Die jaar 2019, was deur die genade van God en tot Sy verheerliking, ’n asemrowende jaar vol wonders met Abba Vader wat Roaring Truth Ministries van Betlehem na Zambië geneem het!

Ons het gesien hoe die een wonderwerk na die ander getuig van die krag en gesag van die een lewende God terwyl Sy soewereine hand Sy kinders aanraak wat na Hom smag, dié wat in aanbidding na Hom uitroep.

Abba Vader is besig om Sy Bruid te verenig, Hy roep haar tot eensgesindheid en rus haar deur die Heilige Gees toe om standvastig te wees terwyl die uurglas leegloop voordat die Bruidegom terugkom om Sy Bruid te kom haal. Ons, Sy Bruid, kan nie meer bekostig om te sluimer of te slaap nie!

 

Elke Roaring Truth-konferensie is op ’n unieke manier in die hart van die Koning van die konings beplan. Ons wil elkeen bedank wat ’n konferensie bygewoon het of ons op enige manier ondersteun het en ons in staat gestel het om Abba Vader se mandaat vir Roaring Truth te vervul.

Mag die Here elkeen van julle seën. Ons hoop om julle by ons konferensies in 2020 te sien!

Dankie Abba Vader vir elke deur wat in 2019 geopen is, vir elke hart wat verander het, vir elke genesing wat plaasgevind het – die waarvan ons weet, asook dié waarvan ons onbewus is. Dit is met groot afwagting en nederigheid dat ons op U planne vir 2020 wag! Lei ons waarheen U wil hê ons gaan, Abba Vader. Ons het U lief en aanbid U.

Wie is Roaring Truth Ministries?
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – Matteus 28:19-20

Die hart van Roaring Truth Ministries is om die mandaat uit te voer wat hy van Abba Vader ontvang het – om die Bruid van Christus te verenig. Om gelowiges – onder alle nasies wêreldwyd – te onderrig, te mentor en toe te rus om in die ware gesag van God se Woord te wandel. Bybelse mentorskap is die grondslag om geestelike leiers in die Liggaam van Christus op te rig. Die tyd het aangebreek om hande te vat!

Ons bied Roaring Truth-konferensies oral in ons pragtige land Suid-Afrika aan, asook in die buiteland. Prof. Gerrie Bester is aan die stuur van Roaring Truth Ministries. Hy het ’n PhD en is die skrywer van twee boeke – Virtuous Woman en Mighty Man of Valour.

Die hartklop van Roaring Truth is om hande te vat met alle Suid-Afrikaners sodat die waarheid van God se Woord wêreldwyd verkondig kan word.

“Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” – Johannes 14:6

Die tyd het aangebreek vir die Bruid van Christus om te VERENIG! Waarlik te verenig!

Waar kan ek uitvind oor die konferensies?
Besoek gerus ons webtuiste roaringtruthministries.co.za vir enige inligting oor ’n konferensie naby jou.

As jy ons wil uitnooi om ’n konferensie in jou omgewing aan te bied, is al ons kontakbesonderhede op die webtuiste. Ons sal graag van jou wil hoor!

Soos Abba Vader ons lei, bied ons ná sommige van die bekende Mighty Men-konferensies ook opvolgkonferensies vir dissipelskap aan.

Ons konferensies is vir mans en vroue, met die klem om die Bruid van Christus met die WAARHEID toe te rus! Die Bruid van Christus vergaan te lank reeds weens ’n gebrek aan kennis. Dit is tyd om op te staan ​​en ons toe te rus met die enigste swaard in geestelike oorlogvoering – Sy Woord!

Mag die Here jou seën en jou behoed; mag Hy Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees!

Maak gerus met ons kontak!
Besoek ons webtuiste om die preke van prof. Gerrie Bester af te laai of besoek ons aanlynwinkel vir ons Roaring Truth-produkte. www.roaringtruthministries.co.za

As jy enige vrae het, moet asseblief nie huiwer om ons te kontak nie: info@roaringtruth.co.za


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)