Deur: Jaclyn Prim

Ek het grootgeword in die Anglikaanse kerk en het as kind Sondag-skool toe gegaan en uiteindelik ’n Sondagskoolonderwyseres geword. In my vroeë twintigs het ek egter gevoel dat daar iets in my geestelike lewe ontbreek, dat daar iets meer moet wees. Dit was ongetwyfeld danksy my vriendin, Lee Ann, wat op ’n jong ouderdom wedergebore en met die Gees vervul is. In 2008 het ek by die Little Falls Christian Church my lewe aan Jesus oorgegee. Ek dien Hom sedertdien en steun elke dag as dokter op Sy leiding.

Dien die Here in my mediese loopbaan
Ek het voortdurend in my mediese loopbaan gesien hoe God wonderwerke verrig. Ek het opgemerk hoe my gehoorsaamheid deur gebed en verhouding met die Heilige Gees my in staat gestel het om lewens te beïnvloed en die liefde van Jesus met ander te deel. Ek het een keer gesien hoe ’n dogtertjie se arm wat ’n week tevore gebreek het, heeltemal genees is omdat sy in God se krag geglo het. Ek het gesien hoe Hy pasiënte genees van kanker en ek het die krag van Sy Woord verstaan. Ek het geweet dat ek kan vra en ek sou ontvang, maar toe kom COVID. “Ek is in ’n beroep wat geslaagd is vanweë die vermoë om dinge reg te stel. As jou probleem reggestel kan word, weet ons hoe om dit te doen. Maar as dit nie so is nie?” – Atul Gawande (Amerikaanse chirurg, skrywer en navorser vir openbare gesondheid)

Die begin van die pandemie
Ek is die hoof van die ongevallesentrum by ’n hospitaal in die Wes-Kaap. Vanaf die begin van Maart 2020 het ons span toegewyd vergader, besprekings gehou en ondersoek gedoen oor hoe ons onsself beter kon toerus en voorberei op wat ’n komende wêreldwye pandemie sou wees. Dit het begin met oefensessies vir die aantrek van ons persoonlike beskermende toerusting (PPE), vir die intubasie van pasiënte deur perspeksbokse en maniere hoe om pasiënte van die ongevallesentrum na die nodige COVID-saal te vervoer met die minste moontlike risiko vir die personeel en ander pasiënte (omdat dit bekend is dat COVID deur die lug versprei kan word). As ’n ongevalledokter is my natuurlike reaksie in ’n hospitaal om na ’n noodgeval toe te hardloop en so vinnig as moontlik in te gryp. As gevolg van die hoë aansteeklikheid en sterftesyfers wat met COVID-19 gepaardgaan, moes dinge egter versigtig opgeweeg word voordat ’n mens net inspring en doen.

’n Sorgvuldige, maar uitputtende proses
Stop, trek jou oorpak aan, ontsmet, sit ’n N95-masker aan, ontsmet, sit jou gesigskerm op, ontsmet, trek jou voorskoot aan, ontsmet, trek jou handskoene aan – en eers dan kan jy die kamer binnegaan … ’n sorgvuldige proses wat teen elke instink indruis in ’n noodsituasie, maar dit was belangrik om my veiligheid te verseker. Ek was nie bang vir COVID nie, ek het gebid en gereeld die Here se aangesig gesoek. Ek en my man het bespreek wat die stappe sou wees as ek COVID opdoen en ek het ons kinders bemoedig dat Jesus ons mos beskerm.

Die eerste vlaag het gekom en gegaan
Die eerste COVID-vlaag het gekom; die streng vlak 5-inperking het gevolg. Die hospitaal het stil geword en dit het my nogal ontstem. In daardie stadium het ons geweet dat COVID meestal bejaardes en mense met ander lewensbedreigende siektetoestande beïnvloed. Die getalle in die hospitaal was nie so hoog as wat aanvanklik voorspel is nie en die eerste vlaag was binne ’n oogwink oor. Met al die beplanning, implementering van protokol, rampbeplanning en kollegas wat gedurende 2020 siek geword het, kon ek nie verlof neem nie en ek het uitgesien na ’n welverdiende blaaskans in Desember. Ons gesin het beplan om na Gauteng te reis en ’n draai by familie te maak wat ons lanklaas gesien het. Ná skaars twee weke van my maandlange vakansie, moes ek na die Wes-Kaap terugkeer, aangesien die COVID-getalle aansienlik begin styg het en die hospitaal in die proses was om ’n tweede COVID-vlaag te hanteer. Ek moes my gesin verlaat en huis toe kom.

Die hospitaal in rampmodus
Die daaropvolgende Januarie is die hospitaal oorweldig deur siek pasiënte. Daar was drie toegewyde COVID-afdelings, afgesien van die COVID-intensiewesorg- en -hoësorgeenhede. Die gange was vol blou geklede, gemaskerde soldate – heen en weer, maar hulle het nie meer flink marsjeer nie, hulle was geboë. Die angs was tasbaar. Die hospitaal moes die rampbeplanning vir skaars hulpbronne implementeer. Dit het beteken dat daar ’n triage van pasiënte gedoen moes word alvorens hulpbronne aan hulle toegeken kon word. (Triage is die stelsel wat gebruik word om te bepaal wat iemand se kanse op oorlewing is en of hulle dringend ‘n dokter benodig al dan nie.) In hierdie geval is ventilators aan die pasiënte toegeken wat die grootste kans op oorlewing gehad het. Ek en my kollega, Natalie, het triage-saalrondtes gedoen. Dit het soms twee keer per dag gebeur, na ure en naweke. Aan die begin van die triage-proses het skuldgevoelens my oorweldig. Ek het elke aand gehuil. Die werklading het toegeneem, soms 16 uur per dag. Slaap was min en ek het die waarheid aanvaar – triage was ’n goeie manier om beperkte hulpbronne tydens ’n ramp toe te wys. Ek het die taak soos ’n robot benader.

