Deur: Thislife Online

Wat het daartoe gelei dat hierdie sakeman ’n gerieflike Londense leefstyl laat vaar het om saam met ’n gemeenskap in Kaapstad te werk; ’n gemeenskap wat geteister word deur verslawing, bendegeweld en vurige betogings? Anton Cuyler het vir Nanine Steenkamp vertel hoe hy in Vrygrond beland het . . .


Anton en Elana met hul nuwe tweelingbabas. Nie lank na die tweeling se geboorte nie, is Anton deur bendelede aangerand. As ’n nuwe pa het hy begin wonder of die stigting werklik die moeite werd was

Ek het in my twintigs ’n wilde tyd in Londen gehad saam met Elana, wat toe nog my meisie was. Ons het ’n bevoorregte lewe geniet wat ons toegang tot alles verleen het – selfs dwelms. Ons het ’n eiendom gekoop en ek was goed gevestig in ’n groot korporasie wat betrokke is by sake-ontwikkeling. Maar innerlik was daar ’n verlange na dieper dinge. God het vir ons ’n werklikheid geword, danksy ons vriendskap met ’n Suid-Afrikaner in Londen wat gedurende daardie tyd deel van ons vriendekring was. Sy (nuut-gevonde) geloof het ons belangstelling geprikkel. Dit het ons lewe ‘n heel nuwe koers laat inslaan.

’n Roeping om na Suid-Afrika terug te keer
Elana het toegepaste teologie begin studeer en ’n jeugpastoor by ’n plaaslike kerk geword. Ek het haar tydens naweekkampe gehelp, maar het ook ’n roeping gevoel, ’n aansporing om terug te keer na Suid-Afrika en mense op enige manier binne my vermoë te help. Ons het nooit beplan om na Suid-Afrika terug te keer nie, dus het die gedagte my nogal bang gemaak. Drie weke later het ek dit met Elana gedeel en sy is ook deur die droom begeester.


’n Maand nadat Sozo sy sentrum geopen het, het twee weke van betogings en onluste in Vrygrond skietery, chaos en dood tot gevolg gehad. Ná die onluste het Anton ’n senuwee-ineenstorting gehad

Iets roer in my hart
Eendag het ek ’n voorbladberig oor die 2010 FIFA Wêreldbeker in die koerant gesien met ’n kaart van Suid-Afrika. Ek het Muizenberg in Kaapstad gesien en dit iets het in my geroer, al het ons niks van die omgewing geweet nie. Ek en Elana het die Bay City Church gekontak om te sien of ons vrywilligers kon wees, toe ’n huis gekoop en van Engeland af soontoe gevlieg!


Lewens wat vrug dra: die Cuyler-familie

’n Gemeenskap wat hulp nodig het
Ons het spoedig van Vrygrond uitgevind. Dit is ’n gebied langs Muizenberg, ’n vergete gemeenskap. Dit het geen hoërskool, geen polisiestasie, geen kliniek, geen gemeenskapsaal, geen babakliniek of gemeenskapsdienste nie. Al die dienste wat wel gelewer word, is deur organisasies sonder winsbejag wat oor die jare heen daarheen gekom het.

’n Geleentheid vir opheffingswerk
Oorbevolking is ’n groot probleem in Vrygrond, aangesien 45 000 mense in een vierkante kilometer woon. Om by die skool uit te kom, moet kinders deur gebiede loop wat deur bendes beheer word: ’n baie gevaarlike reis. Daar is nie net massiewe werkloosheid onder die jeug nie, maar hulle is dikwels ook nie geskik om as werknemers aangestel te word nie omdat so baie van hulle met sistemiese geweld en mishandeling grootgeword het. Soos ons begin het om die jongmense van Vrygrond te ontmoet, het ons besef hoe min opsies hulle in die lewe het. Ons het ’n opvoedkundige naskoolse program in ’n skeepshouer begin. Dit het uitgebrei tot drie houers en uiteindelik het ons ook die plaaslike biblioteek begin gebruik.

