Deur: pastoor Rudi Briel

“’n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ’n wens wat uitkom, is ’n lewensboom” – Spreuke 13:12.

Hoop is soos suurstof vir die siel. Dit vul jou met lewenskrag en visie. Wanneer hoop egter uitgestel word en wense nie vervul word nie, kwyn die siel. Ons hoop egter soms vir dinge wat nie binne die raamwerk van God se wil is nie. Daarom is dit belangrik om te probeer uitvind of jou wense met God se wil ooreenstem. God mag egter steeds – met rede – uitgestelde hoop toelaat:

1 PADBLOKKADES
Padblokkades stel jou hoop dat jy betyds by jou bestemming sal uitkom, uit. Dit mag jou egter dalk net beskerm teen die gevaar wat om die volgende draai wag. By padblokkades mag jy dalk ook herlei word op ’n ander pad en nuwe rigting. Vir jou mag dit na ’n omweg en verdere uitstelling van jou hoop lyk, maar ’n belangrike rigtingverandering was dalk nodig.

2 VERSKILLENDE TYDROOSTERS
God se tydrooster verskil dikwels van ons skedule. Hoop word soms uitgestel omdat die tyd nog nie reg is nie. Dawid verklaar in Psalm 31:16 dat sy tye in God se hand is. Hy sal dus die regte ding, op die regte plek, op die regte manier en op die regte tyd – Sý tyd – laat plaasvind.

3 SLAAG DIE TOETSE
Ons lê lewenstoetse af wat ons toerus en bekwaam om die volgende bestemming te bereik of wense te ontvang. Wanneer ons nie slaag nie, word hoop uitgestel. Josef moes byvoorbeeld eers “beproef verklaar” word deur God, alvorens hy sy aanstelling as heerser sou ontvang (Ps 105:17-21). Slaag dus jou toetse, en jou wense sal vervul word.

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom by admin@agscenturion.co.za


30 Julie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org