Deur Lourieke Haller

Die lewe is nooit so voorspelbaar soos daardie reguit pad deur die Karoo waar die telefoonpale die pad netjies aan die lug vasryg nie. Dit is ’n kronkelpad deur ’n onbekende bergpas. Die afgronde is soms ysingwekkend en die opdraandes steil, soms lê die mis dik en kan jy skaars die pad uitmaak. Tog verras hierdie kronkelpad ons dikwels ook met onverwagte vistas.

In digte mis
Ons familie bevind ons tans in digte mis, ons ouers was beide in die hospitaal met COVID. Die een is ernstiger siek as die ander en is steeds daar. Ek sien hulle WhatsApp-boodskappies aan mekaar: “Ek is so lief vir jou …” en weet hoeveel krag hulle uit daardie vyf woordjies put – die ander een leef nog, prys die Here. Al breek my hart, leer ek soos Habakuk “… nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag.” Ek raak ribbok: “Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.” Al tuimel die dieptes onder my weg in duisternis, bly ek staan op die vaste rotslysie van die Woord.

Al sou die vyeboom nie bot nie
Ek is dankbaar vir Dawid wat skryf: “Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my.” Die 1983-vertaling sê: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my” – Psalm 23:4. Ek is dankbaar vir Habakuk wat verklaar: “Al sou die vyeboom nie bot nie… nogtans sal ek in die Here jubel.” – Habakuk 3:17-18. Hulle woorde word lampies op my pad en lei my van die steil krans af na waters waar vrede is.

Mag jy ook die rotslysie van die Woord vir jou donker dieptes vind en mag dit ’n lamp vir jou voet en ’n lig vir jou bergpaspad wees.

Lourieke Haller is die redaksionele bestuurder van JUIG! Tydskrif. Om van diens te wees vir Jesus en Sy liefde uit te leef, is haar motto.


23 November 2021

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org