Saamgestel deur: Lulu Steenkamp

My naam is Joos Engelbrecht. Ek is 67 jaar oud en woon naby Hartbeespoort in Noordwes. Hierdie is die verhaal van my tweede kans.

Jonk en rebels
Dis 1971 en ek, 17 jaar oud, is ’n totale rebel. Geen raad of daad van my ouers is belangrik nie – ek weet alles! Ek kan die wêreld om my maak en breek soos ek wíl … of so het ek gedink. Nooit het ek besef dat ek eintlik net ’n misrabele sondaar is nie!

Binne sekondes loop dinge lelik skeef
Ons het op ’n kleinhoewe gewoon. Op die betrokke dag vra my pa my om ’n landjie wat hy reeds omgeploeg het, weer oor te gaan. Ek en die handlanger moes nog net so 20 meter doen, toe ek omkyk en sien hoe die ploeg se ketting skielik styftrek. Die trekker, ’n 1 ton Massey Ferguson, klim in die lug op, slaan agteroor en val bo op my.

Vasgepen onder ’n trekker
Daar lê ek, vasgepen onder ’n hoop metaal. Ek kan nie roer nie. Ek voel hoe water, of was dit bloed, by my ore en mond uitloop. Tot vandag toe weet ek nie wat dit was nie. Ek is by my volle positiewe en ek voel geen pyn nie! My pa probeer koorsagtig om my met sy kaal hande onder die masjien uit te grawe. Ek hoor hoe bid hy: “Almagtige Jesus Christus, ek is op my knieë voor U. Ek smeek U, Here, U mag sy lewe neem, maar red asseblief my geliefde seun se siel!” Die gebed van my pa sal ek nooit vergeet nie.

’n Reusehand
En toe? Daar gebeur die wonderwerk! Steeds by my volle bewussyn, sien ek ’n helder lig rondom die ongelukstoneel straal. ’n Reusehand verskyn bokant my en reik na my toe uit. Goue strale vanuit die hand val oor my en bedek die hele ongelukstoneel. ’n Lieflike stem begin met my praat en ek besef dat ek God se stem hoor. Hy sê vir my: “Ek het jou lief. Omdat Ek jou so lief het, wil Ek jou ’n tweede kans gee. Alles hang van jou keuse af. As jy My aanvaar as jou God en jou Verlosser, sal jy gered word. Jy weet dat Ek My hand oor jou hou, as Ek My hand weg-neem, sal jy sterf en vir ewig verlore wees.”

Ek antwoord in my gedagtes, want ek kan fisies nie praat nie. “Dierbare Here Jesus, dankie dat U my ’n tweede kans gee. Van vandag af is U my God en Verlosser. Ek gee my lewe aan U en ek kies om U, Jesus, my hele lewe lank te volg.”

In die Naam van Jesus
Steeds wawyd wakker lê ek onder die trekker, maar steeds is Jesus se hand bokant my. My oom Willie van der Merwe, ’n bouer, is op daardie oomblik besig om op ’n perseel naby aan ons huis te bou. Later vertel hy dat ’n vreemde gewaarwording hom beetgepak het. Hy ervaar dat hy en sy span dadelik na ons toe moet ry. Hy doen so en vind my hulpeloos vasgepen onder die masjien. Die werkers probeer dadelik die trekker oplig, maar dit roer nie eens nie. My oom sê toe: “Ek gaan tot drie tel dan tel ons die trekker in die Naam van Jesus Christus op.” Op drie tel hulle toe die Massey Ferguson soos ’n veertjie op en dra dit ’n entjie weg en ek kruip uit na my oom toe.

Spesialiste staan gereed
Intussen is my pa huis toe. My ma bel solank die nooddienste en ook die hospitaal terwyl my pa sy ou Chevrolet bring in ’n desperate poging om die trekker van my af te stoot. Hy tref my egter aan waar ek langs my oom staan en kan sy oë nie glo nie. Hy jaag met my na die hospitaal waar mediese personeel my reeds inwag. Hulle neem dadelik X-strale en neem my daarna na die teater waar ’n span spesialiste gereed staan om met die noodoperasie te begin.

Die beenspesialis bestudeer die X-strale. Toe draai hy na die verpleegster en sê: “Hoe kan julle op so ’n kritieke tyd iemand anders se X-strale vir my bring? Neem nuwe X-strale en bring dit dadelik terug.” ‘n Tweede stel X-strale word geneem.

’n Wonderwerk het gebeur
Nadat die dokter die nuwe X-strale bestudeer het, vra hy die personeel om nader te staan en sê: “Julle is almal spesialiste in julle onderskeie velde. Hier sien ons vandag ’n wonderwerk. Medies is dit onmoontlik. Ek sê vir julle, vandag beleef ons dat daar ’n lewende God is! Die seun gaan nie vannag in die hospitaal oorbly nie, want daar is niks met hom verkeerd nie. Kyk, daar is nie ’n enkele gebreekte been in sy liggaam nie. Die X-strale is dié van ‘n gesonde persoon. Julle weet self byna alle trekkerongelukke is fataal – organe word beskadig en bene vergruis. Laat ons saam die Here loof en prys! Vandag sien ons daar ís ’n lewende God!”

Stap ongedeerd uit die hospitaal
Ek het toe op my eie uit daardie hospitaal gestap. Die afgelope 50 jaar lank is ek die lewende bewys dat daar ’n lewende, liefdevolle God is. My aardse vader se gebed het my siel gered: Joos, die rebel, het plek gemaak vir ’n nuwe, nederige Joos. Solank as wat Jesus Sy hand oor my gehou het, het Hy die lewe in my stukkende liggaam vasgehou. Ek het ’n tweede kans gekry! Sy genade het my gered uit die ewige hel en ek prys en loof Jesus se almagtige Naam. Sonder Hom is ons vir ewig verlore. Dit is hoekom ons Jesus moet aanneem as ons enigste Saligmaker en Verlosser. Ons moet ons siele vir Jesus gee, ophou sondig en lewe vir Hom dan sal ons die ewige lewe saam met ons Skepper beërwe.


3 Desember 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org