Lewende voorbeelde
’n Jaar later het ons The Sozo Foundation gevestig. Sozo is Grieks vir genesing, redding en vernuwing. Ons het ’n visie gehad om die jongmense wat ons ontmoet het, van gebrokenheid na heelheid te neem. Ons hart was om vir hulle te wys dat hulle wel keuses het en dat hulle die koers van hulle lewens kan verander. Ek en Elana glo wel aan die krag van die Evangelie. Tog voel ons nie gelei om dit net te verkondig nie, maar om eerder te fokus daarop om ’n lewende voorbeeld van Jesus te wees deur mense onvoorwaardelik lief te hê.

Groot drome en doelwitte
Die opvoedkundige program het aanhou uitbrei en in 2014 het ons gevoel dat God ons lei om ’n sentrum in die gemeenskap te bou. Die Vrygrond-gemeenskap het vanweë die werk wat ons gedoen het vir ons ’n stuk grond gegee, maar ons het nie geld vir die projek gehad nie. Ons het gehoop om ongeveer R50 000 in te samel om ’n klein geboutjie op te rig.

God maak die pad gelyk
Gedurende hierdie tyd het ’n Britse vriend, Steve Morris, wat deur die jare as vrywilliger by Sozo gewerk het, sommer so uit die vuis by ’n Christen-kamp in Engeland oor die Vrygrond-gemeenskap gepraat. Hy het nie vir geld gevra nie, maar terwyl hy gepraat het, het ’n ou dame opgestaan, tot voor gestap en 20 pond by sy voete neergesit. Mense het begin om geld van ry tot ry tot voor by hom aan te stuur. Daardie dag is meer as ’n miljoen rand op die mat uitgestort. Ons het gevoel God se visie is ’n bietjie groter as wat ons aanvanklik gedroom het! Ons het die sentrum self gebou, saam met ons eie mense uit die gemeenskap. Wonderwerke het die een na die ander gebeur: vloerbedekking, stene en verf is geskenk – alles soos ons dit benodig het.

’n Plek waar die jeug voel hulle behoort
Ons het vandag twee sentrums (een word gehuur) en ons bied deur die hele jaar vaardigheids- en opvoedkundige programme aan vir meer as 200 jongmense, ses dae per week, elke jaar. Ons het 50 personeellede, waarvan 80% in Vrygrond woon en ons bied kursusse aan in grafiese ontwerp, haarkappery en skoonheid, konstruksie, kodering, die koffiebedryf en bakkery. Ons bestuur ook ’n skool vir mense wat die formele onderwysstelsel te vroeg verlaat het. Ons streef daarna dat dit ’n plek is waar jongmense liefde, vrede, dissipline, genade en veiligheid kan ervaar wat hul lewens kan verander – dat dit ’n plek sal wees waar hulle voel hulle behoort en geliefd is.

Om lewens ten goede te verander
Duisende jongmense het deur die jare hulle weg deur ons programme gebaan en dit gaan goed met hulle. Hulle is besig om hulle eie lewens en dié van hulle gesinne te verander. Sommige was die eerste matrikulante in hulle gesinne. Ons program sluit mentorskap in en ons werk ook saam met besighede en organisasies wat internskappe aan jong volwassenes bied wat tot voltydse werk kan lei.

Die gevare van ’n bendegeteisterde gemeenskap
Om in hierdie gemeenskap betrokke te wees, het sy persoonlike tol van ons geëis. In 2014 is ek deur vier jong bendelede aangerand. Dit was ’n baie traumatiese tyd vir ons organisasie. Vir my en Elana was dit ook op ’n persoonlike vlak werklik angswekkend omdat ons pas die ouers van tweelingbabas geword het. Ek het myself in daardie tyd afgevra: Is dit regtig die moeite werd? Maar ek het gevoel dat God nie van plan verander het nie en dat dit ’n tyd vir ons was om dieper te delf. Ons het besluit om te bly en ons personeel het die projek voltooi. Die bouproses het ons 18 maande lank geneem en is in September 2015 voltooi.

