Deur Geopende Deure SA

In Irak het die moedige Christen-gemeenskap deur die jare heen al baie swaargekry en weens vervolging deur ekstremistiese vegters van die Islamitiese Staat (IS) ernstige trauma ervaar. Baie Christene het hulle huise verloor en is deur hul gesinne, families en die gemeenskap verwerp – alles omdat hulle Jesus liefhet.

Ontvoer vir hul geloof
Verhale oor ontvoerings van Christene in Irak word dikwels uit vernedering en vrees verswyg. Een so ’n verhaal is dié van Sana, ’n Christenvrou uit die stad Qaraqosh. Haar man en twee seuns is sewe jaar gelede ontvoer en sy het hulle nooit weer gesien nie.

Om in die loop van ’n geweer vas te kyk …
Toe Islamitiese ekstremiste Qaraqosh aanval, het hulle die Christen-mans en –vroue geskei. Sana en die ander Christen-vroue is in ’n bus na Ankawa, die Christelike woonbuurt van Erbil, geneem. Die mans en seuns is na ’n onbekende bestemming geneem. Die vroue het sedertdien nog nie uitgevind wat met die mans gebeur het nie.

Sana het een van die IS-leiers gesmeek om haar man, Sabah, en hulle twee seuns, Tony en Issa, toe te laat om saam met haar en haar dogter te gaan. Die enigste antwoord wat sy gekry het, was die loop van ’n geweer teen haar voorkop en die woorde: “Hou jou bek of ek skiet jou in die kop.”

‘Ek hou aan God vas’
Dit was die laaste keer dat Sana haar man en twee seuns gesien het. Sy het steeds geen idee wat met hulle gebeur het nie en vrees dat hulle vermoor is, maar sy het nie hoop laat vaar nie. “Miskien weet iemand waar my vermiste man en seuns is. Hoewel hulle reeds sewe jaar lank vermis is, hoop ek steeds dat hulle sal terugkeer,” sê sy.

“Ek hou aan God vas om my man en seuns te vind. My geloof in die almagtige God is so groot. En ek hou aan bid dat hulle sal terugkeer. Hulle is al wat ek het – as dit God se wil is, sal hulle terugkeer.”

Om alleen te lewe as ’n vrou
Sedert die ontvoering is die lewe uiters moeilik vir Sana en haar dogter, Tania. Hulle moet hul trauma en verlies verwerk, asook die stigma van hulle situasie. In ’n Midde-Oosterse land soos Irak is dit moeilik vir vroue om alleen te lewe en is hulle dikwels onveilig.

Onvertelde verhale
Vader Ammar, die leier van ’n plaaslike kerk en Sentrum van Hoop, sê mense buite Irak weet nie dat IS baie Christene gevange geneem het nie. “Verhale soos Sana se getuienis is maar net die puntjie van die ysberg, aangesien baie soortgelyke traumatiese voorvalle nog nie ontbloot is nie. Slagoffers van sulke voorvalle het die volle ondersteuning van die Kerk nodig, aangesien dit tyd neem vir mense om te genees van die trauma van die vervolging, oorlog en verwoesting,” sê vader Ammar. “Hulle het iemand nodig om naby hulle te wees, iemand om te hoor wat hulle behoeftes is en hulle te help om weer hoop vir die toekoms te vind. Geopende Deure se Sentrums van Hoop help hulle om nie moed te verloor nie.”

Kerke bied hoop
Met die ondersteuning van Geopende Deure se plaaslike vennote, het ongeveer 65% van die kerke in Irak (125 gemeentes) Sentrums van Hoop geword. Ons wil elke kerk in Irak in ’n Sentrum van Hoop omskep wat plaaslike Christene bystaan en hoop gee met projekte soos dissipelskapgroepe, traumasorgopleiding, inkomste-genererende inisiatiewe, regsbystand en emosionele ondersteuning.
Jy kan vandag vir Christene in die Midde-Ooste hoop gee deur deel te word van die visie om meer Sentrums van Hoop te skep – gebruik asseblief die bankbesonderhede hieronder.


Geopende Deure – Open Doors NPC | Nedbank | Takkode: 198765
Rek.nr.: 113 750 4552 (Besigheid) | Verwysingsnommer: JA2110

Geopende Deure – Open Doors NPC | Absa | Takkode: 632005
Rek.nr.: 160 340 568 (Lopende) | Verwysingsnommer: JA2110


30 Oktober

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org