Deur: Mario Dietloff

In 2013 het my wêreld in duie gestort. ’n Maand nadat ek geskei is, was my seun, Keaghan, in ’n ernstige motor-ongeluk. Hy het erge skade aan die linkerkant van sy brein opgedoen en sy long het platgeval.

‘Jou seun sal ’n gestremde in ’n rolstoel wees en altyd hulp nodig hê’
Keaghan (toe 16), was 18 dae lank in ’n koma. Hy het stelselmatig begin bykom. Eers was dit net met klein bewekingkies, soos sy hande wat begin roer of sy ooglede wat flikker. Die pad na herstel was ongelooflik moeilik. Hulle het voorspel dat my seun ’n gestremde in ’n rolstoel sou wees en altyd hulp gaan benodig. Maar met God se hulp en ons geloof en vasberadenheid kon ons baie dinge te bowe kom.

Hy was soos ’n baba
Die regterkant van Keaghan se liggaam was aangetas. Hy kon niks vashou nie. Hy moes weer van voor af leer loop, leer praat en eet. Hy was soos ’n baba gewees. Sy sig was ook aangetas – hy het dubbel gesien, want sy regteroog het nie saam met sy linkeroog beweeg nie.

My kind sal anderkant uitkom
Ek het afsprake met terapeute gereël om hom te help rehabiliteer. Die proses was pynlik, maar omdat ek in God glo, het ek my nie bemoei met die hoekoms en waaroms nie. Ek glo dat ons deur die Here tot alles in staat is. Ek het vas geglo dat my kind anderkant sal uitkom.
Mettertyd kon hy dingetjies vir homself begin doen, maar 95% daarvan met die hulp van iemand wat hom bystaan. Gelukkig het ek goeie ondersteuning gehad.

Die pyn van verlore drome
Met terapie kon Keaghan naderhand weer loop, maar hy het dikwels geval omdat sy bene net onder hom meegegee het. Hy kon nie ’n pen vashou nie en hy het steeds dubbel gesien. Hy was baie vergeetagtig en kon nie twee dinge tegelyk doen nie. Dit was frustrerend vir hom, want voor die ongeluk was hy ’n uitblinker. Hy was akademies sterk, veral in wiskunde. Hy was ook ‘n kranige rugbyspeler wat vir sy skool se eerste span gespeel het. Die pyn om jou kind se drome so aan skerwe te sien, is nie iets wat ek enige ander ouer toewens nie.

Wees net geduldig
Keaghan het ondanks al die uitdagings aanhou probeer om dinge self te doen, want hy was vasberade. Ek het hom moed ingepraat, maar ook gemaan om geduldig te wees en hom herinner: “Daar was ’n rede hiervoor en God sal jou uit hierdie situasie vat. Vertrou Hom net, maar wees geduldig.”

Hulp van bo
Vier jaar ná die ongeluk het ek by ’n vriendin van Mega Oxygen-tablette gehoor. Hulle het dit vir haar pa gekoop wat Alzheimer se siekte het en dit het glo baie goeie resultate opgelewer. Ek moes die R200 leen om die tablette vir my seun te koop, want die egskeiding en Keaghan se mediese onkoste en versorging het my finansieel onder groot druk geplaas. Ek het die tablette vir hom gegee in die geloof dat God dit oor ons pad gebring het. Hy kon net twee in die oggend en dan een saam met die ander maaltye drink om die tablette vir die maand te rek. Ons kon nie bekostig om by die voorgeskrewe dosis van drie per maaltyd te hou nie. Nietemin kon ek drie weke nadat Keaghan die Oxygen-tablette begin drink het, agterkom dat sy spraak verbeter het. Hy was voorheen skaam om te praat, want mense kon hom nie verstaan nie. Nou het hy nie meer sy tong gesleep nie en sy spraak was duidelik. Hy kon ook beter loop en sy skryfwerk het groot verbetering getoon. Sy motoriese vermoëns het beslis verbetering getoon. Ek het trane van vreugde gehuil, die medikasie het regtig gewerk!

’n Groot deurbraak
Kort daarna het Keaghan my gevra of ek hom by die klub sal gaan aflaai waar sy vriende is. Ek was verbaas, voorheen wou hy glad nie uitgaan nie omdat hy selfbewus was oor sy oë. Ek sal daardie dag nooit vergeet nie. Vir hom om weer saam met ander jongmense te gesels en kuier, was ’n keerpunt.

Die neuroloog kon nie glo wat hy sien nie. Vroeër het hy gesê Keaghan sou nooit normaal wees nie en nou kon Keaghan self loop en rustig en verstaanbaar met hom praat. Met geloof en God se hulp het ’n wonderwerk gebeur.

Nog ’n mylpaal
Ek moet ook noem dat Keaghan ’n baie positiewe persoon is. Ek het altyd vir hom gesê: “Jy moet jou deel volgens die beste van jou vermoë doen en God sal die res doen.” Keaghan het eendag aangekondig dat hy sy matriek wil klaarmaak. (Hy moes nog net sy wiskunde weer skryf). Hy het ’n maand gehad om voor te berei, maar daardie Desember het hy suiwer wiskunde geskryf en dit geslaag! Daarna het hy sy bestuurderslisensie gekry en bestuur vandag sy eie motor! Dit spreek boekdele van sy toewyding en deursettingsvermoe. Ek is so trots op hom!

Dit sou ontmoontlik wees sonder Oxygen Products
Sy volgende droom was om ’n bemarkingsbestuurder te word. Ek het hom by die Boland Kollege in die Paarl ingeskryf en hy het met vlieënde vaandels geslaag en sy N6-sertifikaat verwerf en is op pad na sy diploma. Hy het vir ’n onderhoud vir ’n internskap by Mega Oxygen gegaan. Ek dank Venetia Kruger, die stigter en hoof- uitvoerende beampte van Oxygen Products. Sy het nie net vir Keaghan ‘n lewenslange borgskap van Oxygen-produkte gegee nie, maar ook die geleentheid om sy droom te bewaarheid. Hy het onlangs sy internskap in bemarkingsbestuur by Oxygen Products begin.

Ek dank die Here dat Hy Venetia en Oxygen Products op ons pad geplaas het. Keaghan gebruik die produk elke dag en daar is ’n merkbare verskil wanneer hy dit nie doen nie. Sonder daardie tablette sou hy nie gewees het waar hy nou is nie. Daar is nie een dag wat Keaghan terugkyk nie. As jy geloof en vertroue in God het terwyl jyself positief is, kan niks jou stop om die persoon te wees wat jy wil wees nie.


9 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)