Deur: Lourieke Haller

Die kunstenares van Rut Art, Riëtte Delport, se verhaal is een van God se verlossende genade; een van ’n Rut wat haar rug op die afgode en pyn van haar verlede gedraai het om die ware God van Israel met haar hele hart te dien. Hierdie kunstige vrou wat as tweejarige dogtertjie in ’n kinderhuis beland het, het 46 kg afgeskud asook die skanse wat die innerlike nuwe skepping verberg het. Sy is voorwaar ’n nuwe skepping, die oue het verbygegaan, die nuwe het gekom.

KINDERJARE

’n Keuse om die positiewe te sien
Riëtte, haar suster en twee broers is in ’n kinderhuis geplaas nadat haar ma gesterf het met die geboorte van hulle jongste boetie. Al was daar familielede wat elkeen een van die kinders wou aanneem, is die kinders na die kinderhuis gestuur om steeds almal naby hulle pa te wees. “My pa was ’n alkoholis en dikwels net weg. Hy was nie ’n figuur in my lewe nie en is ’n week voor my 21ste verjaardag oorlede. Op die dag van my verjaardag het ons begrafnis gehou – die eerste keer dat my pa op my verjaardagpartytjie was,” sê Riëtte, maar sonder enige sarkasme of bitterheid. Sy sê dit met ’n glimlag. “Almal was daar! My tannies, neefs en niggies. Ek kies om die positiewe daarin te sien.”

’n Gelukkige kinderhuisfamilie
Vir haar was die kinderhuis ’n positiewe ervaring. Sy het aanneming geweier en gekies om in die kinderhuis te bly. “Daar is soveel kinders wat swaarkry of mishandeling moes verduur, al het hulle ouers gehad. Ek was gelukkig om saam met 18 ander kinders en wonderlike huisouers in ’n kinderhuis te woon. Ons was almal vriende. Ek het ’n bed en drie keer maaltye per dag gehad, ek kon skool toe gaan. Vir my was dit fabulous!”


Gaan loer gerus in by die vrolike Yellow Door-galery in Mosselbaai

NEW AGE-MISLEIDING

Fortuinvertellery en ’n soeke na vrede
Riëtte was ná skool sewe jaar lank in die verleidelike web van New Age se misleiding vasgevang. “Ek het op skool begin eksperimenteer met fortuinvertellery en daardie vuurhoutjiespeletjie wat soos glasie-glasie is – en daar het ’n deur vir die duiwel oopgegaan. Daardie gees het my geteiken. Ek het vir Doreen Virtue (’n voormalige New Age-outeur wat tot bekering gekom het) gevolg en toe sý haar hart vir die Here gee, het ek wakkergeskrik. As kind wou ek ’n dominee of ’n non word, want ek het Jesus met my hele hart liefgehad en my Bybel goed geken, maar ek het afgedwaal. Tog het God die heeltyd aan my hart se deur geklop.”

Beklee met Christus
Soos Rut het Riëtte haar rug op die afgode gedraai en God se genade en verlossing met al twee hande aangegryp. “Ek het na tannie Heleen Theron toe gegaan vir bevryding. Toe ek daar uitstap was ek vry, geen las meer op my nie. Ek was ’n nuwe mens, maar ek moes my denkpatrone verander, al was ek bevry. Gewoontes moes gebreek word. Jy bedek jouself mos met Christus. “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus.” – Romeine 13:14

“Ek was soos Rut wat ’n nuwe lewe gekies het. Rut verteenwoordig mos eintlik ons wat as die heidene na die Here toe gekom het en haar skoonma is eintlik Israel. Hierdie is óns genadetyd van redding.”

KUNS

Kort na Rika se geboorte het Riëtte begin eksperimenteer met haar Godgegewe talent om te skilder en met Pierre se aansporing bring sy uiteindelik Rut Art tot stand. Onseker oor watter pad haar kuns gaan neem en wat die Here vir haar beplan, het Riëtte gesiglose vroue met engelvlerke begin skilder. Dit is nou kenmerkend van haar werk. Sy hou daarvan om te skilder by haar studio by hulle huis in Mosselbaai, waar sy aanbiddingsmusiek kliphard aansit of na preke luister terwyl sy skilder.

Kuns as instrument vir God
Riëtte beskou kuns as ’n instrument wat deur God gebruik kan word. “Satan weet wat jou gawes is wanneer jy gebore word en hy wil dit vir sy koninkryk hê. My gawes is profeties en genesing (deur my kuns). Daarom het ek toe ek in New Age betrokke was, my opgehou met fortuinvertellery en kristalballe; ek het my Godgegewe talent vir die verkeerde koninkryk gebruik.


