd en energie in die twaalf dissipels belê en daardeur Sy wêreld verander. Dit het begin met intieme gesprekke wat hulle verander het. Billy Graham is per geleentheid gevra: “What would you do differently if you were starting your ministry again?” Sy antwoord is insiggewend:
“I think one of the first things I would do, would be to get a small group of eight, or ten around me that would meet a few hours a week and pay the price. It would cost them something in time and effort. I would share with them everything I have learned, over a period of years. Then I would actually have twelve ministers who would in turn take eight or ten or twelve more and teach them. I know one or two churches that are doing that, and it is revolutionizing the church. Christ, I think, set the pattern. He spent most of his time with twelve men. He didn’t spend it with a great crowd. In fact, every time he had a great crowd it seems to me that there weren’t too many results. The great results, it seems to me, came in his personal interview and in the time he spent with the twelve.”

Wanneer gaan jy begin?
Jesus se model is vandag nog dieselfde. Dit het by Sy dissipels begin en nou is hulle opdrag ook ons opdrag (Matt 28:18-20). Kan hedendaagse kerkleiers gewone mense bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik? Ja, mits ons Sy uitnodiging aanvaar en ons manier van lewe en dien verander. Dit het nie net húlle lewens verander nie, maar het ook ’n blywende uitwerking op die wêreld gehad. Die tyd het aangebreek om terug te keer na die vergete Jesus-model. Dit is tyd om die volgelinge van Jesus te wees en te word soos die bedoeling was. Dit is tyd vir ’n “kopskuif”. Wanneer gaan jy begin?


12 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org