Deur: Raymond Lombard

President Wladimir Poetin het sy mes in vir die Weste. Hy haat Westerse demokrasie. Ná die Tweede Wêreld-oorlog het ’n donker wolk van ’n moontlike kernoorlog oor die wêreld gehang en die Koue Oorlog tussen Rusland en Amerika het van 1947 tot 1991 geduur.

In die huidige afwesigheid van die Amerikaanse wilskrag en die ineenstorting van die Midde-Ooste: Wat en wie gaan verhoed dat Rusland weer opstaan? Rusland het die wêreldtoneel aggressief betree. Volgens Esegiël sal dit juis Rusland wees wat ’n wêreldoorlog gaan ontketen soos geen ander nie. Vandag sien ons die tekens en dit werp ’n lang skaduwee oor die toekoms. Het Bybelprofesie iets hieroor te sê?

DIE RUSSIESE AGGRESSIE
Ongeveer 2 600 jaar gelede het die profeet Esegiël voorspel dat Rusland in die laaste dae sy mag op die wêreldtoneel sal afdwing. In Esegiël 38 tot 39 beskryf hy hoe die nasies Israel inval. Dit sluit Rusland en ’n koalisie van tien nasies in.

DIE RUSSIESE ONTWAKING
Behalwe vir die slag van Armageddon, is die oorlog van Gog en Magog die tweede mees prominente eindtydoorlog waaroor in die Bybel geprofeteer is. Die volk wat ons vandag as Rusland ken, is prominent in Esegiël 38. Die naam Ros identifiseer die nasie wat die koalisie in die aanval op Israel sal lei in die laaste dae. Die term “Ros” tref ons drie maal in Esegiël se profesie aan: 38:2,3 en 39:1.
Die profeet Daniël beskryf die leier wat in die laaste dae die aanval teen Israel gaan orkestreer, as “die koning van die Noorde” (Dan 11:5-35).
Esegiël sê die invallende magte sal aankom “uit die uithoeke van die Noorde” (Eseg 38:6), “uit die agterhoeke van die Noorde” (Eseg 38:15).
Daar is net een nasie of volk wat geografies ’n posisie “uit die uithoeke van die Noorde of die agterhoeke van die Noorde” in verhouding tot die volk Israel beklee: dit is Rusland. Sy landmassa strek van die Oossee (Baltic sea) tot die Beringsee.

DIE RUSSIESE ALLIANSIE
’n Nader beskrywing van die lande in Esegiël 38 identifiseer die nasies wat ’n koalisie (alliansie) sal vorm om Israel in die dae van die Groot Verdrukking aan te val.

DIE LEIER VAN DIE ALLIANSIE
Ons lees in Esegiël sy naam is Gog. Al die ander name in die profesie verwys na lande; Gog verwys na ’n persoon. Gog (Antichris) beteken “hoog”, “hoof” of “opperhoof”. Dit is ’n titel soos president of farao. Gog is die leier van die leërmagte wat die land Israel sal binneval. Dit beskrywe die Antichris: onder sy leiding sal Rusland (Ros) saamwerk om Israel aan te val.

Die lande in die alliansie
Wat ons weet oor die bondgenootskap van lande wat die koalisie vorm om Israel aan te val.

