As die pandemie ons iets geleer het, is dit dat die lewe onvoorspelbaar is – en dat jy gereed moet wees en jou godgegewe immuniteitstelsel moet versterk sodat jy enige aanslag op jou gesondheid die hoof kan bied. Dit is belangrik om natuurlike produkte te vind wat jy as jou eerste verdedigingslinie kan gebruik sodra jy enigsins siek voel. Oxygen Products is ontwerp om jou immuniteitstelsel op ’n natuurlike manier te versterk en jou fiks en gesond te hou.

’n Lewensreddende ontmoeting
Nozipho Khumalo is ’n dame wat die doeltreffendheid van Oxygen Products self ervaar het. In 2018 is een van Nozipho se dierbare kollegas by die werk oorlede. Hierdie dood het haar diep geraak en sy moes antidepressante gebruik om haar te help. Die medikasie het Nozi baie siek gemaak en haar gesondheid het ’n knou gekry. Sy is voorgestel aan Hasina Peer, ’n agent van Oxygen Products, wat aanbeveel het dat sy natuurlike alternatiewe probeer. “Hasina het my goeie medisyne vir die stres gegee en ander medikasie om my gesondheid te herstel,” vertel Nozipho. “Destyds het ek te veel gewig verloor as gevolg van my angstoestand, maar die behandeling het baie goed gewerk.” Nozipho was gesonder en gelukkiger en kon haar antidepressante weggooi.

Natuurlike immuniteitversterkers
Nozipho is in April 2020, aan die begin van die wêreldwye COVID-inperking, met longontsteking en hartprobleme in die hospitaal opgeneem. Sy was bang, maar het tot God die Vader uitgeroep om haar te genees. Nozipho was tien dae lank in ’n privaat hospitaal in Pietermaritzburg. Haar geloof is in hierdie tyd versterk. Sy is ontslaan en het ’n bietjie beter voel, maar was nog nie heeltemal op die been nie. Sy het dadelik met Hasina van Oxygen Products in verbinding getree. Nozipho het ’n “COVI-shiel-D-pak” gekry, wat Heart Health, ’n sterk, natuurlike behandeling vir die hart, insluit en ook Mega Oxygen – Suid-Afrika se eerste en enigste suurstof in kapsulevorm – wat die immuniteitstel versterk versterk en ’n belangrike rol speel om die liggaam te help sodat hy homself kan genees en ernstige siektes bekamp. Nozipho vertel hoe beïndruk sy met Oxygen Products-reeks was: “Ek het gesond geword en binne ’n week was ek weer op die been!”

Ook veilig vir kinders!
Hoewel dit ’n fenomenale hulpbron vir volwassenes is om virusse en siektes mee te bestry, laat Nozipho haar negejarige dogtertjie ook die produkte gebruik. “My dogtertjie het vreemde pyne gehad – ons was nie seker of sy artritis kry of wat anders dit kon wees nie. Ek het haar toe na Hasina geneem om te sien wat fout is. Sy het haar ’n paar tablette en vitamien D-druppels gegee. My dogtertjie was binne drie dae gesond en kon rondhardloop en speel soos al die ander kinders van haar ouderdom.”

Eer aan die Here
Nozipho is nou ’n lewenslange ondersteuner van Oxygen Products en het self die verskeie genesende voordele daarvan ervaar. Sy het hierdie inligting met haar hele familie gedeel en sorg altyd dat daar van die produkte in haar huis is, aangesien ’n mens nooit weet wanneer jy dit dalk gaan nodig hê nie! “Ek is regtig dankbaar dat ek Hasina kon ontmoet en oor Oxygen Products kon leer. Alle eer aan God, die Almagtige.”

’n Gewilde hulpmiddel in Suid-Afrika
Die vraag na Oxygen Products se reeks produkte neem steeds toe, met meer as 480 apteke en verskeie gesondheidswinkels in Suid-Afrika wat ’n gereelde voorraad aanhou. Uitstekende resultate met pasiënte wat met ’n breë spektrum van gesondheidsprobleme gehelp kon word, insluitend die vernaamste siektes wat die mensdom vandag teister, het reeds wydverspreide belangstelling onder dokters, gesondheidspraktisyns, verskeie instansies, openbare sektororganisasies en die algemene publiek gewek. Besoek www.oxygenproducts.org
vir nog wonderlike getuienisse en meer inligting oor hierdie lewensveranderende produk.


Sukkel jy met asma, COPD, hartsiektes of diabetes?

Suurstofterapie is ’n unieke wetenskaplik bewese natuurlike terapie wat ’n omgewing in die liggaam skep waar siekte nie kan floreer nie. Dekades van navorsing het die fundamentele waarheid beklemtoon dat die primêre oorsaak van alle siektes op die een of ander manier verband hou met ’n suurstoftekort. As die menslike liggaam van genoeg suurstof in oorvloed voorsien word, word kankerselle, skadelike bakterieë, gifstowwe, virusse, patogene en mikroörganismes wat siekte veroorsaak, vernietig omdat dit nie kan oorleef in ‘n omgewing waar die suurstofvlakke hoog is nie. Suurstofgebaseerde behandeling stel die liggaam in staat om homself te genees.

Bestel jou produkte aanlyn: www.oxygenproducts.org of skakel 021 557 0446

Ons Produkte:

Mega Oxygen


Mega Oxygen™ is ’n natuurlike sistemiese suurstofdraende produk wat die immuniteit-stelsel versterk deur ’n chemiese proses wat die liggaam help om virus- en bakterie-infeksies te beveg. Navorsing het getoon dat magnesium van kardinale belang is in die ontwikkeling en instandhouding van bene, asook die behoorlike funksionering van die senuwees, spiere en ander liggaamsdele.

Heart Health


Heart Health™ is ’n kragtige natuurlike behandeling vir die hart, are, geheue en meer. Hierdie produk is ’n orale chelasie-produk, gemaak van kalsiumdinitraat EDTA, appelsuur, knoffel en pietersieliepoeier. Sodra dit in die bloedstroom is, sal kalsiumdinitraat EDTA sy kalsiumbinding vinnig verbreek en giftige metale soos lood of kwik verbind.

Super Vitamin


Super Vitamin is ’n multivitamien wat die immuniteitstelsel versterk en konsentrasievermoë verhoog. Hierdie produk is ideaal vir studente wat probeer om voor die finale eksamen ure lank te studeer. Die produk is heeltemal natuurlik en bevat moringa en suurstof.

Water Life


Water Life is ’n essensiële mineraal-en-elektrolietsamestelling wat daarop gemik is om “dooie water” weer lewe te gee. Ons liggame bestaan uit 80-90% water en sonder noodsaaklike minerale is vitamiene nutteloos. Die eienskappe van die water wat ons drink, is net so belangrik soos die voedsel wat ons inneem.


19 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org