Deur: Johan Jacobs

N Superkos is ’n voedselbron wat bogemiddelde hoeveelhede voedingstowwe soos minerale, vitamiene, anti-oksidante, proteïene, essensiële olies bevat. Hierdie kosse word as uiters voordelig vir algemene gesondheid en welstand beskou. Dit is bewys dat ons liggame en breine beter funksioneer as dit optimaal met die toepaslike voedingstowwe gevoed word.

Hoekom moet superkos in die dieet ingesluit word?
Soos kinders groei en volwassenes verouder – en as gevolg van blootstelling aan skadelike chemikalië – benodig ons liggame superkosse en hulle voedingstowwe om gesond en vol energie te wees en lank te lewe.

Voordele van superkosse:
• Help kinders om tot hulle volle genetiese potensiaal te ontwikkel.
• Versterk die immuunstelsel.
• Versnel genesing en ontgifting van die liggaam.
• Vertraag veroudering.
• Verhoog lewenskragtigheid.
• Onderhou ’n sterk skelet.

VOORBEELDE VAN TRADISIONELE SUPERKOSSE
Voeg gerus die volgende superkosse by jou dieet:

• Kaas (een van die beste bronne van minerale)
• Beenkragsop
• Kruie en speserye
• Byebrood (heuning en stuifmeel wat versamel is deur die werkerbye)
• Eiers
• Orgaanvleis
• Skulpvis
• Spruitjies
• Pemmikaan, ’n gedroogde vleispoeier gemeng met versadigde dierevette en gedroogde bosbessies (cranberries).
• Biltong en droëwors

SUPERKOSSE VIR MOEDERS
’n Voornemende moeder moet optimaal gevoed word. Dit sal ’n vrugbare eiersel en gesonde fetus verseker en sorg dat haar liggaam die baba vir nege maande lank kan voed en laat groei en dat sy sterk genoeg is vir die geboorte. Ná die geboorte wag daar ’n nog groter verantwoordelikheid op haar om die beste borsmelk vir ten minste 18 maande vir haar groeiende en ontwikkelende kind te produseer.

Borsvoeding
Borsmelk is die heel beste superkos vir ’n baba. Navorsing het bewys dat niks moedersmelk kan vervang nie. Dit is egter ’n proses wat groot hoeveelhede voedingstowwe uit die moeder se liggaam onttrek. As sy nie behoorlik gevoed word met die korrekte keuse van superkosse nie, sal haar liggaam nie genoeg melk produseer nie, sal sy swak word en haar tande ook daaronder ly met ernstige tandbederf, om maar ’n paar probleme te noem.

Superkosse vir ’n ma wat borsvoed
Die volgende is my aanbeveling bo en behalwe Go Natural se tienpunt voedingsprogram, soos in die GO NATURAL-boek:
1. Ten minste drie eiers per dag
2. Een goeie porsie beenkragsop per dag
3. Verkieslik ’n orgaanvleis per dag
4. Een koppie bessies per dag
5. ’n Groot porsie van die 3-in-1-anti-
verouderingshappie saans (sien boek vir die resep)

Eet daagliks superkosse
Ek beveel ’n kombinasie van die tradisionele superkosse, tesame met die bekende veganistiese superkosse, by jou daaglikse dieet aan. Probeer om geen verfynde en voedingstofarme kosse te eet nie. In ons boek bied ons baie resepte aan wat beide tradisionele en veganistiese superkosse insluit. Byvoorbeeld:
1. Orgaanvleis – Pofadderwors (wors met orgaanvleis in)
2. Tradisionele beenkragsop
3. 3-in-1-antiverouderingshappie en vele meer

TIPIESE VEGANISTIESE SUPERKOSSE
Vlas- of lynsaad
Vlassaad word as ’n superkos beskryf, hoofsaaklik omdat dit ryk aan essensiële omega-3- vetsure is, wat goed vir die hart, sentrale senuweestelsel en die vel is.

Kremetartsade
Die vrugte van hierdie boom is buitengewoon ryk aan minerale en anti-oksidante.

Brasiliaanse neute
Hierdie neute is bekend vir hulle hoë konsentrasie selenium as ’n broodnodige super-antioksidant. Eintlik is die meeste neutsoorte ’n superkos. Neute groei gewoonlik aan bome en bome het diep wortels wat die opname van skaars minerale moontlik maak.

Kakao
Kakao is baie ryk aan anti-oksidante. Ek dink nie daar is enige ander saad op aarde wat volgens grootte soveel anti-oksidante bevat nie. Dit is ook ryk aan magnesium, wat onder meer nodig is vir die behoorlike funksionering van spiere en die senuweestelsel.

Caia-sade
Caia-sade kom van Suid-Amerika af. Hulle bevat onder meer omega-3-vetsure, kalsium, vesel en anti-
oksidante. In teenstelling met vlassaad hoef hulle nie gemaal te word om hulle voordele te benut nie.

Kelppoeier
Kelppoeier word van seewier gemaak. Dit is ryk aan noodsaaklike voedingstowwe en is ’n besonder uitstekende bron van jodium, wat belangrik is vir die funksionering van die skildklier.

Goji bessies
Goji-bessies word al eeue lank in China en Tibet gebruik vir hulle medisinale en voedingswaarde. Hulle die bessies is in werklikheid voedselkragstasies. Hulle bevat noodsaaklike vetsure, proteïene, vitamien C, spoorminerale, kalsium, sink en selenium. Trouens, ek dink die meeste bessies het ’n bogemiddelde konsentrasie anti-oksidante – beslis hoër as die meeste kommersiële steenvrugte, of appels en pere.

Die lys van superkosse word al hoe langer namate nog verstommende kossoorte ontdek word wat God vir ons geskep het om te geniet. Meer oor superkosse in ons boek GO NATURAL – Wisdom for Healthy Living.

021 852 2744
info@gonatural.co.za
www.gonatural.co.za


1 September 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org