—deur Daniel Kolenda

Die bonatuurlike ryk is ’n werklikheid en dit beïnvloed ons daaglikse lewens direk. Die geestelike stryd speel dikwels ’n rol in ons daaglikse uitdagings. Hoewel die geestelike wêreld onsigbaar is, is ons nie onbewus van die vyand se listige planne nie. Deur God se Woord en die krag van die Heilige Gees word ons toegerus om deur Christus meer as oorwinnaars te wees! Dit is maklik om die groter prentjie uit die oog te verloor wanneer ons op ons daaglikse stryd fokus. Ons stryd is deel van ’n veel groter oorlog en ons het alles ontvang wat ons benodig om die oorwinning te kan behaal.

’n Oorsig
In hierdie boek ondersoek ons wat die Bybel ons oor geestelike oorlogvoering leer. Eerstens kyk ons ​​na wat die Bybel oor engele, demone en die geestelike wêreld te sê het. Is daar verskillende soorte engele? Watter doel dien hulle? Wie is die satan en waar kom hy vandaan? Hoe is engele en demone dieselfde? Hoe verskil hulle? Wat is demone en waar kom hulle vandaan? Hoe kan demone mense beïnvloed? Watter gesag het demone in hierdie wêreld? Watter soorte bose geeste word in die Skrif genoem? Wat beteken dit om “besete”, “in die mag van ’n bose gees” of “gedemoniseer” te wees?

Die kosmiese stryd waarby ons betrokke is
Dit is maklik om die groter prentjie in ons daaglikse lewe uit die oog te verloor. Die kleiner gevegte waarmee ons te doen kry, is deel van ’n baie groter oorlog. Dit sal ons help om ons individuele opdragte ernstiger op te neem as ons verstaan ​​waar ons in God se kosmiese strategie inpas. Dit sal ons ook help om die vyand se listige planne te herken en hom met wysheid teen te staan, as ons insig in sy uiteindelike doelwit het.

Verwyder die verwarring oor geestelike oorlogvoering
Christen-boeke en -leringe hou dikwels baie bygelowige idees oor geestelike oorlogvoering voor. Aspekte van geestelike oorlogvoering het in vreemde en spookagtige “leringe” ontaard en klink meer soos ’n Harry Potter-verhaal as iets in die Bybel. Ek leer die lesers egter Bybelse beginsels oor geestelike oorlogvoering wat leerstellings suiwer én prakties maak.

Trek die geestelike wapenrusting aan
Ek skryf ook oor die wapenrusting wat God vir ons gegee het en oor die magtige wapens vir ons oorlogvoering. Ek behandel die uitdryf van duiwels – in die Skrif, sowel as uit my eie ervaring met mense. Laastens bied ek ’n paar woorde van wysheid wat jou sal help om elke dag in oorwinning te leef. My gebed is dat hierdie boek jou sal toerus om elke draak wat jy teëkom – nie net in die wêreld nie, maar ook in jou eie lewe, te oorwin.

DANIEL KOLENDA is ’n sendeling en evangelis wat miljoene mense na die Here toe gelei het deur sy evangelisasieveldtogte. Hy is die president van Christ for All Nations en gasheer van verskeie internasionale televisieprogramme: TBN op DStv 343 om 8:30 & FBN op DStv 341 om 11:30


Bestel jou boek vooraf:
www.cfan.org/store
086 123 2672 | info@cfan.org.za


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.
VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)