Ons hou daavan om saam dinge te doen. Hier bou ons herinneringe bo-op die berg by Graaff-Reinet by die Vallei van Verlatenheid

“Dis hoekom dit nou so belangrik vir my is om elke dag met die Heilige Gees deur te bring en by Hom te wees. Ek vertrou Hom om “op te daag” wanneer ek skilder. Wanneer iemand my opdrag gee om iets te skilder, bid ek en werk saam met die Here en dan is dít wat ek skilder dikwels in die kol oor wat God vir hulle wil sê. Ek is meestal nie eens bewus van Sy boodskap aan hulle nie. Ek verf net wat die Here op my hart lê en dan voeg die Gees die res by. Soms weet ek nie eens wie die kunswerk gaan ontvang nie, maar mense ervaar genesing of vertroosting deur my werk – dis nie iets wat ek te weeg kan bring nie – dit is die Heilige Gees.”


Riëtte het hande gevat met Stellie Louws van Loka om geblomde materiaal en rokke te vervaardig

GENESING

Riëtte praat van ’n tas vol leuens van die vyand wat sy saam met die Heilige Gees moes uitpak. Verwerping, ’n lae selfbeeld, konstante twyfel in haarself en uiteindelik depressie, was van die dinge wat sy moes afskud. Sy het begin met die groot tas van verwerping. “Tas nommer een het baie trane gebring omdat mense my werk gedupliseer het. Ek was kwaad en het magteloos gevoel omdat ek oortuig was hulle steel nie net my identiteit nie, maar ook my droom. Alles het oor myself gegaan en nie oor God wat my talent vir my gegee het nie, maar dit behoort mos aan Hom en Hy kan dit enige tyd wegneem as Hy wou. Nou het ek vrede gemaak daarmee, Hy is my voorsiener. Deur my kuns sal Hy volbring wat Hy in my begin het toe ek die eerste keer ’n kwas opgetel het om te skilder.”


Wat is die lewe sonder goeie geestesvriendinne? Ziva Spangenberg (links) en Nadia Lemmerhuis (regs)

Depressie
”Die depressie was ’n baie moeilike tas om uit te pak omdat dit in die donkerte van jou siel wegkruip waar ’n mens God nie inlaat en toelaat om Sy lig te laat skyn nie.” Die Heilige Gees het haar deur ’n baie diep skoonmaakproses gelei. “Ek het Hom toegelaat om my hart te ondersoek en Sy lig in elke donker hoekie van my siel te laat skyn. Hy het Sy liefdevolle vaderhart vir my kom wys sodat ek vandag ’n dankbare hart het vir al die jare se sorg. Ek ervaar vrede wat alle verstand te bowe gaan.”

Gewigsverlies
Sy getuig ook oor haar fisieke transformasie: “Ek het baie gewig verloor, 46 kg. Ek was ’n emosionele eter en my gewig het by ons kinders gesteel, want ek wou niks saam met hulle doen nie. Toe het ek besluit: Tot hiertoe en nie verder nie! Noudat ek maerder is, doen ons lekker dinge saam.” Sy erken dat hoewel sy gegaan het vir bevryding, sy die gewoonte moes vervang met iets. “Wanneer ek begin voel het dat ek wil peusel, het ek Bybel gelees of begin bid, want jy moet dit met iets vervang. Ek kon dit net saam met die Here regkry, nooit in my eie krag nie.”

TOEKOMS VOL NUWE DINGE

Hierdie kleurvolle en kreatiewe dogter van God brei steeds haar grondgebied uit terwyl die Gees haar in nuwe dinge inlei. Sy het vanjaar haar eerste konferensie aangebied en is besig met ’n boekie oor die vrou as helper – iets wat haar baie na aan die hart lê. “Ek weet daar is nog baie werk en my reis is nie voltooi nie, maar ek is eenkant geplaas vir Hom sodat Hy deur my kan werk en my Godgegewe talent tot Sy eer kan gebruik. God het ’n volmaakte plan vir elkeen van Sy kinders en Sy liefde is oorvloedig vir iedereen. Hy wil nie hê dat een van ons verlore moet gaan of ons doel op aarde mis nie. Hy wil ons help om al die struikelblokke in ons pad te oorkom tot eer van Sy koninkryk, want in ál hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.”


Die galery en winkel waar Riëtte haar klasse aanbied en gaste ook lekker koek en tee kan geniet nadat hulle inkopies gedoen het

Vir meer oor Riëtte se gewigverlies en ’n paar van haar wenke, klik hier


19 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org