Vroeër vanjaar is my oupa met pros-taatkanker gediagnoseer. Dit was ’n groot slag vir ons. Maar voordat ek jou van sy reis vertel, laat ek voor begin …

Versterk jou liggaam
Ek is ’n oorklankingskunstenaar (voice-over artist) en omdat my stem die bate is waarmee ek my inkomste verdien, het ek voorheen verkoue en griep gevrees. Toe hoor ek van Oxygen Products en hoe dit ’n mens se immuunstelsel versterk en jou liggaam help om self die kieme en siektes te beveg. Dit is hoekom ek van Oxygen hou. Dit beveg nie die siekte met medikasie wat jou ander newe-effekte gee nie; dit versterk jou immuunstelsel sodat jou liggaam self die siekte kan beveg. Nou gebruik ek dit om verkoues en infeksies te bekamp. Ek neem net ’n groter dosis wanneer ek voel dat ek besig is om siek te word sodat dit ’n seer keel of ’n verkoue in sy spore stop.

Longinfeksie is binne twee dae opgeklaar
Was dit nie vir my vrou, Nono nie, sou ons miskien nooit van Oxygen Products geweet het nie. Nono is ’n naeltegnikus in Kaapstad en haar kliënt, Venetia Kruger (die stigter en uitvoerende bestuurder van Oxygen Products) het die Mega Oxygen-tablette vir Nono se ma voorgestel wat in daardie stadium ’n ernstige longinfeksie gehad het. My skoonma se longinfeksie het binne twee dae opgeklaar. Toe ons dus van my oupa se diagnose hoor, het ons onmiddel-lik daaraan gedink om 500 kapsules Mega Oxygen te koop en vir hom aan te stuur.

’n Gelukkige gesin in Limpopo
My oupa, Albert Maputla (74), het in Bochum, Limpopo, in ’n groot Christelike gesin grootgeword – hy was een van tien kinders. Hy woon steeds in Limpopo in Indermark, saam met Ouma Maggie Maputla met wie hy 50 jaar getroud is. Hulle is geseën met drie kinders: my ma, Maureen (49), Stanley (47) en Lorraine (wat in 2006 in ’n motorongeluk oorlede is). My oupa was jare lank ’n laerskoolonderwyser en skoolhoof voordat hy in 2000 uitgetree het. Hy is ouderling in die Verenigende Gereformeerde Kerk en is voorsitter van die kerkraad.

Geen geskiedenis van kanker nie
Sy diagnose het ons almal geskok, aangesien ons nie ’n geskiedenis van kanker in ons familie het nie. Sy geval was die eerste. Gelukkig is die kanker in ’n baie vroeë stadium opgespoor, toe hy simptome ontwikkel het nadat hy in Maart vanjaar ’n katarakoperasie ondergaan het. Ons het nie geweet wat om ná die aanvanklike diagnose te verwag nie en het die ergste gevrees. Sy operasie was egter suksesvol en die vooruitsig goed, aangesien die kanker vroeg opgespoor is.

Verbeterde gesondheid
Dit het ons die kans gegee om na ander alternatiewe te soek wat sal verseker dat hy vinnig herstel en dat sy liggaam se immuunstelsel opgebou kan word. Dit het net minder as vier maande geneem, en om die Mega Oxygen-tablette daagliks konsekwent en korrek te neem, voordat my oupa heeltemal kankervry verklaar is. Hy het nou die dosis verminder tot ’n normale dosis van net 1 kapsule 3 keer per dag – vroeër het hy 3 kapsules 3 keer per dag. Daar was ’n groot verbetering in sy algemene gesondheid.

Energie en optimisme
Die kanker is tans in remissie en alles lyk rooskleurig. My oupa sê hy het baie meer energie en hy is baie optimisties. Kankerpasiënte ervaar baie emosionele trauma en vrees wat met die diagnose gepaard gaan. Danksy sy hoër energievlakke en die Oxygen-produkte wat so goed werk, is hy nou baie meer optimisties oor die toekoms as voorheen.

Die pad vorentoe
My oupa voel beter as wat hy in ’n lang tyd gevoel het, veral ook in die wete dat hy nou geseën is met ’n langer en gesonder lewe. Hy gaan voort met sy kerkaktiwiteite, sy energievlakke is hoog en al die liggaamspyne en hoofpyn is iets van die verlede. Hy is baie dankbaar dat hy geseën is met meer tyd saam met sy geliefdes.


Suurstof is ons eerste verdedigingsmeganisme vir gesondheid en ondersteun die liggaam in die meeste siektetoestande. Ons het meer suurstof op sellulêre vlak nodig vir optimale genesing. Oxygen-produkte sal binnekort in alle Dischem-winkels beskikbaar wees.

021 557 0446 | 081 379 4270 | info@oxygenproducts.org

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)