Deur: Herman de Kock

Selfvertroue is iets waarmee ons almal soms sukkel. Veral so aan die begin van die jaar. Vir kinders, en veral vir tieners, is dit ’n groot en belangrike onderwerp. Geloofstroom se benadering is om hulle uit die Bybel te leer en te demonstreer hoe ’n mens die lewe moet benader.

Dr. John Barnett het ’n kragtige stelling in ’n preek gemaak: “The Bible helps us to not only learn from the past, but to know how to live our lives in the present, with our eyes and hope set on the future.” Hierdie benadering kom ook handig te pas wanneer ons tieners en jongmense uit die Bybel oor selfvertroue leer. In 2021 gaan ons Dawid se lewe as voorbeeld gebruik om te kyk wat ons kan leer oor belangrike onderwerpe soos selfvertroue, groepsdruk, hoe om boelies te hanteer, ensovoorts.

Dawid se selfvertroue in 1 Samuel 17 is verstommend. Eers lees ons dat hy nie eers deur sy eie pa en broers waardig geag word om deur Samuel gesalf te word nie en dan, selfs wanneer hy vorder om Saul se wapendraer te wees, wissel hy dit af om steeds skaapwagter te wees en kos vir sy broers aan te dra na die front waar húlle die manne is wat veg. Gaan lees maar in die Psalms. Jy sal sien dat menige Psalm van Dawid besaai is met mense wat sy ondergang wil bewerk. Ondanks dit alles het Dawid die selfvertroue om Goliat aan te vat en deurgaans ’n dapper vegter en koning te wees.

Waar kry Dawid sy selfvertroue? Psalm 27:4 en 63:2 tot 9 is maar twee van vele wat vir ons die sleutel tot Dawid se selfvertroue gee: Hy soek deurgaans na God en oordink God se Woord gedurig. Dit gee hom nie net selfvertroue nie, maar bou ook sy selfbeeld. Daarom kan hy in Psalm 139:14 kragtig wys hoe sterk sy selfbeeld is.

Herman de Kock is ’n deeltydse vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos
info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae. www.geloofstroom.org


27 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)