Deur: Ilse Kleyn

“Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.” – Jakobus 5:16

Onlangs het een van my jong volwasse kinders ’n keuse gemaak wat absoluut teen my oortuigings en aanbevelings was. Ek het twee dae lank net gehuil. Eers die pyn en toe die woede. Hoe kon sy nie luister nie! Sy het nog altyd my raad gevolg! Ek was selfs vir Abba Vader kwaad. Het ek dan nie al maande by Hom in gebed gepleit om haar te keer nie? Hy het nie. Hoor Hy my dan nie? Gee Hy nie om nie?

God praat, maar ek het Hom nie gehoor nie
Ek sit een oggend nog so en bepeins die kwessie van Sy soewereiniteit teenoor die mens se eie wil, toe ek my dagboek oopmaak by daardie dag se datum. Psalm 46:11 staan bo aan. “Bedaar en erken dat Ek God is …” Skielik flits dit deur my, hierdie Skrif is verlede Sondag in die diens uitgelig. Saterdag het ek dit in ’n video gehoor wat iemand vir my aangestuur het. Gister het iemand dit op sosiale media gedeel. God praat al vier dae lank met my, hierdie Skrif duik herhaaldelik op, maar my woede het veroorsaak dat ek nie kon hoor nie.

Die hart van ’n ouer
Ek besef hoe Abba Vader gevoel het elke keer toe ek verkeerde keuses in my lewe gemaak het – ondanks Sy waarskuwings. Ek het my vrye wil beoefen. Vandag kan ek terugkyk en sien hoe Abba Vader my elke keer gered het as ek Hom aangeroep het en bely het. Ek moet Hom vertrou om dit vir háár ook te doen. My hart breek vir die gevolge en pyn van ons eie vrye wil – dít kan ons nooit vryspring nie. Ek sou my kind dit so graag wou spaar.

Hy sal die goeie werk voleindig
Helaas, so op ’n seer en moeilike manier, besef ek ons kan nie ons kinders beheer nie. Al wil ons. Wanneer die kinders klein is, is dit maklik om namens hulle te kies, hulle teen seerkry te beskerm. Noudat hulle groot is en die nes verlaat het, moet ons iets baie moeiliks doen. Ons moet ons beheer oor hulle laat vaar. Hulle is eerste Sy kinders.

Ons wat in die nes agterbly, se werk stop egter nie hier nie. Nou moet ons stil wees en weet dat Hy God is. In gebed kan ons hulle elke dag voor Hom plaas en weet dat Hy wat ’n goeie werk in hulle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus (Fil 1:6).

ILSE KLEYN skilder boodskappe van waarheid en hoop om dié wat die wedloop hardloop, aan te spoor en te vertroos. artofkleyn.com


26 Julie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org