Deur: Pastoor Rudi Briel

Voortslepende krisisse lei soms tot stelselmatige uitputting. Dit is dikwels die produktiefste mense en leiers wat ten tyde van krisisse die swaarste deur uitputting getref word.

VYF TEKENS VAN UITPUTTING
1. SWAARMOEDIGHEID: Christene voel soms skuldig oor die aanwesigheid van hierdie donker emosie, maar onthou dat groot profete van God ook soms swaarmoedigheid beleef het en dat God se liefde en trou nie daardeur ingeperk is nie.
2. APATIE: Uitputting wek dikwels apatie teen leed, net omdat jy te moeg en kragteloos is om verdere verantwoordelikheid daarvoor te neem. Dit is asof jy nie meer omgee wat kan gebeur nie. Apatie kan ook ’n geestelike vorm van geloofsverbrokkeling aanneem – wat ’n normale sowel as tydelike gevolg van uitputting is.
3. EENSAAMHEID: Leiers is huiwerig om enige persoonlike insinking te openbaar en vereensaam dan maklik in ’n geheime wêreld van isolasie en selfkastyding.
4. MINDERWAARDIGHEID: Die leier wat op die laagtepunt van uitputting is, begin met gevoelens van minderwaardigheid worstel. Besef net dat uitputting nie ’n swakheid is nie, maar ’n natuurlike reaksie op langdurige druk en stres.
5.MISLUKKING: Uitputting laat jou van alle vorige suksesse vergeet en fokus jou denke op jou slegte ervaring van persoonlike insinking, wat jou soos ’n mislukking laat voel.

KOM UITPUTTING TE BOWE:
RUS: Vir herstel het jou liggaam en siel genoegsame rus nodig.
RAAK STIL: Ons ontmoet God in stilwees. Nuwe aanrakings en nuwe perspektiewe word in hierdie wonderlike ruimte gebore.
DELEGEER: Deel jou verantwoordelikhede en vertrou ander daarmee.
LEWE: Jy mag ook lewe. Gee weer aandag aan ’n vervullende leefstyl waarin jy ook jou eie geluk en welsyn bevorder.

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom gerus by admin@agscenturion.co.za


9 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)