Deur: Rainer Boshoff

VOORBEREIDING
1. Ruim elke week tyd in vir ’n uur alleen saam met jou seun.
2. ’n Notaboek en pen vir julle elkeen.
3. Gunstelingkoeldrank en -peuselhappie (laat jou seun kies).
4. Gebruik ’n kamer in die huis waar julle privaat kan wees.

Hierdie week gaan julle na die fliek, Rocky Balboa, kyk. Begin die sessie deur na die fliek te kyk. Bespreek daarna die fliek en fokus op wat dit beteken om vasbeslote en vlytig te wees. (Julle kan deur die loop van hierdie sessie na hierdie skakel kyk. Skandeer die QR-kode.)

Die definisie van vlytigheid
Dit is bestendige, ywerige, harde werk. Toegewyde en noukeurige arbeidsaamheid om ’n taak fluks te voltooi.

Vier belangrike punte om te bespreek:
1. Die vlytige is nooit middelmatig nie.
2. Vlytigheid is ’n bewys van ’n uitnemende gees.
3. Vlytigheid voeg ekstra by tot die gewone en maak jou buitengewoon.
4. Vlytigheid laat ons nou doen wat ons nie meer later kan doen nie.

AKSIOOMSTELLING: Dit gaan nie oor hoeveel keer jy val nie, dit gaan oor hoeveel keer jy weer opstaan nadat jy geval het!

SLEUTELPUNT 1

Die vlytige is nooit middelmatig nie. Dit behels harde werk ondanks die struikelblok. “Hardwerkende mense kom in magsposisies; lui mense word dwangarbeiders.” – Spreuke 12:24
Praat oor:
• Die lewe behels ’n keuse om middelmatig of vlytig te wees. Gesels oor die betekenis van vlytigheid ten opsigte van die definisie hier langsaan.
• Hoekom het Rocky die beste geword?
• Verduidelik die betekenis van mediocre (middelmatig): medi – beteken middel of halfpad en ocre – ’n Latynse woord vir berg. Die betekenis van middelmatig behels dus om halfpad op pad na die top van die berg te stop. Dit beteken jy is tevrede daarmee om net “halfpad” te gaan.
• Moedig jou seun aan om enige middelmatigheid in sy lewe te verbreek deur die mislukkings van die verlede agter te laat en die reis na die top van sy berg aan te pak.
• “[God] voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus” – 2 Korintiërs 2:14. God wil hê dat jy moet slaag, maar jy moet vlytig wees in álles wat jy doen.
• Bespreek waar jy gevoel het dat jy net “halfpad” gegaan het, hoe dit jou laat voel het en wat jy kan doen om die kringloop van middelmatigheid te verbreek deur jou beste in alles te gee!

SLEUTELPUNT 2

Vlytigheid is ’n bewys van ’n uitnemende gees.
Lees Daniël 9:14 en 2 Timoteus 4:21 saam.

Praat oor:
• Skandeer hierdie QR-kode en lees die opsomming van die boek Daniël saam.
• Gesels oor Daniël wat die gebruike van die Babiloniërs moes aanleer. Wat het hom anders gemaak?
a. Hy het geweier om hulle kos te eet en te drink.
b. Hy het gevas.
c. Hy het elke dag onbeskaamd vyf keer gebid.
d. Hy het nóóit ingegee, opgegee en nooit sy geloof verloën nie! Al het dit hom alles gekos!

• Vlytigheid bring BEVORDERING mee!
• Vlytigheid bring GUNS mee!
• Vlytigheid bring INVLOED mee!
• Vlytigheid bring BELONING mee!
• As jy ’n vlytige werker is, doen jy nie net jou werk om dit klaar te kry nie; jy span jou in om alles reg te doen.
• Op watter gebied in jou lewe kan jy meer vlytig wees?

SLEUTELPUNT 3

Vlytigheid voeg ekstra by tot die gewone en maak jou buitengewoon.
“Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid” – Spreuke 12:24 en “Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek.” – Spreuke 14:23

Praat oor:
• Die verskil tussen ’n suksesvolle persoon en ander is nie ’n gebrek aan kennis of mag nie, maar ’n gebrek aan wilskrag.
• Om te wen moet ’n gewoonte word. Jy doen nie net soms dinge reg nie, jy doen dit altyd reg!
• Is jy hart en siel toegewyd of nie? Is jy ten volle daartoe verbind om ’n verskil te maak? Wat het Rocky in die rolprent gedoen, hoe toegewyd was hy?
• Om toegewyd te wees, beteken: Ek is ten volle verbind tot ’n sekere koers of waardestelsel. Wanneer jy dit verstaan, sal dit maklik wees om gedissiplineerd te wees en die harde werk wat dit gaan verg, te aanvaar.

SLEUTELPUNT 4

Vlytigheid laat ons nou doen wat ons nie later meer sal kan doen nie.
“En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.”
– Kolossense 3:23

Praat oor:
• Die dinge wat ons nou kan doen, moet ons nou doen, want daar sal ’n tyd kom dat ons dit nie meer kan doen nie.
• Daar is min tweede kanse in die lewe; help, gee en doen wanneer die geleentheid hom voordoen.
• Voltooi die taak voor jou met ywer, dit kan dalk die laaste een wees wat jy doen.
• Wat moet in jou huis, by die werk, oor jou gesondheid of op skool gedoen word wat jy uitgestel het? Bespreek wat jy kan doen sodat jy nie dinge aanhoudend uitstel nie.

RAINER BOSHOFF is betrokke by die Men of Honour Mentorskapprogram Wes-Kaap. Kontak hom gerus by rainer@iwealth.co.za of besoek honorministries.org


25 Januarie 2021

 

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org