Deur: Hykie Berg

Ons almal hoor dit: “Die tye is moeilik, mense word afgelê, die ekonomie stort in duie, die koronavirus …” Ons hoor ook dinge soos: “Werk nóú hard sodat jy later jou pensioen kan geniet. Laat staan die duur cafe latte in die oggend en sien hoe die spaargeld groei, hou daarmee vol en dit sal uiteindelik alles vrugte afwerp.”

Jy weet nie wat jy nie weet nie
Maar laat ons eerlik wees, daar is ’n groeiende tendens wat die ou tradisionele manier van dink en doen verbreek. Dit help mense wêreldwyd om ’n ekstra inkomste te skep, veral gedurende hierdie oënskynlik uitdagende tye. Daar is nuwe geleenthede wat werklik ’n verskil maak. Daar ís hoop! Jy kan daardie ekstra R2 000 verdien en jou huis of motor behou. Die enigste rede waarom jy miskien nie van hierdie geleenthede weet nie, is omdat jy nie weet wat jy nie weet nie.

Word deel van die gig-ekonomie
Die gig-ekonomie is hier en al hoe meer mense begin sien hoe om vir hulleself te werk, ’n splinternuwe tradisie kan begin; een waar jy die keuse het en jy in beheer is. Jy weet waarskynlik reeds wat die gig-ekonomie is. Dit is bloot aktiwiteite wat vir jou inkomste verdien buite die tradisionele langtermyn-werknemerverhouding. Dit is ’n omgewing waar die gemiddelde ou hom met ’n onder-neming kan assosieer en die onderneming help om die produkte en dienste oor die hele wêreld te bemark en te versprei.

Jy hoef nie ’n tech junkie te wees nie, daar is geen finansiële risiko nie, dit is deeltyds, jy is jou eie baas en alle opleiding word deur die maatskappy gedoen. Jy hoef jou nooit te bekommer oor dinge soos personeel, die huur, versending, rekeninge, voorraad, ensovoorts nie.

Dit is jou kans om ’n entrepreneur te word – sonder die groot risiko
Voorbeelde van sulke geleenthede in die gig-ekonomie is Uber, Lyft, Airbnb, Postmates, Etsy, Amazon reselling, verwysingsbemarking en natuurlik direkte verspreiding. Veertig persent van die huidige arbeidsmag is reeds by die gig-ekonomie betrokke. Navorsing toon dat tot 80% belangstel om daaraan deel te neem. Die gig-ekonomie sal na verwagting van jaar tot $455 miljard groei. Danksy die kultuur en tegnologie se gesamentlike ontwikkeling word die tradisionele siening van werk – Maandag tot Vrydag, nege tot vyf – agtergelaat. Wat as jy kan kies watter tye jou die beste pas? Wat as jy ruimte kan skep vir jou eie besigheid? Dit is die ding van die gig-ekonomie – dit kom neer op jou keuse. Gestel jy hou van jou nege-tot-vyf-werk en van jou baas, en wil net maandeliks ’n bietjie ekstra spaar, ’n ekstra rekening betaal of die vakansiefonds bou? Die gig-ekonomie is ontwerp vir jou. Dit is jou kans om ’n entrepreneur te word en ’n geleentheid te vind waarmee jy ’n nuwe manier van lewe kan betree.

Die sakemodel van die 21ste eeu is hier
Die direkteverspreidingsgemeenskap verstaan innovasie. Hierdie ondernemings het bewese produkte wat ander wil hê en/of benodig. Hulle kan jou help om ’n bategebaseerde deurlopende inkomste op te bou sodat jy jou nooit weer oor finansies hoef te bekommer nie. Met hierdie unieke geleenthede kan jy die soort besigheid en lewe skep wat jy wil hê, sonder die risiko van ’n groot belegging. Dit kan jou brug wees na die vryheid en aanpasbaarheid wat jy wil hê omdat hulle leierskap jou sal bystaan. Jy het geen ondervinding in sake of verkope nodig nie en bowenal is die meeste van hierdie maatskappye gevestigde firmas met globale handelsname. Dit is ’n sake-omgewing waar jou harde werk werklik die resultate bepaal, ’n plek waar jy in beheer is, ’n plek waar jy nuwe tradisies kan skep.

HOU DIE VOLGENDE IN GEDAGTE WANNEER JY GELEENTHEDE ONDERSOEK:
Produkte: Watter soort produkte verkoop hulle? Is daar betroubare wetenskaplike inligting oor die produkte beskikbaar en het die produkte ’n geldterugwaarborg?
Vergoeding: Hoe lyk hulle vergoedingsplan? Hoe vinnig kan jy jou finansiële doelwitte bereik?
Maatskappy: Hoe lank doen die onderneming al sake? Tree hulle eties op? Word dit as ‘n beursgenoteerde maatskappy genoteer? In hoeveel lande is hulle? Kan hulle internasionale sakedeure vir jou oopmaak?
Leierskap: Waarskynlik die belangrikste aspek. Gee hulle om oor jou sukses? Stap hulle die pad saam met jou? Glo hulle in spanwerk? Wat is hul toewyding aan jou? Hoe toeganklik is hulle om jou te help om jou doelwit te bereik?

Jy kan deel wees van ’n gemeenskap wat jou ondersteun en verstaan waar jy was en wat jy wil opbou. ’n Gemeenskap wat werklik glo dat ons saam ’n verskil kan maak. Die gig-ekonomie is die toekoms en elkeen kan sukses smaak. As jy honger, leerbaar en bereid is om die werk te doen, hoef jy jou nooit weer oor jou finansiële toekoms te bekommer nie. Dit is voorwaar die beter manier en ’n geleentheid vir almal om hulle lewens te verander.

HYKIE BERG is ’n akteur, spreker en entrepreneur. WhatsApp hom by 063 668 4837 vir meer inligting


8 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org