  • Magog: (Eseg 38:2). Volgens Genesis 10:2 was Magog die seun van Jafet, Noag se seun. Die meeste geleerdes identifiseer Magog as die plek van die Skithiërs (Scythians), die volk wat in die bergagtige deel tussen die Swart- en Kaspiese See woon. Ons ken dit vandag as die “stan”-lande. Hulle was vroeër deel van die Sowjetunie: Afghanistan, Kazakstan, Kirgistan, Pakistan, Tadjikistan, Turkmenistan en Oezbekistan. Dié nasies het almal iets in gemeen: Islam.
  • Meseg en Tubal (Eseg 38:2). Volgens Genesis 10:2 was Meseg en Tubal die vyfde en sesde seuns van Jafet, een van Noag se drie seuns. Geleerdes identifiseer vandag die area waar die afstammelinge van dié stamme woon as moderne Turkye.
  • Persië (Eseg 38:5). Persië sal volgens die profesie van Esegiël aan die Russiese inval in Israel deelneem. Persië het sy naam in 1935 na Iran verander en in 1979 na die Islamitiese Republiek van Iran. Rusland en Iran is vandag bondgenote en saam sal hulle poog om in die dae van die Groot Verdrukking die volk Israel van die aarde te vee. Iran is besig om homself vandag as ’n groot moondheid te vestig – nie net in die Midde-Ooste nie, maar ook in die Weste.
  • Ethiopië (Eseg 38:5). Die Kussiete, ’n Noord-Afrika-volk, word ook genoem as deel van die alliansie. Ethiopië is gevestig deur Kus, die seun van Gam, Noag se seun (Gen 10:6). Ethiopië is die land suid van Egipte. Vandag is die land Kus geografies die lande Soedan, Eritrea en Ethiopië in Noord-Afrika.
  • Puteërs (Eseg 38:5). Die land Libië in Noord-Afrika is die land van die Put, die seun van Gam, die seun van Noag (Gen 10:6). Die land is wes van Egipte. Saam met Iran, Sirië en Soedan is Libië nog ’n Islamitiese land wat vriende is met Rusland.
  • Gomer (Eseg 38:6). Hy was die eerste seun van Jafet, Noag se seun. Geleerdes sien sy nakomelinge vandag as die nasie Duitsland. Dié land is deel van die Europese EU en speel ’n leidende rol. Die Antichris sal Duitsland in sy arsenaal hê wanneer hy Israel met Rusland en sy bondgenote binneval.
  • Togarma (Eseg 38:6). Togarma was die derde seun van Gomer, die eerste seun van Jafet (Gen 10:3). Die profeet Esegiël identifiseer die land as “in die uithoeke van die Noorde”. Wes-Asië, die volke van Armenië, Bulgarye, Georgië en Azerbeidjan, aangrensend tot Turkye en Anatolië.

ARMAGEDDON
Al hierdie lande sal ’n koalisie vorm onder die leiding van die Antichris en saam in die dae van die Groot Verdrukking teen die volk Israel optrek. Bybelgeleerdes identifiseer Ros as Rusland. God het Israel in die middel van al die lande geplaas: “So sê die Here HERE: Dit is Jerusalem. Ek het dit onder die nasies gestel, en lande is daar rondomheen” – Esegiël 5:5. Die oorlog staan allerweë bekend as Armageddon! Die prent ontvou algaande: Die noordelike magte van Rusland, Turkye, EU-lande (Europa), sowel as Iran, Irak en Sirië uit die ooste; Soedan, Libië, Ethiopië en Eritrea uit die suide sal almal deel vorm van die grootste inval ooit in die land Israel.

DIE OPSTANDING VAN RUSLAND IN ONS MODERNE TYD
Die Oekraïne was die beskermheer van die Krim tot Maart 2014, toe Rusland die suidelike skiereiland van die Oekraïne geannekseer het. Die Oekraïne was van 1721 tot 1917 deel van die Russiese Ryk en vanaf 1922 tot 1991 bekend as die Sowjet- Sosialistiese Republiek van Oekraïne. Pres. Poetin se groot ideaal is om die Oekraïne weer deel van die ou Russiese Ryk te maak; daarom die inval en oorlog met die Oekraïne. Dit is duidelik dat die Russe hulle grondgebied wil uitbrei ten koste van ander lande wat voorheen deel van die Russiese Ryk was. Die Russe het vir Belarus reeds in hulle sak!

Wat ons tans in wêreldgebeure sien, is die aanloop, die voorbereiding vir die versky-ning van die komende Antichris. Die wêreldtoneel word voorberei vir die vervulling van Bybelprofesie. Een ding is gewis: Dit is net ’n kwessie van tyd voordat Rusland en sy bondgenote, in die besonder Turkye en Iran, vir Israel gaan binneval.

KAN ONS IETS DOEN?
Christene behoort te bid vir die Christelike Kerk en die burgers in die Oekraïne asook vir die vlugtelinge, dat hulle ’n nuwe tydelike tuiste in Europa sal vind.

RAYMOND LOMBARD is die pastoor van die Volle Evangelie Kerk Lewende Woord, Parow. Vir meer inligting, bestel sy twee boeke, Openbaring, en Daniël (in Afrikaans en Engels) by: raymondlombardbookstore.com of skakel (021) 939 1898.


24 April 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org