-deur Daniel Kolenda

As jy deur hel gaan, druk net deur!” Só het Winston Churchill tydens een van die ergste krisisse in die wêreldgeskiedenis gesê. En hierdie wyse woorde is steeds van toepassing op elkeen wat vandag deur ’n beproewing gaan.

Teenspoed hoef nie ons bestemming te word nie. Dit kan ’n pad na iets beter wees.

Miskien gaan jy deur ’n moeilike seisoen in jou lewe. Miskien voel jy geestelik droog en alleen. Jy voel dalk asof jou gebede nie verhoor word nie en jy wonder of God selfs weet waar jy is. Jy is nie alleen nie.

Miljoene gelowiges het al deur hierdie onstuimige waters gegaan en dieselfde emosies ervaar.

Koning Dawid het oor die “donker dieptes en die dal van die doodskaduwee” gesing. Johannes van die Kruis (’n 16de-eeuse Spaanse geestelike) het oor die “donker nag van die siel” geskryf. Selfs Jesus het tye van beproewing beleef en “gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane” aan die Een wat Hom uit die dood kon red (Heb 5:7). Mense verwys dikwels na so ’n seisoen as “die wildernis”. Dit is ’n harde plek om te wees, maar dit is net so belangrik vir ons as wat dit pynlik is.

Al voel so ’n woestynseisoen verkeerd en wil dit voorkom of eensaamheid en wanhoop die oorhand kry, is God by jou en wil Hy die wildernis tot jou ewige voordeel gebruik.

Om die voordele daarvan te benut, moet jy egter die aard en doel daarvan verstaan. Dit is die rede vir hierdie boek. Dit gebruik die Bybel as ’n geestelike “oorlewingsgids” vir die woestyn – dit is die beste bron van wysheid om die woestyn te verduur, sowel as hoe om jou weg veilig daardeur tot by God se beloofde bestemming vir jou te baan.
Maar as jy nie wedergebore is en deel van God se familie is nie, dan is hierdie wysheid nie op jou van toepassing nie. Alvorens iemand die genade van God deur geloof in Jesus Christus ontvang, is hy of sy verlore in ’n ewige wildernis wat baie verder strek as hierdie wêreld – tot in die hiernamaals. Daar is geen uitgang of ontsnappingsroete nie – behalwe deur die één weg: bekeer jou en glo die Evangelie.

As jy die Koninkryk van God binnekom deur Jesus jou Here en Verlosser te maak, word jy ’n kind van die liefdevolste, magtigste en wonderlikste Vader.

Hy weet hoe om jou te lei en vir jou te sorg terwyl jy die lewensreis onderneem, selfs wanneer die pad jou deur ’n wildernis lei. In hierdie boek verken ek Sy wysheid vir die woestyntyd. Ek pas ses oorlewingswenke van kenners aan dié wat in die woestyn gestrand is, toe. Soos jy sal sien, is daar ’n treffende ooreenkoms tussen die geheim om in ’n fisiese wildernis te oorleef en om in ’n geestelike woestyn te floreer.

… koop vandag jou Surviving Your Wilderness om meer uit te vind!


Daniel Kolenda is ’n sendeling en evangelis wat miljoene mense na die Here toe gelei het deur sy evangelisasieveldtogte. Hy is die president van Christ for All Nations en gasheer van verskeie internasionale televisieprogramme: TBN op DStv 343 om 8:30 & FBN op DStv 341 om 11:30
Skakel ons op 0861 232 672 of besoek cfan.org.za
Skakel 0861 232 672 of besoek cfan.org.za


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)