Bedreiging lei tot geleenthede vir versoening
’n Maand nadat ons die sentrum geopen het, is die gemeenskap deur gewelddadige betogings en onluste geteister. Twee weke lank was daar taxi-oorloë, mense is doodgeskiet, geboue afgebrand en geplunder. Ons gebou was in gevaar. Trouens, hulle wou dit ook afbrand, maar ons het besluit om dit aan te bied as ’n plek waarheen die gemeenskap kon kom as ’n toevlugsoord. Dit was nogal benoude oomblikke, want van die mense wat by die deur ingestap het, was juis ook dié wat die betogings begin het. Hoewel dit ’n intense tyd was, het dit egter een van versoening ggeword. Mense kon na jare se verwaarlosing hulle harte uit stort en hulle stemme saam te laat hoor.”

Angs, depressie en uitbranding
Ongelukkig het ek ’n paar maande later ’n senuwee-ineenstorting gehad. Dit was nogal ’n krisis vir ons as organisasie. Ek en Elana moes noodgedwonge met verlof gaan. Ek is ’n paar weke lank in ’n kliniek opgeneem en met angs, depressie en uitbranding gediagnoseer terwyl Elana sekondêre uitbranding beleef het. Ons personeel moes die volgende ses maande self dinge aan die gang hou. Ons is daardie hele tydperk uit die gemeenskap gehou.

Ware, diep verhoudings
Ek het besef hoe belangrik afsondering, ’n stadiger pas, stilte en rus in God is. Dit was ’n baie moeilike tyd, maar ek het besef dat verandering op ’n diep vlak moes plaasvind. Dit het my benadering tot welstand verander, op ’n persoonlike vlak asook by die Sozo Foundation. Ek het besef dat verhoudings werklik diep moet wees.

Sien potensiaal, nie verval nie
Die afgelope paar jaar was dus ’n pad van herstel vir Sozo as ’n span. In Maart 2021 het ons ons tiende bestaansjaar gevier. Ons is almal op ’n reis van transformasie en herstel. Ons nuutste droom is om ons gehuurde vaardigheidsentrum te koop. Ek glo dat ons nie na gemeenskappe soos Vrygrond moet kyk as gemeenskappe van verval, armoede en gebrokenheid nie. As jy verby die materiële verskille tussen mense kyk en by iemand se emosionele, geestelike en vestandelike wese uitkom, kom jy agter dat ons almal aan iets te kort skiet en ’n verlange na iets het. Kom ons kyk na mekaar deur ’n lens wat nie veroordeel nie. Ek noem dit die Jesus-lens! Laat ons geduldig wees, na mekaar se verhale luister, ons pyn met mekaar deel en uitvind dat ons mekaar se laste kan help dra.

Vreugde te midde van die gebrokenheid
Die wonderlike ding wat ek ontdek het, is dat wanneer jy die kloof van skeiding oorsteek en diep verhoudings met mense bou, jy vreugde te midde van die gebrokenheid vind. Jy moet myn, diep delf, die kwarts oopbreek, maar dit is waar jy die goud vind. En dan moet jy dit verhit! Dit is baie werk om die goud te suiwer, maar wanneer jy daardie goud vind, is dit iets baie kosbaar.

Thislife Online is ’n aanlyntydskrif wat stories van hoop uit Kaapstad en ander plekke deel. Hierdie pragtige getuienis is met toestemming herdruk. Besoek thislifeonline.co.za vir nog wonderlike verhale.

STEL JY BELANG OM THE SOZO FOUNDATION SE WERK TE ONDERSTEUN?
The Sozo Foundation se skooltutorprogram is ’n wonderlike manier om hoërskool-leerlinge vir ’n paar uur per week as vrywilliger te help te help met huiswerk en skoolprojekte. Jy kan ook as ‘n tutor vir een van die individue of groepe bystaan, indien jy die nodige vakkennis het … Vir meer inligting, kontak kristin@thesozofoundation.org.za
Kontak vir Anton by anton@thesozofoundation.org.za om meer uit te vind oor verdere geleenthede om The Sozo Foundation te ondersteun.


1 Desember 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org