Deur: Ron Kinnear

Ons eerste indrukke van Lea is dat sy hartseer en verwerping geken het. Haar getroude lewe met Jakob was nie maanskyn en rose nie. Van dag een af was die getroude lewe bitter, want Jakob is deur haar pa bedrieg om met haar te trou in plaas van met Ragel. Vroue het in daardie tyd geen seggenskap oor hulle eie lewens gehad nie.

Nie eens tweede beste nie
Sy het sekerlik die hoop gekoester dat Jakob haar liefde sou gee. Dit het nie gebeur nie. ’n Week ná haar troue het Jakob vir Ragel as vrou geneem al moes hy nog sewe jaar daarvoor vir haar pa werk. Lea was nie eers die tweede beste nie. Sy het nooit iets vir Jakob beteken nie. Moontlik het Jakob sy teleurstelling met Laban nooit verwerk nie en het Lea hom telkens aan sy skoonpa se bedrog herinner.

Die Here het gesien …
Genesis 29:30 sê Jakob het Ragel meer lief gehad as vir Lea. In Genesis 29:31 lees ons: “Toe die Here sien dat Lea die nie-geliefde was …” In die King James-vertaling staan daar: “The Lord saw that Leah was hated.” Juis hier kom die keerpunt! Die Here het gesien … Ongeag van haar omstandighede was die Here met haar.

Feite oor Lea wat ons miskyk
1. Die Here verhef mense wat Hom met ’n teer en opregte hart dien. Lea se naam kan ook vertolk word as “teer hart”. Sy het haar man gedien en haar sewe kinders goed versorg. Haar kinders het ’n groot volk gebou om God se grootste erfenis te ontvang, die ewige lewe deur Jesus Christus.
2. Lea was “eerste” in die oë van die gemeenskap. Hulle het haar gerespekteer as Jakob se eerste vrou. Sy het ’n ereplek gehad.
3. Lea was vergenoegd. Die name van haar kinders vertel die storie van vergenoegdheid. Juda: prys en loof die Here vir die seën uit Sy hand; Simeon: die Here het gehoor; Levi: ’n sterk band; en Reuben: die Here het gesien. Met Issaskar en Sebulon erken Lea die gawes wat sy onvang het.
4. Hoewel sy geen liefde gekry het nie en verwerp is, het sy ’n belangrike rol gespeel. Haar seun Juda word genoem in die geslagsregister van koning Dawid asook in dié van ons Saligmaker en Redder, Jesus Christus.
5. Lea is vereer. Ragel is langs die pad begrawe nadat sy geboorte gegee het aan Benjamin. Lea is langs Abraham, Sarah, Isak en Rebekka begrawe.

Geseënd was Lea
Lea se lewe van eensaamheid in ’n mislukte huwelik was vol van die liefde van die Here. Hy het haar hartseer en droefheid onthou, Hy het haar gehoor en haar “gesien”. Geseënd was Lea. Die Here het haar GESIEN!

Die Here sien ons ook
Lea se verhaal herinner ons dat die Here ons sien. In ons verleentheid, teleurstelling, verlies, hartseer, ensovoorts het ons die berusting dat alles ten goede gaan uitwerk vir hulle wat die Here liefhet en dien (Rom 8:28).


30 November 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org