1. Grant Lottering, ultra-uithou-fietsryer en internasionale motiveringspreker
“Ek is baie bly om saam met Legion of Lions te werk. Ek neem in 2021 die verhaal van my tweede kans op die lewe verder as Suid-Afrika en Europa. Ek is veral opgewonde oor my boekbekendstelling in Amerika en om my wêreldwye fondsinsamelingsprojek met my Im’possible-toere voort te sit.”

2. Rouchelle Liedemann, inspirerende Suid-Afrikaanse sanger en mede-aanbieder van die Global Leadership Summit (wat sy ontstaan in Chicago, Amerika, gehad het)
“Ek sien uit na die opwindende reis waarop ek saam met Legion of Lions sal gaan, veral om die verhoog met hulle te deel vir Mark Hewett se sakeskou wat in 2021 begin. Ons sal besighede bespreek en ophef en hulle help om hulle potensiaal optimaal te benut; ons sal hulle bystaan met beleggings indien dit geregverdig is en hulle help om hul volle potensiaal te bereik.”

3. Die legendariese Springbok, Pieter Muller
“Ek het by Zoono South Africa die samewerking met Legion of Lions vir ons Zoono-handelsmerk- en nasionale sakegroei geniet. Hulle is uitstekend in hul kreatiewe bemarkings- en verkoopstrategieë, hul konstruktiewe kreatiwiteit vir groei en hulle resultaat-gedrewe benadering.”

4. Minki van der Westhuizen
“Ek sien uit daarna om kragte saam te snoer met Mark en Legion Of Lions in verskeie komende sakeprojekte.”

5. De Bruyn Steenkamp, ​​voormalige KWV-verkoops-en-bemarkingsdirekteur
“Ons is opgewonde dat Mark en die hele Legion of Lions-organisasie by ons aansluit in ons globale Nederlandse koöperasie wat sy internasionale handelsmerke sal aanwend om Suid-Afrikaanse maatskappye te help met toegang tot internasionale befondsing en verspreiding deur Legion of Lions International.”

Is jy ernstig oor jou handelsmerk en sakebedryf?
Mark Hewett bevestig: ”Ongeag die grootte of omvang van jou besigheid: As jy ernstig is oor jou handelsmerk en jou sakebedryf, kan ons die uitdagings en probleme in die industrie of spesifieke besigheidsfere saam met denkende leiers oorkom; asook om probleme te benader met samewerking, vertrouensverhoudings en om ons sterk punte, vaardighede en idees met ’n verfrissende, eerlike, oop en gekombineerde aanslag beskikbaar te stel.”

Die Legion of Lions-tydskrif bied jou:
Die Legion of Lions -tydskrif sal die plek wees waar die Legion of Lions-beweging vir jong sowel as ervare ondernemers en sake-eienaars afrigting en mentorskap bied. Dit sal wees waar handelsmerke hul ondernemings kan bekendstel (ongeag of hulle ’n vennoot van die Legion of Lions-beweging is) sowel as waar ondernemings van alle groottes hulle suksesverhale, inspirerende besigheidsnuus en nuwe projekte deel; waar jy van ander handelsmerke of nuwe, samewerkende organisasies uitvind met wie jy kan hande vat.

Word vandag nog ’n handelsmerkvennoot en kwalifiseer vir ’n halfuur lange gratis oproep om strategiese beplanning saam met ’n lid van die Legion of Lions-beweging te doen. Stuur jou naam, telefoonnommer en handelsnaam na strategy@legionoflions.com en ’n Leeu sal jou skakel.


18 Februarie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)