Deur: Lourieke Haller

Ons sing nou die dag “Our God reigns”. Ek kon nie help om te glimlag terwyl ons dit sing nie. Een van my vriende wat destyds pas tot bekering gekom het, het met die vurige toewyding van ‘n nuwe Christen uit volle bors gesing: “I’ve got brains! I’ve got brains!” In ons familie is daar ’n hele paar voorbeelde van kinders wat die woorde van Psalms en gesange heel verwronge aan die ander kant laat uitkom. Hier is ’n paar van my gunstelinge:

• Hy brei ’n vrugtefees … Hy vergewe hul oortredings en berei ’n vreugdefees. (Loof die Heer al wat lewe – Gesang 62)
• Juig, al wat leef, juig voor die deur … Juig, al wat leef, juig voor die Heer. (Psalm 100)
• Loof Hom met die trommel, loof Hom met die hart, loof Hom met die klinkende sandale … Loof hom met die tromme, loof Hom met die harp, loof Hom met die klinkende simbale.
• Prys die Heer met blye galme, o my siel, daar ruik ek stof … Prys die Heer met blye galme, o my siel daar’s ryke stof.
• Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God. Al is ek ook swak en blind, nogtans noem Hy meisiekind … nogtans noem Hy my Sy kind. (Hallelujalied 437)
• Aucamp is ’n doring … Oh, come let us adore Him.
• Jy in jou klein noekie en ek in myn … Jy in jou klein hoekie en ek in myn. (Laat my skyn vir Jesus)
• Shirley Goodness en tannie Mercy will follow me … Surely goodness and mercy will follow me.

My oom Fanie het weer gedog sy pa bid aan tafel: ”Dit tier en dit tier tot in ewigheid.” Die eintlike gebed was: “…U goedheid duur tot in ewigheid.”

Stuur gerus julle voorbeelde van verdraaings van psalms, gesange of gebede na redaksie@juig.co.za


22 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Weekly Newsletter

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)