Deur: Julita Kok

Soos julle weet, het hierdie reis gegaan oor wie ek langs die pad ontmoet. En ek het wonderlike mense ontmoet. Die ding wat my die meeste opgeval het, is hoe verskillend al die kulture is en hoe Jesus hulle almal gebruik. Ek is van mening dat ons onbewustelik dink God gebruik net mense wat soos ons lyk, optree en dink. Maar wanneer jy so reis, sien jy vir wie God gebruik en hoe anders Hy elkeen gebruik.

Ontmoetings in Zanzibar
Ek het van Tanzanië na Zanzibar vertrek waar my twee dogters ’n week lank by my aangesluit het. Ons het baie interessante mense ontmoet: Van ’n Christen-koffiewinkeleienaar (in ’n 95% Moslem-gemeenskap waar Christene almal in die geheim hul geloof beoefen) tot ’n Hindoe-egpaar op wittebrood wat saam met my gebid het. Natuurlik het ek my God-stories met hulle gedeel. Hulle kon nie genoeg daarvan kry nie en ons het baie gesprekke oor godsdiens en geloof gehad. Ek het ook baie tyd saam met ons Moslem-toergids deurgebring. Ek het hom baie vrae oor Islam gevra en kon my geloof ook met hom deel. Hy het ons spesiaal op die lughawe kom afsien en vir ons elkeen ’n geskenk met ons name daarop gebring. Hy het kom groet omdat hy geliefd gevoel het en ons werklik kontak gemaak het. Hoe gaan hulle tot bekering kom as hulle nie vir Jesus in ons sien nie? Wees asseblief lief vir dié om jou wat nie soos jy is nie en selfs van ’n ander godsdiens is, want wie sal vir hulle Jesus wees as ons dit nie doen nie?

Nuwe reisplanne
Vir die laaste been van my reis moes ek die “moeilike” lande oorsteek – waar sommige onrus of selfs oorloë beleef. Ek wou Uganda, Rwanda en Burundi en ook Ethiopië en Soedan besoek. Twee dae voor my vertrek na Ethiopië, het die kerk daar laat weet dat dit onveilig sal wees om per voertuig te reis. Ek het die Here gevra: “Moet ek Ethiopië en Soedan binnery?” Die antwoord was ’n duidelike “nee”. Ek is gelei om van Egipte na Israel te vlieg.

Egipte (Kaïro)
Ek het na Ethiopië gevlieg vir ’n aansluitvlug na Kaïro. Egipte (Kaïro) het die grootste indruk op my gemaak; 25 miljoen mense in een stad! En dan die piramides en die ou beskawings! Ek het so baie geleer van die mens se verlange na sy skepper. Alles wat die Egiptenare gedoen het, was om ’n wonderlike hiernamaals te verseker; hulle het uiterste moeite gedoen om te verseker dat die siel die regte liggaam sou vind. Ek is so dankbaar vir ons kennis oor Jesus en dat ons eendag ’n opgestane liggaam sal hê.

Israel – die heilige land
Vandaar het ek na Tel Aviv gevlieg en ’n taxi na Jerusalem geneem. Ek het God gevra om my voetstappe te rig. Een oggend lei Hy my om rondom die Ou Stad te stap. Toe ek oor die Oospoort uitkyk, moes ek ’n verklaring oor Afrika aflê. Ek het gedink dit is dit. Net voor my vertrek, het Hy my na Succat Hallel laat gaan, die 24/7-gebedskamer. Terwyl ek daar gebid het, het God vir my Sy woorde oor Afrika laat verklaar. Die woord sal uit Jerusalem gaan, sê die Bybel. Op daardie oomblik het ek geweet
– dit is waarvoor ek gekom het.

Ek keer huiswaarts
En nou is ek op pad terug Kaap toe. My dogter het vir ’n maand by my aangesluit. Ek het haar in Dar es Salaam opgelaai en terug deur Tanzanië, Malawi en Zambië gereis. En dan terug deur Botswana, Namibië na Kaapstad.

Daag net op en wees beskikbaar
Baie mense vra my of ek ooit bedreig gevoel het op hierdie reis. Nie een keer nie. Trouens, ek is met respek behandel en die plaaslike inwoners het geëerd gevoel dat iemand hulle wil besoek. Dit bring trane na my oë. Waar sou Jesus in ons tyd wees? Hy sou tussen die mense in die markplek wees; daar waar die alledaagse lewe gebeur. Ek leer by God hoe Hý mense sien en daarom wens ek soms dat ek my lewe oor kan begin.
In God is daar daagliks geleenthede in jou lewe as jy net mooi luister en waarneem. Jy sal altyd daardie één vind met wie God ’n afspraak het. Jy moet net opdaag en beskikbaar wees. Hy sal jou gebruik.

JULITA KOK is die uitvoerende hoof van NueLight. Kontak haar by julita@nuelight.co.za


23 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org