Deur: Stephan Joubert

Michael Murphy was ’n Amerikaanse Navy Seal. Hy het op 28 Junie 2005 sy lewe opgeoffer om ’n medesoldaat, Marcus Luttrell, se lewe te red toe hulle deur 40 Taliban-soldate in Afghanistan vasgekeer is. Hy is op 13 Julie in Amerika in die Calverton National Cemetry begrawe. Terwyl sy ma, Maureen, teruggestap het na haar motor, het ’n teksboodskap skielik op haar selfoon verskyn. Dit was ’n boodskap van Michael af!

Hy het dit vier maande tevore gestuur toe hy in Hawaii aangekom het onderweg na Afghanistan, maar dit het toe eers op haar selfoon deurgekom. Dit het gelui: “Momma, don’t worry. I’m home safe and sound.” Maureen was oorstelp. Te midde van al haar trane by die begrafnis het sy geweet haar seun is nou regtig tuis!

In die dal van doodskaduwee klink die Evangelie op sy helderste
Soms weerklink die Evangelie op die helderste wanneer die dood se skaduwee rondom ons val. Dit het ons self ook onlangs beleef. My liewe skoonma is in Januarie 2021 met terminale pankreaskanker gediagnoseer. ’n Professor by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se mediese fakulteit het vir ons gesê haar tyd op aarde is kort. Ander medici het vir ons gesê dit is net ’n kwessie van weke. Toe, deur ons Heer se genade en met behulp van die behandeling van ’n mediese vriend wat alternatiewe chemoterapie toepas, het sy wonderbaarlik herstel. Teen die middel van 2021 het die dokter ons ná ’n PET-skandering laat weet dat ouma skoon is.

Jubelende vreugde
Ons het gejubel. Ons het die Here geëer. Om op ouderdom 85 vanaf ’n sterfbed na ’n normale lewe terug te keer, is niks anders as ’n wonderwerk nie. Daarna het ons saam besluit dat ek net een keer op Facebook sou vertel van ouma se genesing. Ons wou dit nie laat ontaard in ’n oordadige gepratery wat die eer van God af kon verskuif nie. Ouma het gesê sy is darem al 85 jaar oud en elke ekstra stukkie lewe is net ’n bonus. Saam-saam is ons toe met vreugde deur die res van 2021. Ouma was weer springlewendig. Sy het gekuier, gelag, gesels, gehekel dat dit klap en al haar kleinkinders geniet. Maar toe keer daardie goor siekte in 2022 terug.

’n Gesprek oor ’n erfporsie
Stukkie vir stukkie moes ons weer in Maart en April afskeid neem. Dit was swaar, soos wat elkeen sal weet wat reeds al ’n geliefde stadig (of vinnig) moes groet. Maar dit was ook spesiale oomblikke saam met ouma in die Here se teenwoordigheid. Juis een middag, toe ek alleen met haar gekuier het, sê ek vir haar dit is nou tyd om te praat oor my erfporsie. Te midde van al die pyn wat sy ervaar het, het sy lekker gelag. Sy het geweet daar is ’n vangplek. “Vra maar wat jy wil hê,” speel sy saam.
“Ek soek die grootste erfporsie van almal,” vra ek. “Ek wil graag vir ouma begrawe.” Sy het dadelik ingestem.

’n Spesiale begrafnispreek
Ek is nie ’n voltydse leraar nie en hou dus nie normaalweg begrafnisse nie, maar sedert COVID moes ek reeds vyf van my naby vriende begrawe. Dit was baie persoonlik en uiters seer. Ek het geweet dit sal dieselfde wees as ek my liewe skoonmoeder moet begrawe. In elk geval, die volgende middag was ek weer ’n uur lank alleen by haar. Toe sê ek vir haar dat ek graag daardie middag mý erfporsie met haar wil deel – ek wil die begrafnispreek daar vir haar hou. Teen die tyd dat die res dit gaan hoor, sal sy reeds veilig by die Heer wees. Toe preek ek vir ouma. Net ons twee saam daar in die kamer. Dit was heilige oomblikke. Uit 2 Timoteus 4:6-8 het ek vir haar vertel van Paulus wat enduit gelowig volhard het. Ook het ek haar gunstelingvers met haar gedeel. Dit is Filippense 1:21. Sy het dit oor en oor opgesê, ook in die paar dae hierna: “Christus is my lewe, en die dood is ’n wins.” Toe huil ons saam. Sy het my hand styf vasgedruk en gesê Christus wag vir haar.

Oorwinning!
Nou is ouma reeds veilig tuis. Kort voor Goeie Vrydag het sy die stryd verloor – nee wag, sy het gewen! Sy is veilig tuis, net soos Michael Murphy.

Mag jy ook weet dat daar ’n goeie tuiskoms op jou wag by die Here.

Foto: VLNR: Marietjie en Stephan Joubert, Pierre en Tarien Engelbrecht (dogter en skoonseun) en kosbare ouma Rina Erasmus

PROF. STEPHAN JOUBERT is die stigter van ekerk en hoogleraar in teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, die Noordwes-Universiteit en die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland. Besoek ekerk.org of e-pos info@ekerk.org


8 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org