Die sterftesyfer was aansienlik hoër tydens die tweede vlaag. Dit het geblyk dat vetsug – ongeag ouderdom – asook ander sietetoestande ’n rol gespeel het in hoe ernstig mense die siekte opgedoen het. Maar daar is een geval wat my altyd bybly, die 40-jarige pa van twee. Hy was gesond, het ’n normale gewig gehad, was aktief en fiks … en tog is hy oorlede.

Vertrou op die Here deur dit alles
Ek het swaar gedra aan die las. Dit was ondraaglik. Ek het gesien hoe so baie mense sterf en ek was onseker oor hulle redding. Wat anders is my doel as om die Woord en liefde van Jesus Christus te verkondig? Hoe tree ek in en bid vir dié wat nie kan praat nie weens ernstige suurstoftekort of omdat hulle op ’n ventilator is? Here Jesus, wees genadig en verhoor my gebed. Die Heilige Gees het my aan Spreuke 3:5-6 herinner. Ek moes met my hele hart op die Here vertrou en nie op my eie insig steun nie. Hierdie skrif het my regtig aangemoedig, want dit het hoop gebring. Ek kon nie hierdie oënskynlike uitbarsting van die bose, wat ten doel het om gesinne en hulle lewensbestaan ​​te vernietig, verstaan nie.

Hy het ons nie ’n gees van vrees gegee nie
Ek onthou ’n pasiënt wat gesit en wag het om in die COVID-saal opgeneem te word. Haar ouers het kort tevore in die hospitaal aan COVID gesterf. Terwyl sy in die ongevallesentrum gewag het, het sy ’n oproep ontvang om haar in te lig dat haar broer, wat ook met COVID-longontsteking in ICU was, oorlede is. Daardie oggend het die Heilige Gees vir my gewys watter groot rol vrees gespeel het en Hy het my daaraan herinner dat Hy ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee het nie. Ek het vrees in my pasiënt se oë gesien. En die waarheid is, waar jy ook al die televisie aanskakel of op sosiale media lees, wag daar nog ’n vreesaanjaende berig. Ek het haar in die oë gekyk en gesê: “Moenie bang wees nie! Vrees kom nie van God af nie. Hy het jou nie ’n gees van vrees gegee nie; Hy sal jou nooit verlaat en jou in die steek laat nie. Wees positief, haal asem en los sosiale media uit.” Sy is ná slegs een week in die hospitaal ontslaan. Prys die Here.

Van verligting tot aksie – met min kans om te rus
Toe die tweede vlaag tot ’n einde kom, was daar ’n sug van verligting. Met die opheffing van die alkoholverbod was daar ’n drastiese toename in traumagevalle en dit het gelyk asof mense weer kuier en partytjies hou. Maar net so vinnig as wat dit gelyk het asof die tweede vlaag verby is, het die derde vlaag begin. Dit het bly rondhang. Hierdie vlaag was meedoënloos: Dit het lank geduur en was aggressief. Die tydsberekening van die derde vlaag het saamgeval met die begin van die inentings. Die meerderheid pasiënte wat opgeneem is, was nie ingeënt nie, hetsy as gevolg van die toewysing van die inentingsouderdom of uit eie keuse. Tans is 99% van die COVID-opnames by die hospitaal waar ek werk, pasiënte wat nie ingeënt is nie. Dit is dus ’n goeie idee om ingeënt te word.

’n Moeilike tyd in die hospitaal
Dit was ’n moeilike 18 maande. Ek is dankbaar en wil die gemeenskappe bedank wat die werkers in die voorste linie ondersteun het met etes, kaartjies, tekeninge, koffie en gebede. Dit het geweldige aanmoediging verskaf. As ’n gemeenskap van gesondheidswerkers is ons uitgeput. Ons het te veel dood en lyding gesien. Ons het pasiënte, kollegas, bure, familielede en vriende verloor. Baie van die gesondheidsorgwerkers ondersoek aktief ’n loopbaanverandering en talle hoogs opgeleide intensiewesorgeenheid-verpleegsters het die beroep verlaat. Ondanks die ondersteuning van beraders en werkgewers, is ons tenks leeg. Bid asseblief dat God ons krag sal vernuwe en ons passie vir ons werk weer sal laat opvlam in Jesus se Naam.

Voer ’n lewe van oorgawe
Wat my die meeste bygebly het deur al hierdie dinge heen, is die soewereiniteit van God. Hy is die Here en Hy besluit. Die Bybel sê dat ons lewensdae vasgestel is en dat ons tot stof sal terugkeer. Ek sal my dae en tyd aan die dinge van die Here bestee, ek sal my tyd daaraan wy om Sy aangesig te soek en Sy werk te doen. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir Sy genade en goddelike beskerming.


19 Januarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org