Deur: Legion of Lions

By Legion of Lions is ons hoofdoelwit om ons rol te vervul in die opbou van ons reënboognasie deur besigheidsgeleenthede en entrepreneurstalent bymekaar
uit te bring deur medewerking, sakeprojekte, finansiering en wêreldwye distribusie.

Om te juig (rejoice) beteken “om groot vreugde of blydskap te ervaar of te wys”. Dit is die beste om jou dag so vol vreugde te begin. Wanneer jy wakker word, behoort die eerste ding te wees om bly te wees in die Here en oor die nuwe dag wat jy in Sy teenwoordigheid en saam met die mense om jou kan geniet.

Die tweede goeie ding wat jy kan doen, is om jou dag met Rejoice-ontbytgraan te begin. Dié graankos:
• het geen bygevoegde suiker nie
• gee jou blywende energie
• versterk jou immuniteitstelsel
• verbeter die verteringstelselgesondheid en
• is glutenvry.

Rentmeesters van Sy besigheid
Die produk is ’n vennootskap tussen God en die span by Rejoice, wat die rentmeesters van Sy besigheid is. Die Rejoice-produkte is almal wetenskaplik geformuleer om jou gesondheid te verbeter met die klem op ingewandegesondheid. Tot 85% van jou gesondheid hang van jou ingewande af. Rejoice-graankos word deur almal, van 14 maande oue babas tot 96-jarige bejaardes as ontbytgraan geniet óf ook as ’n maaltydvervangingsete of -drankie gebruik.

Betrokke by liefdadigheidsprojekte
Ons Rejoice-span het ’n hart vir mense en is tans by twee gemeenskapsprojekte betrokke: Project 2000 en Feed a Granny. Project 2000 is daarop gemik om 2 000 kinders daagliks met ’n kwaliteit Rejoice-maaltyd te voed. Die meeste van hierdie kinders kry net een maaltyd per dag. Rejoice het kragte met Gesed Charity Trust, ’n maatskappy sonder winsmotief, saamgesnoer. (Elke skenker ontvang ’n artikel 18A-sertifikaat.)

Feed a Granny bied 30 Rejoice-maaltye aan oumas wat behoeftig is. Deur R100 te skenk, kan jy so ’n ouma help voed wat op haar oudag ’n voedsame maaltyd nodig het.

TEM – The Everyday Millionaire
Is jy ’n miljoenêr in jou gesondheid, ingesteldheid en finansies? The Everyday Millionaire (TEM) is ’n frase wat elkeen elke dag in gedagte moet hou.
As jy ’n miljoenêr in jou gesondheid is, beteken dit dat jy in bates belê (goeie eetgewoontes, oefening, slaap en rus, ens.) en jou skuldlaste (wegneemetes, laksheid, geen oefening, te veel televisie en sosiale media, ens.) verminder.
As jy ’n miljoenêr in jou ingesteldheid is, belê jy in bates (godvresende en positiewe denke, positiewe nuus en musiek, goeie verhoudings en vriendskappe wat inspireer) en verminder jy jou laste (negatiewe denke, slegte vriende, negatiewe nuus, ens).

As jy ’n miljoenêr in jou finansies is, belê jy in bates (verhoog jou inkomste, beleggings, opbrengste, ens.) en verminder jy jou laste (onnodige uitgawes, aardse dinge wat nie bevredig nie).

Ons droom by Rejoice and TEM is om met soveel individue en besighede moontlik hande te vat om mense se gesondheid te help verbeter; om by eendersdenkende mense aan te sluit en om finansies vir almal te ontsluit.

Vir meer inligting of as jy by ons span wil aansluit, besoek ons webtuiste www.rejoicehealth.co.za of stuur ’n e-pos na admin@rejoicehealth.co.za

DEON VAN RENSBURG is ’n apteker met ’n meestersgraad in farmaseutika en
was ’n professionele rugbyspeler by die Leeus. Hy is die mede-eienaar van Rejoice Health Products.


5 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)