Deur: Bob Russell

Daar is redes waarom gebede nie beantwoord word nie, hoewel ek ’n bietjie ongeduldig raak met supergeestelike Christene wat die indruk skep dat hulle ’n dieper begrip van gebed het as die meeste ander mense. Hulle verkondig dat as ander gelowiges maar net God se Woord beter verstaan het – of meer geloof in gebed gehad het – sou God al hulle versoeke beantwoord het. Hulle sal nooit weer aan siekte of armoede ly nie. Dit lyk asof sulke Christene die feit ignoreer dat Jesus arm was en dat Paulus sy hele lewe lank met ’n doring in die vlees gesukkel het. Paulus het God gevra om die doring te verwyder, maar die Here het nie hierdie versoek geantwoord nie.

God is nie ’n kosmiese djin (genie) wat belowe om elke versoek te beantwoord as ons net genoeg in Sy krag glo nie. Daar is beperkings. Iemand het gesê dat God gebed op een van vier maniere verhoor: “Ja”, “Nee”, ”Wag” of “Jy maak seker ’n grap!”

Hier is 7 redes waarom gebede nie beantwoord word nie:

1 Onbelyde sonde
“Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.” – Jesaja 59:1-2

2 ’n Onvergewensgesinde gees
“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.” – Markus 11:25

3 ’n Ongelowige hart
“Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So ’n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.” – Jakobus 1:6-8

4 Onvanpaste motiewe
“As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.” – Jakobus 4:3

5 ’n Vervreemde huweliksverhouding
“Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.” – 1 Petrus 3:7-8

6 ’n Halfhartige poging
“So is hy [Petrus] dan in die tronk bewaak, maar die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid.” – Handelinge 12:5. “Elia was ’n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie.” – Jakobus 5:17

7 Die soewereiniteit van God
“Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek
sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. Dit hang dus nie af van ‘n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.” – Romeine 9:15-16

Vertrou en gehoorsaam
Hierdie beginsels is in my gedagtes as gevolg van die dood van Kristen Sauder. Duisende Christene het gebid dat Kristen van kanker genees moet word. Hulle het nie net gebid nie, hulle het gevas en gebid. Die ouderlinge het haar met olie gesalf en gebid.

Hoewel Kristen ’n paar maande langer geleef het as wat dokters voorspel het, het haar toestand steeds versleg. Sy is op 45-jarige ouderdom oorlede. Oënskynlik onbeantwoorde gebede het baie mense verwar oor die rede waarom God nie altyd bevestigend antwoord nie. Met inagneming van die aantal Godvresende mense wat met intensiteit en suiwer motiewe vir haar genesing gebid het, kan ek net aflei dat dit nie God se wil was nie. Dit maak miskien nie vir ons sin nie, maar God se weë is nie ons weë nie (Jes 55:8).

Ons moet die Here vertrou
Job het God se regverdigheid uitgedaag en gevra waarom soveel aaklige dinge met hom gebeur het as hy ’n regverdige lewe gelei het. God het uiteindelik gereageer deur vir Job te vra waar hy was aan die begin toe alles geskape is en of Job kan verduidelik hoe ’n baba in die moederskoot gevorm word. God het geen duidelike antwoorde gegee nie. Hy het Job net daaraan herinner dat Hy God is en dat Job Hom moet vertrou om dinge uiteindelik uit te laat werk.

Genoeg bewyse
Die Here Jesus het genoegsame bewys gelewer van Sy liefde deur aarde toe te kom, te ly en vir ons
sondes te sterf. Hy het Sy krag bewys deur uit die dood op te staan. Ons het dus goeie rede om te glo dat “God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is”. – Romeine 8:28

Ons verantwoordelikheid is om te vertrou en te wag
God belowe nie dat al ons gebede beantwoord sal word net soos ons hulle gebid het nie. Hy belowe wel dat Hy ons gebede hoor en dat alles op die ou einde reg sal wees. Intussen is dit nie vir ons om te verstaan of om te verduidelik nie, maar om te vertrou en te wag. Dit is ’n les wat elke kerkleier sy kerklidmate behoort te leer.

BOB RUSSELL is ’n pastoor en skrywer. Hy het tientalle leringe geskryf. Besoek www.bobrussell.org


27 November 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org