Deur: HJ Cronjé

‘n Sagte uitdrukking het in sy swartbruin kykers adres gemaak met die aanhoor van ’n kosbare voorwêreldvriend se plan om vir ons hele gemeenskap hier op Noenieput ’n ete voor te berei.

“Vir die hele Noenieput, vir almal van ons?” het hy verbaas gevra terwyl ons in die koelte van ’n apiesdoring vir die son wegkruip. “Maar dan pastoorgoed …” het hy langsaam gesê “… dalk moet ek maar help. Dié broeksakke van pastoor se voorwêreldvriend is sekerlik nie diep genoeg om almal kos te gee nie! Miskien moet ek maar sy hand vat en help met ’n slagding. Die beste wat ek het. Ek gee dit mos vir die Here se mense.”

’n Kalahari-boorling se besluit staan vas
En met hierdie woorde maak hy die saak toe. Om verder hieroor woorde uit te ruil sal waarlik nie veel help nie. Sien, as hierdie Kalahari-boorling sy besluit gemaak het, staan daardie saak so vas soos ’n diep geankerde hoekpaal. Hy gaan help met ’n slagding, want hy het so gesê. Ongeag wat. Ek moes lateraan net voorwêreld toe praat om die saak daar ook finaal vas te maak.

Sorgsaam uitgesoek
Daar was net so ’n sewetal skaap in die lendelam kraaltjie toe ons met die voorwêreldvriend se voertuig daar aankom. Niks meer en niks minder nie. My Kalahari-vriend beduie met ’n lang arm en ’n breë bors dat hierdie die somtotaal van sy boerdery is. Al sy diere is reeds gistermiddag op kraal gesit, want hy wil die offergoed kom uitsoek. Elkeen van die skape word noukeurig met die oë gemeet en geweeg. Laatmiddag is die besluit geneem en die hamel word agterop die bakkie gelaai. Daar is gekies … die heel beste is gekies.

Net die heel beste
Ons ry stadig in stilte terug terwyl my voorwêreldvriend stip voor hom uitkyk. “Hulle maak dieselfde … hulle offer hul beste op,” sê my voorwêreldvriend saggies; opeens is dit weer stil. Versigtig word hierdie sag geprewelde waarheidswoorde geweeg. My voorwêreldvriend is reg. Die Skeppergod offer Sy geliefde Seun op en my Kalahari-vriend gee sy beste hamel – sonder twyfel, sonder wroeging en sonder ’n gekibbel. Hulle offer hul kosbaarste besitting op omrede enigiets anders waardeloos en nutteloos sal wees.

Jammer, Here …
Diep verleë laat ek my kop sak. My ore word warm en ek kan maar net hoop my voorwêreldvriend sien my skaamte nie raak nie. Hoeveel kere het ek my beste onderneem om maar net lateraan die stryd te verloor teen die twyfel, die wroeging en die gekibbel. Ek bring getrou my offergoed met die hoop en verwagting dat ons hemelse Vader tevrede sal wees, maar helaas, my pogings nutteloos en waardeloos vanweë kompromieë. Woorde het ek nie behalwe: “Jammer, Here, jammer. Groot-groot jammer!”

HJ CRONJÉ se artikel is ’n verkorte storie uit sy boek, Sandspore van Genade. Bestel dit vir R100 by hj@divine-life.net


15 Januarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org